Saturday, 8 May 2010

Wie is die 'ons' wat SA moet laat werk?

deur Jan Brand, Queensland
2010-05-07 14:11

Voor die 17de eeu het die inwoners aan die suide van Afrika van die land geleef. Meestal gejag en veldkosse ge-eet. Verder het die land on-ontwikkeld gelê. Vir eeue.

Van vordering uit eie inisiatief was daar weinig te sien.

Toe kom die blankes hier aan om 'n beter lewe,weg van die vervolging oor hul Christenskap, te probeer uitwerk. Hierdie mense was al verder gevorder op die beskawingspad as die inwoners wat hulle toe in Afrika kom ontmoet.

Die blankes het toe reeds op eie stoom hulself so verbeter dat hulle 'n redelike beskawing hier kon vestig. Maar in Afrika het alles tot nog toe maar redelik stil gestaan.

Daar was duidelike kultuurverskille tussen die nuwe aankomelinge en die bevolking van Afrika en hierdie verskille sou uiteindelik, na jare uitloop op die begrip “apartheid" waarvoor die blanke, en hoofsaaklik die “Afrikaner”, as die muishond van die wêreld beskou sou word.

Hierdie kultuurverskille was so divers dat dit nooit met mekaar sou kon vereenselwig word nie, en so loop dit uiteindelik, na jare van wrywing, getalle-druk en wêrelddruk daarop uit dat die ANC beheer oorneem.

Hierna is vordering maar stadig en totaal uit balans aangesien 'n paar bevoorregtes met duur swart motors ry terwyl die res van die ANC kiesers steeds swaarkry.

En betoog oor swak dienslewering doen hulle goed. Brandende motors en buitebande en omgekeerde vuilgoeddromme is aan die orde.

Maar kom verkiesingstyd is die ou haat teen alles wat blank is steeds daar en dit wys in die uitslae. Die regering word die geleentheid gegee om maar weer voort te ploeter. Vir onbevoegdheid kry apartheid skuld. Soms grens dit aan belaglikheid maar dit lyk of die massas dit glo.

Hulle regeer Eskom, spoorweë, lugdiens,onderwys, paaie, uitsaai, gesondheidsdienste en someer bankrot maar hulle bly regeer. Die getalle is aan hul kant. En die prestasie-bonusse vir bogenoemde word gereeld betaal.

Nou, vir 'n geruime tyd al, sien ek die neiging van blankes, en sekere rubriekskrywers dat ons tog almal moet saamwerk sodat ons die “nuwe” Suid-Afrika kan laat slaag. Baie edele gedagte van dié slimmes maar daarmee het ek een probleempie. Wie is hierdie “ons” waarvan hulle so geredelik praat.

Enige blanke wie die ANC kritiseer oor swak regering word as rassisties uitgekryt. Maar as Malema die boere wil laat uitmoor moet hy liggies oor die vingers getik word. Of die weermagoffisier wat in sterk taal nie van blankes hou nie is geensins rassisties nie.

Seker ook buite konteks aangehaal. Dit moet seker in konteks gesien word soos my volgende punt demonstreer. Een van die sogenaamde Afrikaners skryf anderdag in die pers van die misdaad in Suid-Afrika wat nou so danig buite konteks aangehaal word. Dié slim meneer haal syfers oor misdaad aan en kom tot die gevolgtrekking dat slegs 0,87% van die moorde op boere gepleeg word.

Maar wie vermoor die boere. Seker die “ons” waarvan almal so praat. Die “ons” wie moet saamwerk dat Suid-Afrika kan vooruit gaan. Ek dink “ons” moet uit die samelewing verwyder word sodat “ons” minder misdaad kan pleeg.

En dan vry Malema en Zuma nog ernstig na Ou Bob oorkant die rivier. Blykbaar het die ou nog iewers in sy agterkop 'n plan om grondonteiening te laat werk. Hulle moet hom nog net oortuig om ook sy plan duidelik te maak.

Ons kinders het goed aangepas hier in Australië en het nie planne om gou terug te gaan nie. Die rede - hul veiligheid. In Suid-Afrika sou hulle waarskynlik al deel van die misdaadstatistieke wees as hulle deel wou wees van die “ons” waarvan party ouens so maklik praat.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/JouStorie/Wie-is-die-ons-wat-SA-moet-laat-werk-20100507

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.