Monday, 5 April 2010

BELANGRIK: Eugene Terre'Blanche en die simboliek van oorlog


Maandag, 05 April 2010 01:58 Dan Roodt

Soos elkeen wat geskiedenis op skool gehad het weet, het 'n sluipmoord op aartsbiskop Franz Ferdinand van Sarajewo op 28 Junie 1914 direk aanleiding tot die eerste wêreldoorlog gegee. Die moord op die AWB-leier geskied op 'n besonder sensitiewe oomblik in ons geskiedenis, op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker en moet in 'n baie ernstige lig gesien word.

Daar is enkele elemente wat hier van belang is:

* Julius Malema wat praat van "verinheemsing", m.a.w. die verdrywing van blankes van plaasgrond soos in Zimbabwe
* Malema se huidige besoek aan Zimbabwe waar hy die steun van ZANU-PF ontvang het vir anti-blanke en anti-Afrikaner-optrede in Suid-Afrika
* 'n Geheime vliegveld wat volgens berigte in Britse koerante - waarskynlik gegrond op waarneming deur die Britse inligtingsdiens - in die diamantgebied Marange gebou is en waarvan die uitsluitlike doel sou wees om wapens vanaf China in te vlieg. Anders as 'n tyd gelede toe 'n skip met Chinese wapens nie in Suid-Afrikaanse hawens toegelaat is nie, beskik Mugabe se weermag nou oor 'n gespesialiseerde vliegveld vir dié doel.
* Stellings dat "vryheidsliedjies" waarin volksmoord op Boere en blankes aangehits word as die ANC se "kultuurerfenis" beskou moet word.
* Die moord op Eugene Terre'Blanche. Blykbaar het die twee swartes maar drie weke by hom gewerk voordat hulle tot die daad oorgegaan het, wat mag dui op 'n sluipmoordmotief.

As 'n mens bogaande elemente bymekaar tel, is dit gelyk aan vyf. Die totale scenario wat hierdeur geskets word, kan op die volgende neerkom.

Die moord op Terre'Blanche is van simboliese aard en was nodig om die land in beroering te bring en rassepolarisering te skep sodat Suid-Afrika se "oehoeroe" kan begin. Malema het so pas in Zimbabwe beraadslaag om militêre steun van die Zimbabwiese weermag in geval van gevegte op Suid-Afrikaanse plase te bekom. Die Chinese wapens wat inkom, gaan gebruik word om 'n groot aantal Zimbabwiese en Suid-Afrikaanse swartes te bewapen ten einde ons blanke boere van hul eiendom te beroof. Selfs stedelinge kan aangeval word.

Tydens die ontwapeningsproses van die afgelope paar jaar het die ANC gesorg dat hy blanke wapeneienaars intimideer om hul wapens te gaan inhandig. Groot getalle mense is dus nou weerloos teenoor wat die volgende fase van die "nasionale demokratiese revolusie" ook al gaan behels.

Die moorde op drie AWB-manne destyds in Bophutswana deur 'n plaaslike swart polisieman was 'n sleuteloomblik in die sielkundige oorlog wat daar destyds teen die Afrikaner gevoer is en was bedoel om ons magteloosheid voor die opkomende swart mag te demonstreer. Die onwilligheid van die voormalige generaals en Suid-Afrikaanse Weermag om die eerste fase van die revolusie met geweld te stuit was die aanleidende oorsaak daartoe dat 'n paar vedwaalde AWB's al was wat destyds weerstand teen die "bevrydingsbeweging" se totale oorname van die land en sy hulpbronne wou bied.

Maar laat ons nie vashaak op die legio strategiese foute van die verlede nie en eerder konsentreer op wat ons nou te doen staan.

Die Afrikaner moet besef dat hy voor die grootste uitdaging sedert 1899 en die Britse inval die land te staan gekom het. In 'n wesentlike sin gaan dit oor die Derde Vryheidsoorlog wat vir alle praktiese doeleindes reeds begin het, want die sogenaamde "misdaadaanvalle" wat ons tans sien, word elders in Afrika orals as 'n vorm van oorlogvoering erken. Die Afrikaan hou nie van 'n sterk opponent nie en val by voorkeur die swakkere aan - vroue, kinders, bejaardes of mense wat slaap en onverhoeds betrap kan word. Dat Eugene Terre'Blanche op sy bed gevind is, laat vele reeds aflei dat hy tydens die aanval geslaap het.

