Thursday, 15 April 2010

Plek in die son vir volk en vaderland

deur A. Smith van Limpopo skryf
2010-04-14 22:39

Vir God, volk en vaderland...

Dié slagspreuk van die AWB het nog nooit soveel vir my beteken soos nou nie.

Nadat ek die “laaste onderhoud” met ET op SABC3 gekyk en opgeneem het, het ek herhaaldelik daarna geluister.

Ek wou probeer bepaal waar hy gefouteer het, maar ek kon dit nie kry nie.

Inteendeel, alles wat hy gesê het, maak nou vir my soveel meer sin.

Hy pleit by die volk om na hul God en Skepper terug te keer, staan op vir ’n voosgeslaande volk, pleit om die voortbestaan van die land, spreek onbevoegde leiers aan en verwys na die vermorsing van geld, die verval van dienste en die “massamoord” op alle rasse.

As ek sy woorde ontleed, dan praat hy tog immers presies die waarheid.

Dit is mos waaroor ons almal – swart, wit en bruin – so ongelukkig is.

Dit is ook die rede vir die stakings en die agteruitgang van ons mooi land.

ET het die visie gehad om dié dinge lank voor die tyd te kon voorspel.

Die Volkstaat-gedagte klink nou vir my soveel meer na ’n goeie idee.

’n Plekkie in die son waar ons weer ons God, ons volk en vaderland in vrede en vryheid kan dien.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Plek-in-die-son-vir-volk-en-vaderland-20100414

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.