Wednesday, 7 April 2010

Tuinier in hof vir moord op oud-hoof

2010-04-06 10:13

Potchefstroom – ‘n 35-jarige tuinier sal na verwagting Dinsdag in Potchefstroom in die landdroshof verskyn ná die moord van ‘n 80-jarige vrou, het die polisie gesê.

Volgens kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, is dr. Helena Kotze se lyk sowat ‘n week gelede deur ‘n werknemer by die Dienssentrum vir bejaardes gevind.

Die werknemer, wat daagliks voedsel aan die bejaardes afgelewer het, het gesien dat Kotze nie aan die vorige dag se aflewering geraak het nie.

Na verdere ondersoek het die werknemer Kotze se lyk in haar slaapkamer gevind. Haar hande en voete vas vasgebind en haar keel afgesny.

‘n Lid van die publiek het inligting aan die polisie verskaf wat tot die inhegtenisname van die tuinier gelei het.

‘n Moordwapen is ook gevind. Die tuinier staar aanklagte van moord en huisbraak in die gesig.

Volgens Myburgh het die tuinier Kotze gereeld uitgehelp om kos te kook, inkopies te doen en selfs geld te trek by die kitsbank.

Kotze was glo vir jare ‘n onderwyseres en later ook ‘n skoolhoof.

- Sapa

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/0dd7e2e301964fdfae17b968cc70f4d9/06-04-2010-10-13/Tuinier_in_hof_vir_moord_op_oud-hoof

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.