Monday, 12 April 2010

Berigte, opskrifte skaad Boerevolk se beeld

deur A. Smith van Limpopo

2010-04-09 22:05

Ek lees en bestudeer die beriggewing in die Afrikaanse koerante en staan verstom.

Weer is die opskrifte en berigte so geformuleer dat die beeld van die Boerevolk ernstig geskaad word.

“ET het dop gekoop”: Hoeveel van die volk koop nie daagliks ’n drankie nie? Wat sou fout wees met: “ET saam met verdagtes in winkel gesien”?

“ET was kaal”: Waarom lieg? Slegs sy broek was afgetrek.

Dit is duidelik dat dieselfde strategie wat Afrikaanse koerante tydens Kodesa, elke verkiesing en soveel keer daarna gebruik het om die Boerevolk te beswadder, nog nooit geëindig het nie.

So is oudpres. FW de Klerk in elke foto voorgehou as ’n held, terwyl hy die land verraai het.

Elke foto van ET is gekies om hom as ’n skreeuende barbaar voor te stel.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Berigte-opskrifte-skaad-Boerevolk-se-beeld-20100409

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.