Sunday, 4 April 2010

ET se dood en die verplasing van blaam


Deur Anton Barnard van SAmizdat blog.

Ek is vanoggend omstreeks 04h00 wakkergemaak deur ons kat wat ‘n muis gevang het en die ding toe in die huis laat wegkom het. Ek het toe maar die nuus begin lees op die internet en was geskok om te verneem van die moord op Eugene Terre’Blanche.

Hy was weliswaar ‘n omstrede figuur, en ek het persoonlik nie juis met alles wat hy gesê het saamgestem nie, maar niemand verdien om op so ‘n wrede wyse te sterf nie, selfs nie eens Julius Malema nie. Malema en sy trawante binne die ANC is terloops myns insiens net so aandadig aan die moord as wat die twee sub-menslike opdrifsels was wat in hegtenis geneem is vir die moord met hul singery van Kill the Boer.

Wat ek nog selfs meer steurend vind as Terre’Blanche se wrede dood, indien so-iets moontlik is, is die onmiddelike verplasing van blaam op die slagoffer. Gaan lees gerus die skokkende reaksies op CNN se werf onder dié se berig oor die moord. Dit is dadelik vir die Westerse liberaal Terre’Blanche se eie skuld, en onmiddelik word die slagoffer die skuldige. Die gevoel van baie van die reaksies is dat hy sy verdiende loon gekry het.

Kom ons sien die ding egter in perspektief: geskille oor betalings en salarisse is ‘n alledaagse verskynsel. Baie van ons het al in soortgelyke dispute met ons werkgewers betrokke geraak. Die oorweldigende meerderheid mense gaan gryp egter nie gevolglik na sy panga en knopkierie en gaan kap sy baas dood nie. Nee, laasgenoemde is slegs tipiese gedrag van die Untermensch; die lae-intelligensie, hoë-testosteroon barbaar wat geen selfbeheersing het nie.

Om Terre’Blanche en ander slagoffers van plaasmoorde se behandeling van hul plaaswerkers te wil blameer, is dus verregaande, en sou neerkom daarop dat ek ook my baas kan gaan kap met ‘n panga, sou my salaris laat oorbetaal word. Dit is nie slegs buitelanders wat hulself aan hierdie soort blaamverplasing skuldig maak nie. Ene Afrikaan, ‘n gereelde briefskrywer aan Litnet se brieweblad (en ek is kennelik huiwerig om daardie idiwidu ‘n Afrikaner te noem, maar hy is sekerlik een van ons, tot ons ewige skaamte) skryf op 27 September 2007 hierdie juweel van ‘n brief, nadat ‘n ander gesin ook in ‘n plaasmoord gesterf het. In hierdie skrywe maak hy presies soos die CNN-reaksies maak, en verplaas die blaam op die slagoffer.

Vermoedelik sou hetsy Afrikaan, hetsy die respondendte op CNN hoog opgee oor hoe geskok hulle kwansuis sou wees as iemand sou sê dat ‘n vrou wat ‘n kort rokkie gedra het, verdien het om verkrag te word, maar dit is presies wat hulle maak: die slagoffer word die skuldige, en die skuldige word sodoende van blaam onthef. Vir my is dit opmerklik (en ek weet van Afrikaan se vriende lees hierdie blog) dat hy en andere meestal te papbroekig is om eens hulle eie naam te gebruik, wat boekdele spreek oor ‘n bepaalde afstootlike en slapgattige mentaliteit. Ek het Afrikaan al herhaaldelik uitgedaag om sy sienings te kom lug voor ‘n groep boere, maar nodeloos om te sê is hy heeltemal te veel van ‘n lafaard om so te maak, of om eens sy eie naam te teken onder sy walgskrywes.

Wat hieragter sit is ook nie moeilik om te raai nie. In die verwronge denkraamwerk van die linkse en die liberaal, is swartes nie toerekeningsvatbaar nie. Hulle kan nie blameer word vir hul optrede nie, selfs nie eens die twee opdrifsels wat Terre’Blanche vermoor word nie. Daar is altyd ‘n blanke wat die beweegrede was vir hul optrede – blanke rassisme of blanke rassiste. Op bisarre wyse word Terre’Blanche dus die skuldige in sy eie moord. Hy het homself as’t ware, volgens die linkse, met ‘n panga en ‘n knopkierie doodgekap.

Dit is ook duidelik uit die skokreaksies op CNN se berig dat, sou hierdie situasie eskaleer na ‘n rasse-oorlog, iets wat nie uitgesluit kan word nie, dat blankes hoegenaamd geen simpatie te wagte kan wees vanuit die oord van die meeste van ons mede-blankes in die Weste nie. Hulle sal ook, nes diegene wat op CNN kommentaar gelewer het, gevoelloos toekyk terwyl ons ook met pangas van die gras af gemaak word, en dan ook kopskuddend vir mekaar sê: “They had it coming.”

Oorsprong:SAmizdat Blog
http://antonbarnard.praag.co.za/?p=1578

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.