Tuesday, 27 April 2010

Is dít die land wat julle wil regeer, comrades?

deur Magda Venter skryf per e-pos
2010-04-26 23:24

Dit is met ongeloof, maar ook woede en groot hartseer, dat ek gelees het van die baba wat wreed aangerand is.

Hoe siek en boos moet iemand wees wat so iets doen?

Wanneer gaan die skille van ons regering se oë afval sodat hulle kan sien ons pragtige land is besig om te bloei?

Die rede waarom ons president eerder in die buiteland met onbenullighede besig is as om na die probleme in sy eie land om te sien, is omdat hy nie weet hoe om die misdaad te stop nie!

Hy het geen beheer oor misdaad nie. Hy kan nie eens toesien dat dissipline in die ANC-jeugliga toegepas word nie.

Word wakker, meneer die president, en kyk om jou rond.

Hoe vergewe jy mense wat ’n baba so aanrand? Hoe bid jy vir hulle?

’n Mens word met walging en bitterheid gevul deur die toenemende en wrede aanvalle en moorde – nou selfs op onskuldige babas en oumense.

“Comrades”, is dít die soort land wat julle wil regeer en aan die nageslag wil nalaat?

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Is-d%C3%ADt-die-land-wat-julle-wil-regeer-comrades-20100426

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.