Saturday, 8 May 2010

Elkeen wat teen Suidlanders is, is verraaier

deur Annika Jonker skryf per e-pos
2010-05-07 22:02

Cobus Pretorius van Oudtshoorn skryf die Suidlanders rig meer skade as Malema aan.

Beïnvloed die Suidlanders hom op enige manier? Doen hulle hom of sy gesin skade aan?

Ek dink die Suidlanders doen goeie werk om wit Suid-Afrikaners te leer om weer saam te staan, nie net om ons te beskerm nie, maar in geloof as een volk.

Gustav Müller sê self hy weet nie of “die nag van die lang messe” regtig gaan kom nie, maar hy berei voor vir “as” dit gebeur.

Is voorkoming dan nie beter as genesing nie?

Elke Suid-Afrikaner wat teen die Suidlanders is, is ’n verraaier van sy eie volk, taal en geloof.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Elkeen-wat-teen-Suidlanders-is-is-verraaier-20100507

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.