Tuesday, 1 September 2009

Alles stil en onrustig op De Wildt

29/08/2009 13:32 - (SA)

Chris Louw

Dis halfagt in die aand in ons huis op Silkaatsnek net buite Pretoria.

Op TV is ’n stuk of tien polisiemotors op pad na ’n huis in Dallas waar ’n geestelik versteurde Amerikaner dreig om selfmoord te pleeg.

Die manne van Dallas se Special Weapons and Tactics- (SWAT) eenheid is toegerus met ’n ambulans en ’n mobiele kantoor waaruit onderhandelinge met die aspirant-selfmoordenaar gevoer word. Dinge lyk goed en dit lyk of hulle dalk net die man se lewe kan red.

Op my nuwe burgerbandradio wat in die agtergrond aan is, is daar ook stemme.

’n Veiligheidswag van Royal Security is pas geskiet, skuins duskant Kallie Knoetze se plaas. Versterkings word gesoek.

“Versigtig, die man is gewapen!”

’n Telefoonkabel is vroeër die dag reeds geknip. Dis hier waar die wag deur ’n kabeldief geskiet is.

“Ek staan hier by die gewonde man,” berig ’n mansstem. “Delta Beheer, kan julle ’n ambulans laat kom? Dit lyk na ’n skouer- en armwond.”

Ek skakel die televisie af.

Amerikaanse realiteitstelevisie het irrelevant geraak. Wat skeel dit my as ’n versteurde Amerikaner op ’n ander kontinent sy lewe met ’n rewolwer wil beëindig terwyl ’n elite polisie-eenheid met die modernste toerusting hom van sy planne laat probeer afsien?

Vlak buite my plaashek is ’n veel gevaarliker stryd teen misdaad aan die gang: ’n Klein groepie ervare, toegewyde mense met die minimum toerusting staan mekaar by terwyl die polisie iewers op die agtergrond is.

Dis tien dae sedert ons die burgerbandradio aangeskaf en aangesluit het by die De Wildt Helpmekaar Maatskappy.

In die 14 jaar wat ons hier in die klein Bosveld aan die voet van die Magalies woon, was ons wel bewus van misdaad, maar dit was meestal gerugte en klein beriggies in die plaaslike koerantjie: “Iewers” het rowers met ’n .303 op “iemand” in sy kombuis geskiet. Elders is ’n “jong man” agterop ’n bakkie ontvoer nadat hy inbrekers in sy ouerhuis betrap het …

Alles ver genoeg en naamloos genoeg sodat ons nie té bekommerd hoef te wees nie. Intussen plant ons meer inheemse bome en geniet die Bosveldse rustigheid.

Om onsself te sus sluit ons wel aan by die veiligheidsmaatskappy ADT en ek skaf ’n harde sirene aan, met paniekknoppies vir die drie huurhuise op ons grond.

Kort daarna bel my nuwe huurders in een van dié huise my om twee-uur in die oggend. Die vrou se stem is merkwaardig kalm: “Hier was twee mans in ons sitkamer.”

Ek is deur die slaap en snap nie onmiddellik nie. “Wanneer?”

“So pas. Ons het geluide gehoor en Frik het gaan kyk.”

Ek skakel die sirene aan. Die lawaai sny deur die stil nag. Ek bel ADT, my vrou Johanita bel die polisie.

Brits se polisie daag eerste op, dan Mmakau s’n, onder wie se jurisdiksie ons eintlik val. Die konstabel ken nie die omgewing nie.

’n Uur en agt minute later hou ADT se motor in ’n stofwolk voor die huis stil.

Dis twee jong mannetjies, sê Frik. Hulle het ’n venster oopgedwing en die huis- en motorsleutels van ’n hakie teen die muur afgelig, saam met die paniekknoppie. Eers die wasgoed van die draad af gesteel, toe die voordeur en veiligheidshek oopgesluit. Hulle was besig om die televisiestel te ontkoppel toe Frik wakker word, op hulle afkom, en hulle voet in die wind slaan.

Gelukkig was daar nie ’n skietery nie. Niemand is dood en niemand beseer nie.


‘Ons kan nie verder op ’n eiland lewe nie,” sê ek en Johanita vir mekaar. “Dis tyd dat ons betrokke raak by ons gemeenskap.” (Kort tevore het ek nog gesê ek wil nie by die plaaswag aansluit nie, omdat ek nie wil deel wees van iets wat net wit en swart verder polariseer nie.)

Ek skaf dus ’n tweerigting radio aan, noodsaaklik om kontak met die bure te behou as deel van die bestaande veiligheidsnetwerk.

En vir die eerste keer hoor ons: Die man op wie op 25 Junie met ’n .303 in sy kombuis geskiet is, is Flip Joubert – ons naaste buurman. Sy huis is 200 m van ons s’n af. Die jong man wat ontvoer is – en in die nag met pynlike gevolge van die bakkie afgespring het – woon op die kleinhoewe net anderkant Flip.

Ons het dit nie geweet nie. En toe ons eie sirene die nag afgaan, het nie ’n enkele van ons bure gereageer nie.

Ons is almal deel van die reënboognasie, en ons woon onbekommerd in ons eie illusies, sê ek vir Johanita:

“Ons het nie meer ’n keuse nie. Dis ’n onverklaarde, lae-skaalse oorlog. Ons moet kant kies.”

Toe die radio uiteindelik stil word, gaan ons slaap. Drie-uur die volgende oggend kraak die radio weer.

Royal Security berig dat nege mans die De Wildt-pad oorgesteek het op die plek waar die telefoonkabels die vorige dag geknip is, en baie naby aan waar hulle kollega ’n rukkie tevore geskiet is.

Dis kabeldiewe.

In die stilte van die nag lê ons in die bed en luister hoe die hoordrama ontvou.

Kalm stemme wat opdragte gee. Jy, ry na die Hoekie toe. Wag daar op versterkings. Jy, gaan kry ’n hond by die hondeskool. Hulle is in die spruitjie af, rigting Ga-Rankuwa.

En altyd die waarskuwing: “Versigtig, manne. Een van hulle is gewapen.”

“Dié ouens was duidelik almal in die bosoorlog,” sê ek vir Johanita. “Dis ’n militêre operasie. Hulle weet presies wat hulle doen.”

Die bosoorlog was in 1989 gedane sake. Twintig jaar later is daardie oorlog nou in die bosse hier om ons, ’n skrale 25 km van die liggies van Pretoria se Kerkplein af.

Terwyl die kabeldiewe gevolg word, kom nog berigte op die radio deur. Daar is pas ingebreek by Werner Schreuder se pompkamer; sy boorgatkabels is gesteel.

En later: Daar was ’n inbraak by Trevor Louw se pakkamer. ’n Elektriese pomp is gesteel. En nog: Daar is ingebreek by die De Wildt-jagluiperdsentrum se gastehuis. Drank en ’n rekenaar is gesteel. Hulle het ook ingebreek by ’n motor.

Johan Marais berig dat daar verdagtes op sy perseel rondloop.

Bertie Hotzhausen sê hulle het ook sy boorgatkabels gesteel.

Twee verdagtes word op Ockie Oosthuyzen se kleinhoewe opgemerk. Lyndrade is geknip en ’n garagedeur oopgebreek. “Gelukkig” word niks vermis nie.

Deur dit alles duur die hakkejag-operasie na die nege kabeldiewe onverpoosd voort.

“Versigtig dat julle nie vir Mike-hulle met die hond met die diewe verwar nie. Hulle volg die spore in ’n noordelike rigting in die spruit. Moenie skiet nie.”

