Wednesday, 21 April 2010

Dít verhoog misdaad

deur Justitia
2010-04-20 21:26

Wanneer die ANC hulleself voor ’n internasionale hof verdedig omdat hulle ’n moordveldtog teen hulle eie landsburgers voer met die sing van vryheidsliedere soos “Skiet die Boere” wat, volgens hulle eie bekentenis, “gebruik word om mense tot aksie te mobiliseer”, moet hulle ook erken dat hulle hierdie moordenaars probeer beskerm deur doelbewus misdaadbestryding so ver as moontlik te bemoeilik.

Dit op sigself verhoog die algemene misdaad dwarsoor die hele land en raak elke enkele wetsgehoorsame swart, wit en bruin Suid-Afrikaner, ook gewone ANC-lede. Die ANC bereik dit o.a. deur: Teen advies in, verskeie uiters suksesvolle polisie-eenhede te ontbind. Waarom?

Daarop aan te dring dat polisieverklarings slegs in Engels afgeneem moet word ongeag of die betrokke polisieman en/of klaer bv. nét Afrikaans of Xhosa magtig is.

Ontwapening van wetsgehoorsame landsburgers. Ontbinding van die suksesvolle kommandostelsel vir boere. Afbreek van polisiemoraal op verskeie maniere deur o.a. die doelbewuste onoordeelkundige verplasing van polisielede. Dit het tot verskeie selfmoorde onder polisielede van alle rasse gelei wat die ANC koud gelaat het.

Waarom het die ANC nog nie die enorme hoeveelheid staatsgrond aan swart boere gegee nie? Is die rede nie dat hierdie mense nie weet hoe om die grond te bewerk nie en daarom word reeds ontwikkelde plase gesoek?

Waarom het die ANC steeds volhard om vryheidsliere te sing te midde van die wrede plaasaanvalle en moorde wat byna daagliks plaasvind en waarvan hulle deeglik bewus is?

Justitia

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/MyVolksblad/Briewe/D%C3%ADt-verhoog-misdaad-20100420

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.