Sunday, 23 May 2010

Dié ‘protes’ wys hoe Afrikaner wit vlag hys

deur L. van Schalkwyk, Kempton Park
2010-05-22 15:14

Met verwysing na Solidariteit se protesaksie Woensdag in Pretoria: Uiteindelik het die volgehoue aanslag van moord, verkragting en geweld teen die wit Afrikaner begin vrugte afwerp. Die ANC het die eens trotse nasie gereduseer tot ’n lamsakkige, durflose pateet wat wegkruip agter sy hoë mure vanwaar hy dapper blou moord skreeu oor hoe sleg dit met hom gaan.

Die enigste plek waar hy hom mans genoeg voel om die regering vreesloos aan te vat oor hoe hulle sy land opf*k, is as hy half beskonke saam met sy ewe dronk papbroekvriende om die braaivleisvure staan en brandewyn en Coke suip en die k-woord lustig rondgooi.

Die verslane, apatiese toestand waarin die Afrikaner hom bevind, is duidelik geïllustreer by Woensdag se veronderstelde massaprotesbyeenkoms op Harlequins (hoe gepas is die naam nie!) se spo(r)tveld in Tshwane (kom ons hou ’n protesaksie oor die naam Tshwane en kyk hoeveel Afrikaners daag op).

As dit nie was dat Solidariteit busvragte wit mense uit die plakkerskampe aangery het nie, sou daar nie meer as 500 mense teenwoordig gewees het nie. Gegewe die Afrikaner se geteem oor gatvol wees, is dit pateties.

Die Afrikaner is ooglopend so geïntimideer dat hy die wit vlag gehys het. Ek stel voor hulle stem in die volgende verkiesing openlik vir die ANC.

Hulle kan ook oorweeg om van hul wit dogters aan Zuma te gee as bywywe. Dit sal verseker dat hy daadwerklik die Afrikaner as wit Afrikaan onder sy beskerming sal neem. Hy sorg goed vir sy vroue en vir almal wat hulle onvoorwaardelik aan die ANC se gesag onderwerp.

Miskien is die verklaring vir die dawerende afwesigheid van Afrikaners by die protesaksie dat die denkende stads-Afrikaner hom nou geheel en al van sy wortels distansieer. Hy stuur nou sy kinders na Engelse skole toe sodat hulle sal aanpas in die vreemde as hy die dag sy tasse pak en emigreer.

Intussen lê hy laag, hoop hy word nie vermoor, of sy vrou verkrag nie, maak sy geld en hou sy bek.

Miskien is dit die beter opsie. Dronk en dapper is enige volk met ’n greintjie selfrespek onwaardig.

Oorsprong:Rapport

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.