Intussen laat weet Thinus Schoeman dat telefoonkabels by sy perseel gesny is. Die kabels lê nog daar.

Daar is ook berigte dat diewe by dr. Jannie Hugo se huis probeer inbreek het. Die alarm het afgegaan. Die gesin het gehoor hoe ’n werker in sy kamer skree nadat rowers probeer het om sy kamerdeur af te breek.

Dan is die radio skielik stil. Dis halfvyf die oggend. Ons sal maar tot ligdag moet wag wanneer ons almal per radio verslag doen om te hoor dat elkeen veilig is.

Veilig ná nóg ’n nag op De Wildt.

Darem nie heeltemal nie. “Dit was die besigste nag vanjaar,” sê Helpmekaar se Jan Lemmer, wat ook ’n plaaslike sekuriteitsfirma bedryf, in sy kantoor langs die De Wildtpad toe ek hom die middag besoek. Hy lyk ontspanne.

“Die misdade is tipies, maar dit was ’n bietjie meer as gewoonlik.”

Die misdaad op De Wildt is ook nie uitsonderlik nie. Lemmer was lank in die Kommando. “Dit gaan oral so. Die enigste verskil is dat ons hulle hier onder druk plaas, en dat ons ons lede inlig oor wat gebeur.”

Dit gaan byvoorbeeld baie erger in dele van Pretoria. Maar die inwoners het nie kontak met mekaar nie. Hulle kan nie notas vergelyk nie.

Sommige mense, sê hy, verkies dit om nie te weet van die misdaad nie. Hulle vind dit te ontstellend. “Maar ons glo jy kan net paraat wees as jy weet wat in jou omgewing gebeur.”

Die omgewing waarna hy verwys, strek die 25 km met die De Wildtpad van Silkaatsnek tot die westelikste uithoeke van Pretoria-Noord, en van daar 12 km diagonaal tot by die spoorlyn wat voor Brits en Ga-Rankuwa verbyloop – ’n totale oppervlak van 300 km², gedek deur ’n netwerk van tweerigtingradio’s.

’n Mikrokosmos van die land.

Wie is hierdie ouens wat snags hul lewens waag om sonder vergoeding ander mense en hul eiendom te beskerm? “Gewone ouens wat almal bedags gewone werke het. Ekonomies produktiewe mense.”

En die polisie?

Betrekkinge is goed. Toe gevra is dat plaaslike mense reserviste word, was daar 36 aansoeke. Maar nou het die polisie se topbestuur besluit jong swart rekrute kry voorkeur; van die 36 aansoeke het 29 aansoeke intussen weggeraak by die plaaslike polisiekantoor. Nou is daar weer ’n moratorium geplaas op die aanstelling van reserviste.

“Die manne wil hul deel doen, maar ons word van alle kante gekniehalter,” sê Jan.

“Omdat reserviste meer polisiëringsmagte het as gewone burgers, is dit belangrik dat die plaaslike mense aansluit. As die polisie dit net wil toelaat.”

Oorsprong:Rapport
http://jv.news24.com/Rapport/Weekliks/0,,752-2496_2550745,00.html

Sunday, 12 July 2009

Op Kommando: Die huidige bedeling: Waarom swartes blankes sal uitwis



Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis

Die jongste skrywe deur Dan Roodt, oor Thabo Mbeki se plan vir die uitwissing van die blanke bevolking, het my weer ernstig laat besin oor die bestaanskrisis waarin ons tans verkeer.

Ons volk se geskiedenis word gekenmerk deur die een krisis om voortbestaan na die ander. Dit wil amper voorkom asof ons alleenlik tussen die twee Vryheidsoorloë en vanaf die periode 1948 tot 1994 nie moes veg om 'n bestaan te voer nie. Altwee hierdie periodes was tydens Afrikaner-selfbeskikking wat uiting in ons eerste drie republieke, naamlik die ZAR, die OVS en die RSA(1961 tot 1994), gevind het. Hoewel ons in die jare van die bosoorlog geveg het, was ons tog veilig in die fort van ons republiek. Die huidige republiek, daarenteen, is nie ’n Afrikaner-republiek nie en weens die erodering van ons burgerregte is Afrikaners tans wesenlik staatloos.

Dit bring mens ook tot die onvermydelike gevolgtrekking dat Afrikaners se voortbestaan onbetwisbaar van die bestaan van 'n Afrikaner-republiek afhang. Meer hieroor egter in 'n latere skrywe.

Die huidige konteks waarin ons lewe, naamlik die situasie waarin ons deur swartes regeer word, is 'n vorm van ekstreme bedreiging vir ons volksvoortbestaan. Die laaste keer wat ons 'n bedreiging van soortgelyke graad beleef het was die tydperk rondom die Afrikaner-holocaust tydens die Britse konsentrasiekampe. Daardie was sekerlik die donkerste uur in ons geskiedenis, hoewel ons in die huidige situasie baie naby aan dieselfde vlak van bedreiging verkeer.

Daar kan nie ontken word dat 'n stadige volksmoord reeds in swang teen Afrikaners, op plase en in stede, is nie. Die Transvaalse Landbou-unie (TLU) is een van die Afrikaner-organisasies wat prontuit pleit dat die volksmoord op boere aangespreek word. Vele ander Afrikaner-organisasies het reeds aanvaar dat die sogenaamde misdaadvlaag niks minder as 'n lae intensiteit volksmoord is wat teen Afrikaners gevoer word nie.

Heelwat Afrikaner-sekuriteitskenners is van mening dat hulle bewyse het dat die ANC wel besig is om terroriste op te lei. Aanvalle geskied te dikwels met millitêre presisie. Dikwels herken slagoffers aanvallers as lede van die plaaslike polisie. Voorts word wapens van die SANW en SAPD gereeld op tonele van terreur gevind.

Wanneer dr. Dan Roodt beweer dat dit in swart politieke kringe bekend is dat Mbeki 'n plan ontwikkel het om blankes - en Afrikaners spesifiek - 'die see in te jaag', dan pas dit perfek in met die gebeure rondom die aanvalle op Afrikaner-burgerlikes. Ek sal ook op 'n latere stadium verder uitwei oor die genosiede begeerte wat binne die ANC teenoor Afrikaners bestaan.

Dit is ongelooflik naïef, tot op die punt van totale gekheid, om te glo dat Westerling en Afrikaan in vrede en voorspoed saam in Suid-Afrika kan leef. Dit bly vir my nog steeds een van die grootste raaisels dat Afrikaners ten aangesig van die verskriklike wreedhede wat Afrikane regoor Afrika teen wittes gepleeg het, geglo het dat dit anders in hul eie land sou wees.

Hierdie dwaling onder Afrikaners kan myns insiens grotendeels toegeskryf word aan die sukses waarmee die liberales die media gemonopoliseer het om ons volk te mislei. Mense wat alle kontak met die Afrika-werklikheid verloor het, deur te maak asof dit nooit gebeur het nie, het onder leiding van Britse en Amerikaanse ideologiese invloed die liberale idee omhels dat die individu, en nie etnisiteit nie, in 'n Suid-Afrikaanse demokrasie die bepaler van politiek sal wees. Nasionale Party politici (waaronder FW de Klerk, Roelf Meyer, Pik Botha ens.) het met die hulp van Naspers (Media24) asook die SAUK Afrikaners doelbewus gebreinspoel en mislei. Godsdiens het natuurlik 'n belangrike rol hierin gespeel, maar dit is 'n onderwerp vir 'n bespreking op sigself. Dan Roodt het onlangs betekenisvol hieroor geskryf.

