Monday, 5 April 2010

Terre'Blanche Vrydag ter ruste gelê

2010-04-05 13:19

Ventersdorp - Eugene Terre'Blanche,leier van die AWB wat die afgelope naweek op sy plaas vermoor is, word Vrydag ter ruste gelê.

Afgevaardigdes wat deur die provinsiale hoof van die Noordwes-provinsie gelei is, is Maandag van begrafnisreëlings vertel toe hulle die Terre'Blanche-familie ontmoet het.

"Die familie het gesê die begrafnis word Vrydag om 12:00 by 'n plaaslike kerk in Ventersdorp gehou," het David Sengiwe, 'n beampte van die premier se kantoor, gesê.

Die 69-jarige Terre'Blanche is Saterdagaand deur twee plaaswerkers op sy plaas vermoor.

– Sapa-AFP

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/cd8925f4b5cf492eb34853208ea2f2b0/05-04-2010-01-19/TerreBlanche_Vrydag_ter_ruste_gel%C3%AA

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.