Sunday, 6 June 2010

Straat mag naam van bomplanter hê

2010-06-06 00:25
Gerhard de Bruyn

Die man wat vyf mense gedood en etlike ander vermink het toe hy in 1985 ’n kleefmyn in ’n winkelsentrum in Amanzimtoti geplant het, gaan vereer word deur ’n straat digby dieselfde winkelsentrum wat na hom vernoem gaan word.

Ná ’n uitgerekte hofstryd is dit nou amptelik dat die straat se naam na Andrew Zondoweg verander gaan word.

Die DA en die IVP het Donderdag ’n hofsaak verloor waarin hulle saam dié en nog sowat 100 ander voorgestelde naamsveranderinge deur die Durbanse stadsraad beveg het.

Regter David Ntshangase het in die Durbanse hooggeregshof beslis die voorgestelde naamsveranderinge, waarvan talle reeds op borde in en om Durban pryk, mag voortgaan.

Oorsprong:Rapport

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.