Monday, 19 April 2010

Vrou leef nog ná 2 skote in die kop

2010-04-19 10:58

Mev. Suna Steenberg, wat Vrydag twee keer deur misdadigers in die kop geskiet is, leef nog.

Steenberg (45) word sedert Vrydag­oggend in die waakeenheid van die Mon­tana-hospitaal in Pretoria behandel.

Haar man, Jurie, is die eienaar van die onderneming Montana Pale.

Mev. Steenberg is geskiet toe sy in haar huis op ’n hoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, op misdadigers wat haar skoonma (75) aangehou het, geskiet het.

Steenberg is ook een keer in die been getref.

Die misdadigers het sonder buit gevlug. Hulle is nog nie vasgetrek nie.

Ernst Hoon (18), ’n matriekseun, is sowat twee weke gelede op ’n aangrensende hoewegebied doodgeskiet. – Hilda Fourie

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-leef-nog-n%C3%A1-2-skote-in-die-kop-20100419

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.