Die liberale mistasting van multikulti word nog steeds deur politieke partye soos die DA aangehang, selfs al kan daardie party bykans geen swart kiesers trek nie. Pas is Cope, wat ook probeer het om 'n interrrassige party te wees, besig om te verbrokkel, nes die UDM eens gedoen het. Binnekort sal dit, soos die UDM, net nog 'n party wees wat rondom die persone van een of twee swart politici bestaan. Van die multirassige ideaal sal niks oorbly nie. Weereens het blanke kiesers hul stemme op die onbereikbare multirassige ideaal verspil.

Daar is 'n verskeidenheid redes waarom blankes en Afrikaners, ongeag wat al die liberale dromers sê, mekaar nooit sal vind in die NSA politiek nie:

1. Suid Afrika het 'n geskiedenis van drie eeue se politieke en ekonomiese oorheersing van blankes oor swartes. Eeue van suspisie en haat is 'n geweldige aandrywer van intergroepspanning. Veral in 'n bestel waar swartes konstant van die verlede bewus gemaak word, kan die vernedering daarvan nie oorkom word nie. Die enigste uitlaatklep vir hierdie vernedering is gewelddadige aanvalle op blankes.

2. Die rassestruktuur van ons samelewing wat ook ekonomiese ongelykheid reflekteer, skep konstante spanning. Weens hul vaardigheids- en ander gebreke sal swartes nooit blankes se ekonomiese gelykes kan wees nie. Slegs 'n klein swart elite kan ooit by RA en SEB baat, aangesien hulle hoogstens demografiese simbole is wat deur blanke welvaart geskep is en in ruil geen produktiwiteit bydra nie. Hulle paratiseer bloot op blanke rykdom. Die grootste gros van swartes sal egter altyd rondom die broodlyn leef, terwyl die meeste blankes vanweë hul vermoëns, selfs in die huidige konteks, finansieel beter as meeste swartes doen. Swartes sal altyd daardie ongelykheid waarneem. Hierdie ongelykheid is nie net vernederend vir hulle nie, maar skep ook die begeerte om blankes se welvaart te bekom deur enige metodes, insluitend geweld.

3. Die blanke kultuur van voortreflikheid is 'n steen des aanstoots vir swartes. Hierdie punt is verwant maar tog apart van die vorige een. Dit het te make met elke kulturele aspek van die Westerse kultuur wat Afrika en swartes gedurig in die skadu stel. Kuns, Westerse skoonheid, die Westerse oorheersing van wêreldpolitiek en verskeie ander verbandhoudende aspekte oorskadu swart kultuur. Hoewel hulle eintlik begeer om, soos Westerlinge, voortreflik te wees, kan hulle nie daarin slaag nie. Gevolglik koester hulle op alle vlakke 'n intense haat vir blankes. Thabo Mbeki se 'Afrika Renaissance' wat nooit verwesenlik het nie, was 'n antwoord op swart minderwaardigheidsgevoelens teenoor die Weste.

4. Ras- en kultuurverskillle in daaglikse kontak aksentueer ons andersheid. Elke dag kom swartes en blankes in kontak met mekaar. Hoewel mens sou kon argumenteer dat hierdie kontak tot wedersydse verdraagsaamheid moet lei, is dit my mening dat dit intergroepspanning verhoog. Die waarneem van biologiese ras- , taal- en aksent verskille, verskillende gewoontes, waarde en normatiewe verskille ens. maak mense van verskillende groepe ongemaklik met mekaar. Dit herinner mense aan die feit dat hulle aanpassings in hul persoonlike ruimtes moet maak om andersheid te akkommodeer. Hoe minder gesofistikeerd en geskoold die persone is, hoe laer is hul begrip en dus verdraagsaamheid hierteenoor. My vermoede is dat mense skaam is om openlik in sosiale kontak uiting daaraan te gee, maar dat dit 'n frustrasie is wat stilweg opbou todat dit sporadies by die individu of kollektiwiteit tydens 'n sielkundige katarsis uitgelaat word.

5. Die sosio-politieke konteks in Suid Afrika is besig om te degenereer en hierdie degenerasie is besig om energie te skep wat intergroephaat aanblaas. Die verskeie maniere waarop swartes en blankes op die politieke en sosiale terreine in interaksie verkeer, skep spanning. Blankes verwag Westerse standaarde en die korrupsie, wanbestuur, misdaad en algemene Afrika-manier van dinge doen, maak dat blankes tereg kritiek daarop lewer. Swartes word daardeur beledig en dit skep verdere intergroepfrustrasie.

6. Politici in swart geledere is besig om rewolusionêre agendas na te jaag. In die proses word heelwat haatspraak jeens blankes vanaf verhoë, die media ens. gepleeg. Dit maak swartes konstant bewus van die noodsaaklikheid dat daar met blankes afgereken moet word.

7. Swartes is besig om maatskaplike en statutêre reëls te ontglip. Binne die kulturele konteks verkeer swartes in 'n normatiewe krisis. Sedert massale verstedeliking plaasgevind het, is die normatiewe kontroles wat hulle as stamlede in stamverband gehad het, ontwrig. Swartes het na my mening nog nie 'n interne lokus van morele kontrole ontwikkel, soos mens by Westerse individue vind nie. Met die stamlid ontwortel uit stamverband, soos in die lokasies en townships, is hulle as ‘t ware moreel rigtingloos. Op die koop toe is wetstoepassing besig om te disintegreer. Waar die streng gepolisieerde aparheidsbedeling aan kultureel ontwrigde swartes normatiewe struktuur kon verskaf, het dit in die nuwe bedeling, waar wetstoepassing tot 'n einde gekom het, verval. In die huidige situasie is swartes as ‘t ware 'buite beheer'.

Bogenoemde sewe punte is 'n resep vir ‘n katastrofe. Hierdie katastrofe intensifiseer by die dag soos meer blankes vermoor word. Onder 'gunstige' omstandighede kan hierdie toestand in 'n algehele orgie van massale geweld en dus volskaalse volksmoord ontaard. Gegewe dat die situasie aan die agteruitgang is, beweeg ons binne die huidige bestel gevaarlik naby daaraan. Ek wil sover gaan as om te sê dat tensy iets die rigting drasties verander, ons op 'n volskaalse bloedbad afstuur.

Selfs al volg daar nie 'n skielike bloedbad nie, sou bloot die huidige geleidelike toename in geweld jeens Afrikaners niks minder as die geleidelike uitwissing van ons volk meebring nie. Die uitwissing geskied nie net omdat 'n groeiende getal slagoffers hul lewens verloor nie, maar daar is ook die duisende wat emigreer en sodoende uiteindelik in vreemde lande vir ons volk verlore is. Benewens die biologiese uitwissing is daar verder die ekonomiese en kulturele uitwissingsprogram wat deur die ANC teen ons gevoer word (meer daaroor 'n volgende keer).

Die ergste skade is die emosionele letsels aan duisende Afrikaner slagoffers wat aanvalle oorleef en/of familie van slagoffers is. Met ons lae geboortesyfer, emigrasie, verliese weens moorde en emosionele demoralisering weens die totale aanslag sal ons volk nie gedy nie. Dit is ongetwyfeld reeds volksmoord. Binne die huidige bestel staar ons hetsy spoedig of geleidelik ons einde in die gesig.



