Friday, 11 June 2010

Volskaalse aanvalle ná WB, sê koerant

Dinsdag, 08 Junie 2010 07:54

Die Zimbabwe Mail beweer Suid-Afrikaanse regeringsamptenare is besig met 'n komplot om geweld aan te blaas teen wit boere en swart uitlanders. Volgens die koerant word volskaalse aanvalle en gewelddadige plaasbesettings beplan net ná die Sokkertoernooi.

Zimbabwiese 'oorlogsveterane' en weermaglede word glo ingespan om die ANC te help en leiding te verskaf met 'n voorlinie-aanval. 'n Geheime komitee bestaande uit ANC- en regeringsagente is reeds bedrywig met die identifisering van teikens en die gebruik van aanvalsgroepe, sogenaamde "hit squads".

ANC-Jeugligalede het pas hul intense opleiding aan 'n Zimbabwiese militêre kollege voltooi en word in alle provinsies in Suid-Afrika ontplooi vir fyn-beplande en gewelddadige xenofobiese aanvalle, grondroof en plaasbesettings wat glo deur die media as "spontane uitbarstings" beskryf sal word.

Die koerant berig ook dat Tendai Mtawarira, die rugbyster, nie meer vir Suid-Afrika sal speel nie aangesien hy nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie. Hy is blykbaar een van die manne wat deur die Jeugliga "gemerk" is.

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gukule Nkwinti, het wit boere vroeër daarvan beskuldig dat hulle die grondhervormingsplan ondergrawe deur pryse van grond kunsmatig hoog te hou. Hy het gesê swart boere se geduld is op.

Twee jaar gelede, in 2008, is buitelanders in 'n golf van vreemdelinghaat wat Suid-Afrika oorspoel het, aangeval. Berigte van nuwe geweld ná afloop van die Wêreldbeker word tans uit alle oorde ontvang.

Cormsa, 'n oorkoepelende liggaam wat Amnestie Internasionaal, die Rooikruis en die Sentrum vir die studie van Geweld en Versoening insluit, sê dié soort dreigemente is volop en diegene wat dreig glo dat hulle die ondersteuning van senior politieke figure het.

Dosyne Zimbawiese vroue wat in Hillbrow deur die Britse koerant, die Guardian, genader is, sê hulle word geïntimideer deur opsigters en mans wat buite hul geboue wat in die nag voor hulle wonings saamtrek.

Ethel Musonza, 32, 'n moeder van vier, sê die mans beweer dat buitelanders doodgemaak gaan word ná die Wêreldbeker. Sy sê die polisie gaan ook nie ingryp as die aanvallers tot aksie oorgaan nie.

In 'n plakkerskamp aan die Oosrand, sê aanvallers wat in 2008 aan die geweld teen buitelanders deelgeneem het, dat vlugtelinge en immigrante teen 11 Julie weg moet wees.

Oorsprong:Praag

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.