Ons verkeer op die vooraand van 'n baie onsekere tydvak waartydens die huidige geweld gaan voortduur en te eniger oomblik drasties mag eskaleer tot volskaalse burgeroorlog, rasseoorlog, volksmoord of enige van die aardige versameling konflikte wat sedert 1950 aanhoudend in Afrika suid van die Sahara woed. Ons is, benewens handwapens en jaggewere, grotendeels ontwapen. Die ANC beheer die outomatiese wapens, asook die pantserskool op Bloemfontein van waar hy die hele land kan aanval.

Tesame met sy Zimbabwiese bondgenoot wat hom van bykomende wapens en ammunisie, asook logistiek, kan voorsien, is die tafel gedek vir die ANC om die Afrikanerboer finaal van sy grond te verdryf en ook in die stede 'n skrikbewind te begin voer, want as die land se plase beset kan word, waarom daar ophou en nie ook die huise beset nie?

Die buiteland gaan ons vir seker nie help nie, hoewel dit lyk asof Brittanje besig is om - heelwat te laat - sy groteske fout agter te kom deur vanaf 1978 radikale revolusie in sowel Zimbabwe as Suid-Afrika te steun. Nie net het Brittanje die deur vir China oopgemaak om hier oor te neem nie, maar hy het vir hom vyande in die vorm van sowel ZANU-PF as die ANC geskep. Hoewel Brittanje, asook die VSA onder Obama, met gevoude hande sal toekyk hoe ons uitgemoor word, sien hulle waarskynlik vir die eerste keer in jare in die Afrikaner 'n moontlike teenmag in Suider-Afrika wat revolusionêre anargie soos in Zimbabwe kan keer.

Die gewone Afrikaner sal attent gemaak moet word in watter bestaanskrisis ons verkeer, met die onweerswolke wat vanaf die vliegveld in Marange tot rondom ons huise en plase besig is om saam te pak.

As die laaste oorsese toeris ná die sokkerwêreldbeker op die vliegtuig klim, gaan oehoeroe heel waarskynlik begin. Ons het nie veel tyd nie.

Wat veral nou vermy moet word, is ongekoördineerde aksies deur emosioneel opgeruide mense. Ons wil nooit weer 'n voorval soos die AWB-slagoffers in Bophutatswana sien nie. Ons sal onsself in 'n volksweermag moet organiseer, wettiglik en met die wettige wapens en ammunisie waaroor ons tans beskik. Tydens die tweede wêreloorlog het 'n klein landjie soos Finland teen die Rooi Leër staande gebly, bloot deur die doeltreffende gebruik van skerpskutters en jagters. Umkhonto we Sizwe en ZANU-PF mag tans beter bewapen as ons wees, danksy hul oorname van die Weermag en die inkomende Chinese wapens, maar ons gaan 'n defensiewe oorlog veg op ons eie grondgebied, op ons eie plase en in ons eie voorstedelike strate.

Ek het volle vertroue in die Afrikaner se organisatoriese vermoëns en uiteindelik word elke oorlog op grond van organisasie, meer as enigiets anders, gewen.

Soos die ou militêre wysheid lui: Die oningewydes praat strategie terwyl die ervarenes logistiek gesels.

Die oomblik as ons hierdie staat en veral die munisipaliteite los, sal hy vanself in duie stort.

Slegs 'n sterk staat kan 'n sterk weermag hê. Dit maak nie saak hoeveel Chinese wapens deur Zimbabwe gaan inkom nie, as die oorlog regtig in alle erns begin, sal ons aanstons die oorhand verkry.

Ons het niks méér te vrees as die huidige geweld waaraan ons reeds blootgestel is nie. Laat die ANC en sy ZANU-PF-bondgenoot dus sy oorlog ontketen. Ons is nog nie reg vir hulle nie, maar ek is seker ons kan binne enkele weke of maande onsself in so 'n mate organiseer dat geen Westerse invalsmag ons sommer sal verower nie, wat nog te sê die opgesweepte, maar ongeorganiseerde hordes van die bevrydingsbewegings.

Oorsprong:Praag
http://praag.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=7698:eugene-terreblanche-en-die-simboliek-van-oorlog&catid=22:dan-roodt&Itemid=178

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.