Oorsprong: Perspektief Blog
http://perspektiefblog.blogspot.com
http://perspektiefblog.blogspot.com/2009/07/die-huidige-bedeling-waarom-swartes.html
http://perspektiefblog.blogspot.com/2009/07/die-huidige-bedeling-waarom-swartes_12.html
http://vlad.dienuwesuidafrika.com

Thursday, 4 June 2009

Op Kommando: ESSA’s sal uiteindelik soos Rhodesiërs verdryf word



Bron: http://praag.co.za/content/view/466/403/

Geskryf deur Vlad du Plessis

Donderdag, 10 Mei 2007

Die huidige penarie waarin die DA verkeer, nadat dit op die lappe gekom het dat daar ’n aktiewe anti-Afrikanerstrategie binne die party gevoer word, is veelseggend. Hierdie skandaal wat slegs enkele dae na die verkiesing van die party se nuwe leier uitgelek het, kan die party se doodskoot beteken, tensy die party se spindokters dit suksesvol kan toesmeer, soos wat tans gepoog word. Die party beweer nou dat die sms ’n eksterne smeerveldtog is en dat forensiese ondersoeke gedoen word “om die oorsprong te vind”. Mens wonder onwillekeuring of die “forensiese getuienis” ooit aan die publiek bekend gemaak gaan word.

Selfs al word bo alle twyfel bevind dat dit ’n eksterne veldtog is (wat te betwyfel is), dan verander dit nog nie die wesentlike anti-Afrikanersentimente binne die DA-bestuur nie. Ongeag dat meeste Afrikaners vandag die volksverraaier, Kortbroek, verag, was hy reeds die eerste slagoffer van die DA se anti-Afrikanerkultuur. Die rede waarom Van Schalkwyk van die “Alliansie” weggebreek het, was weens die uitlek van Tony Leon en die Engelsprekende Ryan Coetzee (Leon se spindokter), se komplot om Van Schalkwyk (’n Afrikaner), na die NP/DP-huwelik, “uit te werk”.

Gegewe dat die DA deur oud-Progge, almal Engelssprekendes, en hul jonger rekrute oorheers word, is dit te verstane dat die party ’n anti-Afrikanerkultuur sou hê. Heelwat kommentators het al beweer dat Engelssprekende Suid Afrikaners (ESSA’s) se afkeur in apartheid nie gegaan het oor werklike morele oortuigings nie, maar dat dit eerder gemotiveer is deur hul haat vir die Afrikaner.

Die feit dat daar nog steeds so ’n haat binne die ESSA-gemeenskap teenoor Afrikaners bestaan, wys daarop dat die samesyn van die twee groepe binne die DA ’n kunsmatige situasie is. Hierdie situasie het noodgedwonge tot stand gekom wees ’n desperate poging deur albei groepe om swart dominansie af te weer. Die DA , as mikro-politieke party, is daartoe verdoem om nooit enige noemenswaardige invloed op die ANC-regering se politieke rigting uit te oefen nie. Slegs deur ’n onstabiele alliansie met ’n paar bedenklike nano-partytjies in Kaapstad te vorm, kon die DA op daardie lae owerheidsvlak en in daardie geïsoleerde geval, ’n vorm van statutêre beheer verkry. Alhoewel die party in daardie geval “beheer” het, is dit minimaal aangesien dit met drie magsbeperkende faktore te make het:

->Plaaslike owerhede het betreklik min mag en word deur die provinsiale regerings (almal ANC-beheerd), sowel as deur die ANC se sentrale regering oorheers.

->Aangesien hulle die stadsregering kan maak of breek, is die nano-partytjies in die DA-koalisie tot groot mate die stert wat dikwels die hond swaai.

->Weens die Kaapse Metropool se swart bevolkingsontploffing, wat uit die Oos-Kaap gevoed word, sal die DA in die volgende verkiesing nie hond haar af maak nie. Dus, as hulle wil aanbly, sal die DA-“beheerde” stadsregering, terwille van swart steun, ’n ANC-tipe beleid moet voorop stel. Die DA se beleid sal dus deur ’n ANC-gesinde bevolking se belange bepaal word.

Veral lg. punt verteenwoordig vir die DA ’n landwye probleem. Vir die DA om uit sy mikro-partydop te breek na iets groters, sal dit ’n deurbraak onder die swart kieserspubliek moet maak. Die toestand van fragmentasie, tussen “Boer en Brit”, wat reeds in die party heers, is dus op die punt om met rasse skrede te kompliseer. Die party se verklaarde beleid om ’n breëbasisparty te word, beteken dat swart verteenwoordigers voortaan voorkeur sal moet kry (soos Zille reeds bevestig het) en dat swart prioriteite die beleid sal bepaal. In die NSA is politieke verteenwoordiging na gelang van ras verdeel, deels weens inherente afkeur tussen rasse, maar ook omdat die rasse se belange so radikaal verskil. Die belangeverskille vloei voort uit ’n verskeidenheid faktore waarvan onder andere kultuur, taal en sosio-ekonomiese klas belangrike aspekte is.

Dit sou dus prakties gesproke onmoontlik wees om binne dieselde politieke party die belange van alle groepe te huisves, omdat sulke belange meermale bots. D.w.s., indien die DA daarna wil streef om ’n hoofstroomparty te raak, dit effektief blanke belange sal moet versaak of ten minste afskaal. Weens die blanke se minderheidstatus in SA sal sy belange dus nooit op die nasionale agenda geplaas word nie. Die blanke se voorland is dus agteruitgang en verval. Die DA se fantasie om ’n veelrassige party te word, is dus gedoem om te faal. Die party sal óf wit bly óf swart word. In ieder geval bly die blanke buite die hoofstroompolitiek.

Die blanke se toekoms in die NSA lyk dus nie rooskleurig nie. Nogtans is die situasie vir die Engelssprekendes, hoewel hul minder deur die regime geviktimiseer word, op lang termyn baie slegter as vir die Afrikaner, wat tans die ergste die onderspit moet delf. Die ESSA’s bestaan uit ’n geroesemoes van versaakte afstammelinge van eens magtige Europese ryke en ander laatkommers. Lg. “groep” het dus geen vorm van groepsbewussyn nie. Andersyds is die Afrikaner merendeels ’n homogene volk met ’n sterk etniese identiteit en bewussyn wat boonop tans aan die herleef is. Afrikaner-nasionalisme was dan ook die eerste suksesvolle nasionalisme op die Afrikakontinent. Die ESSA’s beskik egter oor geen saambindende faktor behalwe hul jaloesie teenoor die Afrikaner nie.

Met die huidige herlewing van Afrikanernasionalisme, tesame met die verval van die NSA, beweeg Afrikanernasionalisme onvermydelik in die rigting van een of ander vorm van geografiese selfbeskikking. Die ESSA’s, wat met die totstandkoming van ’n Afrikanerrepubliek in die NSA (as dit nog sal bestaan) agtergelaat sou word, sal dus dieselfde voorland hê as die eens selfversekerde Rhodesiërs in vandag se Zimbabwe. Die enigste kans op menswaardige oorlewing vir ESSA’s is om nou reeds te begin verafrikaneriseer en te hoop dat die Afrikaners bereid sal wees om hulle te assimileer.

Oorsprong: Perspektief deur Vlad du Plessis
http://perspektiefseblog.blogspot.com/
http://perspektiefseblog.blogspot.com/2009/05/essas-sal-uiteindelik-soos-rhodesiers.html
http://vlad.dienuwesuidafrika.com

Saturday, 7 March 2009

Op Kommando: Afrikaners moet hulself bewapen



Deur Vlad du Plessis

Soos sake in Suid Afrika daaruit sien is dit genoeg om enige Afrikaner tot depressiwiteit te dwing. Eerder as om depressief te raak moet ons tot aksie oorgehaal word.

