Friday, 16 April 2010

'Skiet die boer' wéér gesing

2010-04-16 04:57

Johannesburg – Die omstrede lied “Skiet die boer” is Donderdag deur kongreslede van die National Union of Mineworkers (NUM) gesing ten spyte van die lied se verbanning.

Kongreslede van dié mynvakbond, die regering asook sekere finansiële institusies het ‘n indaba in Johannesburg bygewoon om die probleem met mynwerkers se behuising aan te spreek.

Die lied is gesing om Oupa Komane, NUM se adjunk-sekretaris-generaal, van die podium af te lei.

Komane het kongreslede met die lied geterg voor sy toespraak en slegs die "Ayesab’ amagwala"-gedeelte aan die einde gesing.

Dit het veroorsaak dat kongreslede die hele lied sing.

Die suid-Gauteng hooggeregshof in Johannesburg het onlangs dié lied verban aangesien dit glo geweld aanhits.

- Sapa

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Skiet-die-boer-w%C3%A9%C3%A9r-gesing-20100415

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.