Monday, 12 April 2010

Moet jou nie vir Afrikanerskap skaam nie

deur Piet Wessels skryf per e-pos

2010-04-11 22:20

Dit is Tyd skryf in sy brief in Beeld hy is skaam om ’n Afrikaner te wees, wat ek wel verstaan siende hy selfs skaam is om onder sy eie naam te skryf.

Ons as Afrikaners is soos ’n groot gesin. In tye soos hierdie staan ’n gesin saam en hardloop nie weg nie.

My Afrikanerskap behoort nie net aan my nie, maar ook aan die liberale en konserwatiewe Afrikaners.

Die AWB-lede eis Afrikanerskap nie net vir hulself op nie, maar werk om dít wat vir ons dierbaar is te behou en te beskerm.

Wees verseker dis dieselfde dapper manne wat ook jou erfporsie vir jou sal help beskerm as jy deel van die familie wil wees.

Hulle gebruik nie hul Afrikanerskap vir hul eie gewin nie, my vriend. Wat doen jy om ons trotse erfporsie te beskerm?

Dis die “slegte” apartheid wat die land die mees ontwikkelde land in Afrika gemaak het. Dit waarvoor jy jou nou skaam, het beskawing en kos vir almal na hierdie Suidland gebring.

Wanneer jou skaamte jou oorval, moet jy dalk in een van die Afrika-state gaan woon waar daar nie apartheid was nie.

Word wakker, vriend. Groot getalle jong Afrikaners is besig om te ontwaak en sal nog help om jou en jou familie se toekoms in hierdie wonderlike vaderland te beskerm.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Moet-jou-nie-vir-Afrikanerskap-skaam-nie-20100411

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.