Die volksmoord wat met die stille goedkeuring van die ANC regime gepleeg word duur voort op plase en in voorstede. In 'n vorige stuk het ek die absolute noodsaaklikheid van Afrikanerweerbaarheid aangevoer. Graag wil ek dit nou onomwonde stel dat Afrikaners hulself moet bewapen.

Suid Afrika is op die rand van 'n chaotiese inteenstorting. Hetsy verkiesingsgeweld, die finale ineenstorting van Eskom se dienste, 'n natuurramp of wat ook al, Suid Afrika sal nie 'n ernstige uitdaging van sy dag tot dag funksionering kan hanteer nie.

Indien die swart massas opgesweep word of nie toegang tot daaglikse benodighede sou kry nie sal hierdie land soos 'n kruitvat ontplof. Politieke polarisasie, tesame met die hoe vlak van misdaad en relatiewe wanorde en korrupsie het 'n baie onstabiele sosio-politieke omgewing geskep.

As grootskeepse geweld losbreek moet Afrikaners bewapen wees om die aanslag te kan afweer. Afrikaners moet opgelei en weerbaar wees om wapens te kan hanteer. Reeds onder die huidige sg. 'misdaadgolf' (volksmoord) is dit onwys om nie 'n vuurwapen te besit nie. Daar is 'n daaglikse geweldadige aanslag op ons mense.

Elke gesin moet oor ten minste een vuurwapen beskik. Boonop moet elke gesinslid, ongeag ouderdom, opgelei wees om die wapen(s) korrek te hanteer. Dit is ook belangrik dat daar gereeld aan opleidingsessies deelgeneem word.

Dit is wenslik dat volksgenote opgelei word deur Afrikaner organisasies soos die Kommandokorps. Hierdie sessies plaas Afrikaners binne die ondersteuningsraamwerk van ander volksgenote. Dit ontbreek ook die onjuiste en polities korrekte hantering van die veiligheidskrisis wat deur privaatorganisasies aangevoer word.

Afrikaners moet bewapening en gepaardgaande opleiding ter harte neem.

http://vlad.dienuwesuidafrika.com

Sunday, 1 February 2009

Op Kommando: Afrikaner Weerbaarheid



Deur Vlad du Plessis

In 'n anarchistiese situasie soos waarin Suid Afrika tans verkeer is ons almal uitgelewer aan die risiko dat ons en ons geliefdes slagoffers gaan word. Meeste van ons was al slagoffers van geweld of het familie, vriende of kennisse wat aangerand, verkrag of vermoor is. Dit is 'n verskriklike ervaring om te beleef. Dit is die trauma waaraan meeste van ons een of ander tyd, direk of indirek, in hierdie land blootgestel word.

In hierdie situasie, waarin ons leef, het mens verseker die keuse of jy iets of niks daaromtrent gaan doen. Die meeste Afrikaners doen nie veel om hulself weerbaar te maak nie. Die vraag is egter of mens saam met die gevolge van niks doen nie kan leef. 'n Mens moet mooi besin oor wat dit behels as swartes jou gesin oorval. Sal jy jou vrou en kinders kan verdedig? Sal jou vrou en kinders weet wat om te doen? Sal hulle tot verdedigings- of ontwykingsaksie kan oorgaan? Sal die wete dat hulle opgelei is hulle selfvertroue en moed in 'n aanval sterk, of sal hulle weens 'n gebrek aan weerbaarheidsopleiding in angs en weerloosheid verval? Hoe sal jy voel om jou gesin weerloos te sien in die hande van hierdie swart terroriste? Sal jy die moed he om te aanskou hoe jou vrou en dogters verkrag word? Sal jy jouself kan sterk as jou seuns gemartel en selfs vermoor word? Is jy reg om aan die geweldadige hand van 'n barbaar te sterf? Fisiek en verstandelik gesonde mense besik oor die keuse of hulle weerloos of weerbaar wil wees.

Ek reken dat elke Afrikaner dit aan hom-/haarself verskuldig is om vir weerbaarheidsopleiding te gaan. Nie net die gesinshoof nie maar elke gesinslid moet opgelei word. Die situasie waarin ons tans leef is baie gevaarliker as waaraan die Trekkers van ouds blootgestel was. In daardie dae kon elke gesinslid 'n vuurwapen hanteer. Elke seun het groot geword met 'n jaggeweer en kon oor redelike afstande in die kol skiet. Daarenteen was die barbare se enigste wapens knopkieries en assegaaie.

Die hedendaagse situasie is anders. Te veel van vandag se Afrikaners het geen weerbaarheidsvaardighede nie. Te veel gesinne het nie vuurwapens nie of is bloot nie opgelei om dit te hanteer nie. Terwyl heelwat vaders vroeer millitere opleiding ontvang het is meeste van hulle sekerlik nie meer fiks of paraat nie. Te veel kinders spandeer hul tyd met onbenullighede soos Mixit, rugby, videospeletjies en verskeie ander sinnelose aktiwiteite waarin hulle hoogsbedrewe is. Nogtans beskik hulle nie oor die belangrikste vaardigheid, naamlik weerbaarheid, nie. Die vroue en dogters in die gesin is selfs meer blootgestel omdat hulle baie waarskynlik verkrag sal word tydens 'n aanval. Per slot van sake is die hele gesin blootgestel aan die risiko van aanranding, marteling, verkragting en moord. In die lig van ons mense se gebrek aan weerbaarheid is hulle sagte teikens. Dit terwyl die swart moordbendes met vuurwapens (selfs outomatiese masjiengewere) bewapen is. Bewyse bestaan dat hulle boonop opgelei word om stedelike en landelike tereur op blankes te pleeg.

Tog, ons hoef nie weerloos te wees nie. Ons kan iets daaraan doen... Dit is 'n wel bekende feit dat wanneer swart aanvallers hulself vasloop in 'n persoon of persone wat weerbaar optree hulle gewoonlik baie gou op die vlug slaan.

'n Verdere probleem is hoe ons tans ons veiligheid hanteer. Te veel van ons kontrakteer ons veiligheid uit aan sg. 'veiligheidsmaatskappye' en beskou dit dan as voldoende. Hierdie organisasies werf swartes vanaf die straat as sg. 'veiligheidswagte' en rus hulle dan boonop met vuurwapens toe. Aan hierdie swartes, wat dan dikwels onbeperkte toegang tot ons erwe verkry, vertrou ons dan ons veiligheid. Hierdie is 'n geweldige risiko. Hoeveel van hierdie sg. 'veiligheidswagte' werk nie as 'dubbelagente' vir misdaad sindikate nie? Hoeveel van hulle het nie kriminele rekords of bloot die potensiaal daartoe nie? Wat gebeur met hom en al sy kennis van jou woonbuurt as hy more sy werk verloor? Die waarheid is dat te veel aanvalle al deur swart 'veiligheidswagte' gereel en/of gepleeg is. Kyk net hoe geweldadig het hierdie mense opgetree toe hulle so 'n jaar of drie gelede gestaak het... Hulle het nie geskroom om hulself tot die mees barbaarse geweldadighede te wend nie.

