Thursday, 29 April 2010

Nie so opgewonde oor vryheid

deur Sakkie van der Merwe
2010-04-28 07:25

Ek reageer op Johan v/d Merwe se brief oor vryheidsdag.

Johan ons deel dieselfde van, maar nie dieselfde sentiment rondom hierdie dag nie.

Hierdie dag is geteken in die bloed van duisende Suid-Afrikaners wat sedert "vryheidsdag" gesterf, verkrag, geroof/beroof, gekaap en ontvoer is.

Hoe kan 'n redelike mens hierdie dag as positief beleef?

Van 'n eerstewêreldland na 'n piesangrepubliek in sestien jaar! Hier waar alles afgebreek word wat deur "wittes" opgebou is.

Hier waar 'n een-jarige baba gruwelik aangerand word ens ens. Nee Johan, kyk weer na vryheidsdag en ween oor wat dit oor ons land en sy mense gebring het.

Afrika het nie plek vir 'n witmens nie. Gelukkig kan ons deur geloof bly hoop op 'n verandering.

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/MyNuus24/Briewe/Nie-so-opgewonde-oor-vryheid-20100428

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.