Monday, 5 April 2010

Tuinier vas vir moord op bejaarde

2010-04-03 14:10

Johannesburg – ‘n Tuinier is Saterdag in hegtenis geneem vir die moord op sy tagtigjarige werkgewer vroeër in die week, het polisie in die Noordwes gesê.

Hy het na bewering Dinsdag dr. Helena Kotze se keel afgesny in Klipdrift, Potchefstroom.

Volgens woordvoerder kapt. Adele Myburgh is die man Saterdag in hegtenis geneem en die vuurwapen is ook gevind.

Die tuinier het Myburgh glo ook gehelp om haar eie kos voor te berei, sowel as met huishoudelike take.

Die motief vir die moord is onbekend.

Die man sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Potchefstroom verskyn op aanklagte van moord en huisbraak.

- Sapa

Oorsprong: Nuus24
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/d8cd8bb0ecd0487ab6bffc6e40cf0977/03-04-2010-02-10/Tuinier_vas_vir_moord_op_bejaarde

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.