Kan jy werklik jou en jou gesin se oorlewing in sulke mense se hande plaas? Ek reken vir nie. Dit is vir wolf skaapwagter maak. 'n Gesin moet soos 'n veiligheidseenheid opgelei wees. Elke gesinslid moet weet wat om te doen ingeval van 'n aanval. In Suid Afrika kan jy nie jou en jou gesin se veiligheid aan 'n derde party oorlaat nie. Dit is en bly ten eerste die gesin se eie verantwoordelikheid. Tog kan gesinne binne woonbuurtverband mekaar ondersteun en gesamentlik organiseer rondom verdediging en veiligheid.

Afrikaners moet die geleentheid aanwend wat deur organisasies soos die Kommandokorps en TLU Veiligheid gebied word om opgelei te word. Elke gesinslid is welkom by hierdie organisasies se kampe. Jy hoef nie 'n vuurwapen te besit nie. Jy word opgelei om jouself met alles van 'n besemstok tot 'n AK47 te verdedig. Dis hope pret en 'n wonderlike geleentheid om broodnodige weerbaarheidsvaardighede te leer. Boonop is dit ook 'n geleentheid vir lekker sosiale interaksie. Mag ek voorstel dat jy nie 'n minuut langer uitstel nie. Kontak sommer altwee hierdie organisasies by die volgende kontakbesonderhede en vind uit oor hul programme:

TLU SA: 012 804 8031

Kommandokorps: weerbaar@kommandokorps.elkobesighede.net

Weerloosheid is 'n keuse wat spruit uit luiheid en gemaksug, maar dis ook een wat jou en jou geliefdes erge trauma en selfs die dood kan meebring.

Bron: Op Kommando deur Vlad du Plessis
http://vlad.dienuwesuidafrika.com

Thursday, 8 January 2009

Boer glo as 'wit hond' uitgeskel

Boer glo as 'wit hond' uitgeskel

Jan 08 2009 07:52:57:463AM - (SA)

Tom de Wet

Welkom. - In nóg 'n voorval van beweerde polisie-wreedheid en swak dienslewering op Odendaalsrus in die Vrystaat is 'n bejaarde boer na bewering deur polisiebeamptes as 'n "wit hond" uitgeskel en aan hom is ook glo gesê dat "alle wit honde in Suid-Afrika doodgemaak sal word".

Beeld se susterskoerant Volksblad berig reeds weke lank oor klagtes uit die gemeenskap oor swak dienslewering deur die polisie op dié dorp wat glo selfs al gestaan en toekyk het hoe 'n vrou wreed deur die pa van haar kind aangerand word, ondanks 'n gesinsgeweldinterdik.

Mnr. Rudi van Vuuren het reeds die nuwe stasiekommissaris, sr.supt. M.B. Mbongo, oor die gebeure Saterdag op sy pa, mnr. Gert van Vuuren (68), se plaas gaan spreek. Hy is aangeraai om 'n klag teen die betrokke polisiebeamptes in te dien.

Van Vuuren (sr.) was baie jare hoof van die polisie se reservistekorps op Odendaalsrus.

Van Vuuren (jr.) sê drie polisiebeamptes het Saterdag omstreeks 14:00 met 'n polisievoertuig op die plaas Hilton aangekom. Hulle het vir sy pa gesê hulle bring R100 wat 'n vorige plaaswerker hom skuld.

Een van hulle wou by hom weet waarom hy geld van 'n arm man wou hê, waarop hy geantwoord het dat dit geld is wat die man hom skuld.

Van Vuuren (sr.) is daarna deur een van die konstabels as 'n rassis uitgeskel en sy (Van Vuuren se) ma is ook gevloek. Van Vuuren (sr.) het hulle aangesê om die plaas onmiddellik te verlaat, waarna hulle vuurwapens uitgeruk en Van Vuuren (sr.) glo as 'n wit hond uitgeskel is. Hulle het daarna gery.

Later was hulle egter terug en Van Vuuren (jr.) se ma het hom gebel. Met sy aankoms op die plaas het die polisieman na bewering weer sy ouers en suster geskel. Hulle het probeer wegry toe hy opdaag, maar hy het voor hulle stilgehou en pen en papier gevat om hul name te kry.

Hulle het eers lank geweier om hulself te identifiseer, maar nadat hy aan hulle gesê het dat hy 'n majoor in die kommando was en sy regte en die wet ken, het die passasier homself as konst. Mokwena geïdentifiseer, en die bestuurder van die voertuig, wat glo die skelwerk gedoen het, het homself as konst. Mafabatho geïdentifiseer.

Van Vuuren (jr.) het daarna verskeie keer onsuksesvol die polisiekantoor op die dorp en 10111 gebel in 'n poging om klagte teen die betrokke polisiemanne in te dien en hulle van die plaas weg te kry.

Terwyl hy op die telefoon besig was, het Mafabatho gesê Van Vuuren kan Welkom, Bloemfontein en Pretoria bel, niemand sal of kan enigiets aan hom (Mafabatho) doen nie.

Nadat hy sy voertuig weggetrek en die polisiemanne beveel het om die plaas te verlaat, het hulle geweier en gesê hulle wag op versterkings.

Die versterkings, in nie minder nie as agt polisievoertuie, het daarna opgdaag.

Toe Van Vuuren daaroor navraag doen, is vir hom gesê dat hulle daarheen ontbied is. Hulle is glo (verkeerdelik) ingelig dat 'n plaaswerker op die plaas deur die boere aangerand word en dat die polisie wat die man wou help daarna aangeval, gevloek, met vuurwapens gedreig en die honde op hulle gesit is.

Van Vuuren (jr.) sê hy wil onder meer weet waarom daar nou klagte van regsverydeling en crimen injuria teen hom en sy pa ondersoek word. Hy wil ook weet wat die polisie met private aangeleenthede soos die bring van die R100 te doen het en dit boonop in 'n polisievoertuig terwyl hulle aan diens is.

Supt. Sam Makhele, provinsiale woordvoerder van die polisie, sê mense moet met hul klagtes eerste na die stasiekommissaris gaan waarna dit deur die regte kanale hanteer sal word.

Die polisiebestuur verstaan die erns van die bewerings, maar daar moet klagte teen polisiebeamptes wat dalk oortree, ingedien word sodat dit behoorlik ondersoek kan word.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2450135,00.html

Sunday, 14 December 2008

‘Seuns moet volk beskerm’

Kommandant Franz Jooste, uitvoerende hoof van die kommandokorps, gesels oor die "regse kindersoldate" en plaaskampe waar voornemende lede van die kommandokorps opgelei word om hulself in die "chaos van die land" te kan handhaaf. In die agtergrond is die Afrikanervlag - 'n weergawe van die ou Suid-Afrikaanse vlag sónder die Union Jack. (Foto: Craig Nieuwenhuizen)

13/12/2008 20:40 - (SA)

Marthinus van Vuuren

Pretoria

Jong Afrikanerseuns het sedert die afskaffing van diensplig ruggraatloos geword, sê kmdt. Franz Jooste, uitvoerende hoof van die Kommandokorps.

Hulle moet “opgelei” word om trots te wees op hulself en hul volk, om hul volk – die blanke Afrikanervolk – te beskerm.

Dít is waar die Kommandokorps in die prentjie kom. Oor dié organisasie het daar die afgelope week ’n storm losgebars nadat skoliere glo “ontvoer” is om “bomme te maak” om “swart mense aan te val”.

Die bewerings spruit uit die arrestasie van mnr. Wentzel Laubscher, ’n drilsersant van die korps, wat glo ’n 15-jarige seun vir dié doel ontvoer het.

Jooste, wat die bewerings ten sterkste ontken, was Vrydag steeds besig om vure dood te slaan.

