Sunday, 23 May 2010

'Aanvaarbare' geweld op Marzanne Kruger



deur Vlad du Plessis,

Met die weiering van borgtog aan Marzanne Kruger se aanvallers sê Landdros Stanley Mkhari "Ek verstaan nie hoekom die kind tot so 'n mate aangerand is nie." Noodwendig wil ek weet watter 'mate' van geweld, teenoor Marzanne, dan vir die landros aanvaarbaar sou wees?

Die landdros se uitlating is werklik kommerwekkend. Waarom is die landdros bekommerd oor die 'mate' waartoe Marzanne aangerand is? Moet hy nie eerder gepla wees met die feit dat sy énigsins aangerand is nie? Verklap sy uitlating iets oor sy (en baie ander swartes) se sentiment oor geweld op blankes, selfs blanke kinders?

Met die verhoor van beskuldigdes in die ET moordsaak het ons gesien hoe rassesolidariteit die swartpubliek gedryf het om in groot getalle by die hof op te daag om hierdie barbare te ondersteun. Die algemene gevoel onder die swartpubliek is dat selfs die afgryslik wreedaardige wyse waarop ET vermoor is 'n goeie ding is. Die beskuldigdes is helde in die oë van die swartpubliek.

Dit is my argument dat swartes hulself verbly in elke aanval en moord op blankes. Dit spreek uit die feit dat hulle soveel kere ter ondersteuning van hul rasgenote se barbarisme by hofsake opdaag. Ek het in 'n vorige skrywe geargumenteer dat die ANC tot op sy hoogste vlakke 'n bloedige volksmoord op wittes begeer. Vele bewyse bestaan vir so 'n argument. Nie die minste hiervan nie is die implisiete kondonering van Julius Malema se moordliedjies.

Met kader ontplooiing in die regbank en die algemene irrasionele trant van swartrassesolidariteit, glo ek dat hierdie volksmoordbegeerte ook daar verteenwoordig word. Wanneer Landdros Stanley Mkhari, dus beswaar teen die 'mate' van geweld teen Marzanne maak, is dit moontlik omdat hy 'n mindere mate van geweld nie problematies sou vind nie? As landdros sou hy enige geweld teen haar moes verdoem, maar is dit moontlik dat die groteske aard van die aanval op haar dit makliker maak vir hom om sy plig na te kom? En as laasgenoemde die geval is, is dit dan selfs moontlik dat dit net gaan om plig, maar dat hy in sy diepste dink dat Marzanne gekry het wat sy verdien? Was die woord 'mate' 'n Freudiaanse glips?

Terwyl 'n boer, Johan Strydom, wat as filantroop beskryf is weens sy goeie werk onder swartes, 'n week gelede agter 'n bakkie aangesleep is, het 'n soortgelyke voorval enkele jare gelede, waar 'n swarte die slagoffer was, internasionale opslae gemaak. In verlede week se geval was die boer maar net een van die vele 'normale' aanvalle wat daagliks op blankes gepleeg word. Nóg sy dood, nóg die grusame aard daarvan het enigsins nuus in die buiteland gemaak. Ook plaaslik word sy moord nie as 'n rassevoorval getipeer nie. Dit terwyl die Reitz insident, waar koshuiswerkers betaal is om flou Oros koeldrank te drink, 'n groteske 'misdaad teen die mensdom' was.

Naspers doen heelhartig aan hierdie verdraaiing van die waarheid mee. Die linkse propagandahuis ontken nog steeds die volksmoord wat op die Afrikaner gepleeg word. In artikels oor die aanval op Marzanne Kruger skemer dit duidelik deur dat Naspers die 'effe' rowwe hantering wat haar oppasser, wat die aanvallers die huis ingelaat het, as gelykstaande (of ten minste amper gelykstaande) aan die diaboliese aanval op Marzanne, beskou.

Behalwe in ekstreem psigotiese gevalle, pleeg blankes nie hierdie tipe misdaad teen swartes of enigeen anders nie. Hoewel die bediening van oorverdunde Oros aan swartwerkers, te Reitzkamerwonings, tot 'n internasionale histerie verhef was, maak nóg Marzanne nóg die bakkiesleepmoord op Johan Strydom enigsins nuus in die buiteland. In Suid Afrika het die 'mate' van geweld teen Marzanne haar wel van plek op plaaslike koerantblaaie voorsien. Tog vir die anti-Afrikaner buiteland is nie eens die 'mate' van wreedheid genoeg om enige belangstelling in hierdie ekstreem rassistiese aanval op 'n Afrikanerkleuter te ontlok nie.


Die Afrikaner se vyande in die buiteland en plaaslik is velerlei. Simpatie vir ons saak is skraal. Vir óns, is die messe uit. Ter wille van oorlewing en bevryding is ons op ons self aangewese. Ons kan nie meer handjies gevou sit nie.

Oorsprong:Perspektief Blog

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.