Tuesday, 13 April 2010

Twee in hof vir plaasmoord

2010-04-13 05:35

Johannesburg - Twee mans het in die Brits landdroshof verskyn vir die moord op 'n Kleinfontein-plaasboer, Koos van Staden.

Van Staden (60), 'n groenteboer, is op 20 Maart deur sy slaapkamerdeur geskiet terwyl hy en sy vrou sy aanvallers uit sy kamer probeer hou het.

John Silver Mapea (36) en Robert Mike Kgapolo (30) is onderskeidelik die naweek in Mamelodi en Atteridgeville in Pretoria betrap.

Hulle het Maandag vlugtig in die hof verskyn, het 'n hofwoordvoerder, Lesiba Kgwele, gesê.

Die twee se saak is tot 21 April uitgestel vir 'n formele aansoek tot borgtog.

- Sapa

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Twee-in-hof-vir-plaasmoord-20100412

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.