“Een van die joernaliste het my gevra oor haatspraak. Daar is nie haatspraak in die Kommandokorps nie – daar is ’n haat vir misdadigers.”

Dit is wél ’n onbetwisbare feit dat die Kommandokorps net wit mense toelaat.

Dit is ’n “Afrikanerorganisasie” en die Afrikaner is ’n “blanke ras” midde-in ’n oorlog, verduidelik Jooste.

“Net soos die ANC vir Umkhonto we Sizwe en die PAC vir Apla as sterk arms het, het die Boere-Afrikanervolk die kommando as sterk arm.”

Jooste glo “ons” bevind ons in ’n guerrilla-oorlog waar die vyand aanval, onttrek en na die volgende gebied verskuif om net weer dieselfde te doen.

Dit is volksmoord.

“Ons wil net ons mense beskerm en as gevolg daarvan sit ’n man nou in die tronk.”

Die Kommandokorps het ’n defensiewe agenda, ’n agenda teen die vyand.

Hulle beoog om die leemte te vul wat weens die afskaffing van die kommandostelsel ontstaan het.

“Die vyand is nie noodwendig swart nie. Dit is enigiemand wat my of iemand na aan my se lewe of eiendom bedreig. Dit is ’n onsigbare vyand. Hy kom na jou toe en is offensief. Jý moet defensief optree.”

Die Kommandokorps, wat beheer word deur ’n “opperraad” van 12 direkteure en 8 “kommandement-bevelvoerders”, het vier (wettige) projekte om sy lede teen dié vyand te beskerm.

Dit is weerbaarheidsopleiding, kadetopleiding, leiervorming van oud-lede van die weermag en polisie en kommandostigting.

Weerbaarheidsopleiding behels dat lede van vuurwapens en huisbeveiliging geleer word.

Kadette is tussen 16 en 40 jaar oud.

Met dié projek word sterk klem gelê op dissipline tydens kampe waar daar gefokus word op netheid, orde, opdragte en drilwerk. Die kadette word ook geleer van veldkuns, spoorsny, kamoeflering, hakkejagoperasies (waarin aanvallers agternagesit word) en vuurwapens.

Jooste beklemtoon dat ploftoestelle nooit gebruik word nie, want hulle het dit nie nodig nie.

“Ons doen dit al van 2000 af en het meer as 1 000 kadette opgelei. Daar was nog nooit ’n voorval nie, want daar is militêre dissipline.”

Dit is juis die militêre dissipline wat voorkom dat kadette van die Kommandokorps om die verkeerde redes in die nuus beland.

“Ons wil keer dat jong seuns soos Johann Nel (die Skierlik-moordenaar) optree. Ons wil ook nóg ’n Boeremag voorkom. Hulle was Afrikanerseuns wat iets wou doen, toe doen hulle die verkeerde ding.

“Sulke frustrasies loop uit op onverantwoordelike optrede. Dit moet gekanaliseer word in sinvolle opleiding.”

Oorsprong:Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2441978,00.html

Friday, 12 December 2008

Op Kommando: Meer Misdaad en Geweldskonflik is ons Voorland

Nuut op Die nuwe Suid-Afrika (DnSA)! Die bekende rubriekskrywer Vlad du Plessis sal voortaan ook gereelde bydraes hier op DnSA lewer. Hieronder is sy eerste skrywe vir sy unieke en aktuele rubriek-kolom, alleen op DnSA, genaamd 'Op Kommando'.



(deur Vlad du Plessis)

Die sg “Minister van Binnelandse Sake” se stelling dat grensbeheer effektief afgeskaf word, is eenvoudig skokkend. Aldus die sogenaamde ‘minister’ behels die beleid dat daar eerder gepoog sal word om immigrasie te fasiliteer as om dit te beperk. Wat hierdie absurde benadering soveel vererger is dat die verslegtende krisis in Zimbabwe ‘n toename in onwettige immigrasie na Suid Afrika beteken. Hiermee het die kommunistiese bende wat Suid Afrika regeer basies aangekondig dat hulle die grense vir Sub-Sahara Afrika se 600 miljoen armlastiges amptelike oopgooi. Met hierdie beleid plaas die ANK-Kommunistiese Party-‘Cosatu’ sindikaat Suid Afrika op koers na algehele anargie.

Hoewel die amptelike syfer dui daarop dat ongeveer 30 000 onwettiges per maand intstroom het onafhanklike peilings reeds aangedui dat dit waarskynlik hoer as 100 000 per maand is. In ieder geval, dat Suid Afrika spoedig besig is om te ontaard in 'n land van mega krotstede, waar kilometers van uitgehongerde plakkerskampe klein eilande van middelklas blanke woonbuurte omsingel, is reeds die werklikheid. Hierdie plakkerskampe staan op die punt om mega vestings te raak met miljoene desperate afrikane wat die ‘wit eilande’ as hul hoof bron vir plundering en oorlewing sal aanwend. Die reeds gehawende sekerheidssituasie in blanke buurte staan op die punt om in groter anargie te verval. Voeg hierby die ANC se beleid om derduisende, selfs miljoene, swartes op oop areas in blanke buurtes te vestig, is dit duidelik dat blankes in Suid Afrika ‘n fisieke oorlewingstryd in die gesig staar.

Die ANK regime verklaar daagliks oorlog teen Afrikaners deur anti-wit haatspraak wat deur sy mondstuk die sg “SABC”, ANK gesinde koerante, sg. ‘dokumentere programme’, swart radio stasies en vanaf politieke verhoee verkondig word. (Hiermee saam sterk die Afrikaanse ANK-meeloper mediagroep, Media24/Naspers, ook die kleptokratiese ANK-regime deur konstant Afrikaners te probeer mislei oor die werklike stand van sake in die land). Elke dag word die swart massa herinner aan wie die vyand is. Die ‘vyand’ is u, die blanke, en meer spesifiek die Afrikaner. ANK se in effek vir sy ondersteuners: “Kyk, daar is die witman, hy is die vyand. Gaan vat van hom wat jy wil en doen met hom soos jy wil.” Dit is die mees populere vorm van sogenaamde ‘regstellende aksie’ in Suid Afrika.

Afrikaners kan nie langer bekostig om in ‘n toe-oe-sportbehepte-beswyming te verkeer waar daar geen bewustheid rondom hierdie oorlewingskrisis bestaan nie. Bewustheid, ingeligdheid en paraatheid moet deel van elke Afrikaner se denk en leefwyse word. Afrikaners moet opgelei word om hulself met elke moontlike wapen te verdedig. Hierdie skrywer beveel aan dat plattelandse en stedelike Afrikaners die Transvaalse Landbou Unie (TLU SA) se veiligheidsarm kontak om daardie organisasie se weerbaarheidsopleidingsprogramme by te woon. TLU het reeds ‘n oop uitnodiging aan Afrikaners gerig om sulke programme by te woon.

Soos in die onlangse Praag rubriek deur Gustav Venter, wil hierdie skrywer ook elke Afrikaner aanmoedig om ‘n vuurwapen te bekom en opgelei te word hoe om dit te hanteer. Afrikaners wat onderdruk verkeer om van wettige vuurwapens ontslae te raak moet kundige advies inwin oor die prosedure om sulke wapens en lisensies te behou. Om in hierdie dae van 'n vuurwapen ontslae te raak kan in effek so erg wees as om selfmoord te pleeg, aangesien daardie wapen jou lewe mag red.

