Tuesday, 11 May 2010

Verkenners se Projek 2010 Volksmoord Databasis



Geagte Verkenners en volksgenote

Met die uitstuur van hierdie e-pos, poog Projek 2010 om u opnuut bewus te maak van die voortdurende volksmoord wat onder die vaandel van “misdaad” plaasvind in Suid-Afrika.

Die volgende skakels sal u begelei na webbladsye met samestellings van koerantberigte rakende moorde gedurende die betrokke maand.

(Let egter daarop dat daar ontstellende inligting en foto’s op vervat is, wat nie vir sensitiewe persone, sowel as vriende en familie van slagoffers bedoel is nie.)

Januarie 2010 = 10 Moorde

Februarie 2010 = 20 Moorde


Maart 2010 = 7 Moorde

April 2010 = 11 Moorde


Ons betuig ook ons hartlike dank aan twee van Projek 2010 se vernaamste bronne, rakende berigte oor moorde, foto’s ens. Besoek hulle gerus vir die nuutste nuus:

Censorbugbear-reports

Die Nuwe Suid-Afrika

Ander nuttige skakels:

Klik hier om Projek 2010 se databasis te deursoek bv. wanneer u wil weet of ‘n moord reeds aangemeld is.

Klik hier om ‘n moord aan te meld

Klik hier om Projek 2010 se Facebook-groep te besoek

Indien u bereid is om as medewerker vir Projek 2010 in u dorp, stad of omgewing op te tree, kan u ons gerus kontak by:

inligting@projek2010.co.za

Medewerkers help ons om alle plaaslike bronne in sy/haar omgewing te raadpleeg vir inligting oor moorde. Voorbeelde van moontlike bronne is die plaaslike koerante, radiostasies, begrafnisondernemers, kerke, sekuriteitsmaatskappye, boereverenigings ens.

Volksgenote, ons het u elkeen se hulp nodig om die groot projek so volledig as moontlik af te handel.

Ons is hierdie inligting aan ons nageslag verskuldig. Niemand anders gaan die feite aangaande die huidige volksmoord waaronder ons volk gebuk gaan aan ons nageslag oordra nie. Indien ons dit nie doen nie, sal ons nageslag aan geheueverlies ly.

U is meer as welkom om hierdie e-pos aan te stuur.

Groete

Die Projek 2010 span

Oorsprong: Werner Smook (Verkennersbeweging)
http://www.verkenners.org.za
http://www.projek2010.co.za

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.