Saturday, 3 April 2010

SA en Zim se boere kan nie vergelyk word

deur Ou man van Pretoria

2010-03-31 22:27

Ek glo dit is verkeerd om Suid-Afrikaanse boere se situasie met Zimbabwe te vergelyk.

In Zimbabwe word plase beset en boere en hul gesinne verjaag. Soms word hulle en hul gesinne aangerand, maar hulle word nie vermoor nie.

In Suid-Afrika word boere links en regs vermoor.

Die frekwensie en wreedaardigheid van die moorde neem voortdurend toe. In enkele gevalle word diere vermink.

Die patroon herinner aan die Mau-Mau-veldtog in die 1950’s en 1960’s in Kenia toe boere voor die voet wreedaardig vermoor is en beeste se hakskeensenings afgesny is.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/efb65eb280c34da48c0518fb2bba1e86/31-03-2010-10-27/SA_en_Zim_se_boere_kan_nie_vergelyk_word

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.