Wednesday, 21 April 2010

SA se landsverraaier


Dinsdag, 20 April 2010 07:23
Tinus de Bruin

Luidens berigte in die Sondagpers kry Fw de Klerk ‘n koeëlvaste Mercedes, glo oor wit regses wat vir hom ‘n gevaar inhou.

Hoe het die Amerikaanse swaargewigwêreldbokskampioen, Joe Louis, nou weer gesê: ‘They can run but they can’t hide.’

Natuurlik gaan dit ‘n baie duur motor wees wat sal pas by sy swierige leefstyl in sy 20-miljoenrand huis saam met sy Griekse vrou, dit terwyl die volk wat hy uitverkoop het krepeer. De Klerk is verantwoordelik vir elke witman wat sy werk verloor het, vir elke witvrou en kind wat in hierdie land broodsgebrek ly. Elke witman, -vrou en kind wat vermoor word is as gevolg van sy lafhartige oorgawe aan die kommuniste en hulle meelopers.

Op 9 Augustus 1991 het hy dit goedgedink om die regses wat hy nou vrees, in Ventersdorp op hulle plek te gaan sit want die AWB en Eugene Terre’Blanche het vierkantig in die pad van sy verraad gestaan. Hulle moes gebreek word!

Hy kon nie padlangs kom nie. Hy moes met ‘n helikopter invlieg. Hy kon nie padlangs vertrek nie. Hy moes dit in ‘n Casspir doen.

En toe die onwelriekende damp van sy teenwoordigheid saam met die traangasdampe en polisiedoringdraad en knuppels verdwyn het, het daar Boereseuns in die strate van Ventersdorp gelê ─ doogeskiet deur die wit polisie.

Dit sou nog nie die einde wees nie, De Klerk. Die opgekapte en vermorselde lyk van die man wat jy in Augustus 1991 al wou dood hê, het ten aanskoue van die hele wêrerld in ‘n eenvoudige plaashuis gelê. Sy enigste misdaad dat hy "nee" gesê het vir jou verraad.

Jy kan in jou koeëlvaste swaargepanserde swart Mercedes klim, De Klerk. Maar die klippe van Randjiesfontein sal as die Westewind daaroor skeur, jou verraad aan alles wat ore het om te hoor, in loeiende storm uitbasuin.

Jy vrees die regses. Jy hoef nie. Hulle is futloos en veggeesloos. Wat jy moet vrees is erger as dit. Jou jare stap aan. Jy moet begin gereed maak om die Grootregter te ontmoet. Die vraag wat jy, soos ons, moet antwoord is “Kain waar is jou broer?”

Wat sal jou antwoord daarop wees? As regsgeleerde kan jy solank begin voorberei, want jou jurie sal klein honger kinders wees en hulle wat jy gedink het jy leweloos in die strate van Ventersdorp en omgewing nagelaat het. Dit is die Nobelprys vir Vrede. Soos wat jy elke keer die klik van jou pantservoertuig se deur hoor en elke keer oor jou skouer kyk, sterf iets en iemand in die volk wat jou vertrou het en wat jy met slinkse bedrog verkoop het. Dit is die prys vir jou verraad.

Oorsprong:Praag
http://praag.co.za/menings-magazine-196/briewe-magazine-230/7835-sa-se-landsverraaier.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.