Saturday, 3 April 2010

Afgetrede dokter met ’n mes in sy huis aangeval

2010-03-31 22:25

Virginia Keppler

’n Afgetrede dokter is eergister om 12:30 in sy huis in Pretoria met ’n mes in die rug en kop gesteek.

Die polisie vermoed dat dr. P.J. Kruger (87) van Klipbankstraat in Wingate Park, Pretoria-Oos, sy huis se deur vir sy aanvaller oopgemaak het waarna dié hom aangerand het.

Insp. Duane Lightfoot, polisiewoordvoerder, het gesê kort ná die aanval het Kruger se bure hom na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem waar hy vir sy beserings behandel word.

Dit was teen druktyd nie bekend wat die aard van sy beserings was nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/3dbaf6a6e5574d65a1cdc3976adaaa00/31-03-2010-10-25/Afgetrede_dokter_met_%E2%80%99n_mes_in_sy_huis_aangeval

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.