Die situasie is reeds so sleg en gaan in die tyd wat kom so handuit ruk dat bo en behalwe die sporadiese aanvalle deur swart bendes, op wit huise, groter skaal aanvalle verwag kan word. Met die konstante haatspraak is dit gans moontlik dat massas uit die plakkerskampe hul op ‘n kritieke stadium kan opruk teen ‘n blanke buurt(e) en Afrikaners(blankes) voor die voet afmaai met kapmesse en vuurwapens.

Afrikaners in stedelike woonbuurte moet soos die Groen Ligte (georganiseer deur TLU Veiligheid) hulself in ‘n burgerwag organiseer. Elke woonbuurt moet oor opgeleide burgerwaglede beskik met ‘n sentrale bevelstruktuur. "Daar moet gebeurlikheidsplanne rondom verdedigingscenarios ontwikkel word. Sulke beplanning moet insluit hoe om aanvalle af te weer en hoe om ‘n woonbuurt, voorstad, dorp of selfs ganse stedelike gebied (soos Pretoria Oos) binne minute af te sluit en te verdedig."

Sulke planne kan ook aangewend word om ANK se planne, om die geforseerde invoer van arm swartes in Pretoria se blanke woonbuurte en voorstede, te voorkom.

Hoewel hierdie skrywer oor min kennis omtrent die nuutgestigte Kommandokorps beskik, word die advies hier verleen dat Afrikaners hulself verwittig met wat daardie organisasie se aktiwiteite en lidmaatskap behels. Indien dit wel 'n tipe burgerwagorganisasie is, soos dit blyk te wees, mag dit raadsaam wees vir Afrikaners om in groot getalle daarby aan te sluit.

Ons moet aanvaar dat FW de Klerk se verraderlike 1994 oorgawe aan ANK onvermydelik op ‘n geweldskonflik gaan uitloop waarin die swartmeerderheid ons finaal vanaf die Afrika kontinent gaan probeer afvee. Ons moet regstaan daarvoor. Afrikaners moet so georganiseerd wees, dat ons nie bloot reageer op die vyand se aanslag nie, maar dat ons die verloop van die konflik kan dikteer.

http://vlad.dienuwesuidafrika.com/

Lewer gerus kommentaar d.m.v die "Comments" skakel hieronder, of kliek hier.

Thursday, 24 May 2007

Rowers brand hoeweman se hande met strykyster

May 23 2007 09:07:45:227PM - (SA)

Linda de Beer

Rustenburg. – ’n Hoewebewoner van die Kroondal-omgewing se hande is met ’n strykyster gebrand toe hy oorval is terwyl hy Maandagaand sy motor geparkeer het.

Mnr. Johan Willem Senekal (69) van die Dinie Es- tates-kleinhoewes is deur vier gewapende aanvallers by sy huis ingedwing. Sy hande is vasgebind voordat dit met die strykyster gebrand is, het kapt. Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder, gesê.

Die rowers het met elektroniese toebehore uit Senekal se huis gevlug. Twee is in sy Toyota Land Cruiser vort, terwyl die ander twee vermoedelik in ’n Nissan Sentra gevlug het, het Augoustides gesê. Senekal het daarin geslaag om hom los te woel en hulp te ontbied.

Die Toyota is in die Kommandonek-omgewing opgespoor en lede van die Hartbeespoortdam-polisie se uniformtak het dit gevolg. Daar is op die polisie geskiet en hulle het teruggeskiet. Die bestuurder is in die linkerskouer gewond, terwyl die tweede verdagte weggehardloop het.

Die hoewe waar Senekal aangeval is, is glo skaars ’n kilometer van waar mnr. Hugo Wenhold (55) op 11 Mei geskiet is toe sewe gewapende mans hom en sy gesin aangeval het.

Dr. Paul Swart, DA-raadslid en inwoner van Kroondal, het aan Alta Snyman gesê die inwoners van dié omgewing is radeloos oor die toename in misdaad.

“My werkers het selfone vir hul veiligheid. Ek betaal een werker elke Sondag R50 om in my huis te sit terwyl ons in die kerk is, sodat daar iemand is wat ’n noodknoppie kan druk as daar moeilikheid is.”

Mnr. Herman Bals, lid van Rustenburg se gemeenskapspolisiëringsforum en oudkommandolid, het gesê misdaad het toegeneem sedert die kommando ontbind is. Min oudlede het nog as polisiereserviste aangesluit.

Enigiemand met inligting oor die aanval kan insp. Gys Coetzee van die Hartbeespoortdam-speurtak by 073 181 5907 bel.

Bron:News24/Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2118185,00.html

Sunday, 13 August 2006

‘Polisie’ val bejaarde boer en werkers aan

Linda de Beer 11/08/2006 11:51:13 PM - (SA)

BUHRMANNSDRIF. – ’n Bejaarde boer is met kookwater oor die bene en geslagsdele gebrand nadat hy en drie werkers deur die “polisie” by sy huis aangeval en met pepersproei in die gesig gespuit is.

Die aanval op mnr. Daantjie van Zyl (77), sy huiswerker en twee plaaswerkers kom ná twee weke waarin sy beesplaas byna heeltemal afgebrand en verskeie wapens Woensdag uit die kluis in die huis gesteel is.

Van Zyl is vir skok en brandwonde in die Victoria-hospitaal behandel, maar is gistermiddag ontslaan, het kapt. Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder, gesê.

Me. Santie Geldenhuys, voorsitter van die TLU se distrikslandbou-unie wat Van Zyl ná die voorval besoek het, het gesê hy en die werkers is onkant betrap omdat die aanvallers hulle as polisielede voorgedoen het. Volgens Augoustides het een van die aanvallers ’n polisie-uniform aangehad en die ander ’n weerkaatsbaadjie. ’n Derde verdagte het siviele klere aangehad.

Van Zyl het glo vir die huiswerker gesê om solank vir die “polisie” tee te maak terwyl hy aantrek. Hy het vermoed hulle is daar oor Woensdag se inbraak terwyl hy en sy vrou, wat gister in Mafikeng by die werk was, gehelp het om ’n brand elders op die plaas te blus.

Die aanvallers het die huiswerker oorval, die twee werkers wat op die werf was die huis ingeboender en hulle tot by Van Zyl se slaapkamer geneem. Hulle is met pepersproei in die gesig gespuit.

Die werkers is volgens Geldenhuys gedwing om op die grond te lê, terwyl Van Zyl op die bed moes lê. Sy hande is met die elektriese kabel van sy vrou se haardroër vasgebind. Die kookwater waarmee die huiswerker wou tee maak, is oor sy onderlyf uitgegooi.

Die aanvallers het glo geld gesoek. Volgens Geldenhuys het hulle Van Zyl gedreig dat hulle sy geslagsdele met messe sal afsny en hom verder met ’n strykyster brand as hy nie vir hulle sê waar geld is nie. Hy het aan hulle eise voldoen.

Die rowers het met ’n groot bedrag geld in Van Zyl se bakkie gevlug. Niemand is teen gistermiddag laat in hegtenis geneem nie.

Die Van Zyls was glo die afgelope twee weke die teiken van misdadigers. Byna die hele plaas is afgebrand in veldbrande wat vermoedelik kwaadwillig gestig is. Woensdag het die inbraak gevolg en gisteroggend die gewapende aanval. Van Zyl het deur Geldenhuys laat weet hy wil nie met die media praat nie.

Boere in die omgewing meen volgens Geldenhuys misdaad op plase het toegeneem sedert die plaaslike kommando moes sluit. Die polisie het glo geen struktuur gereed om die kommando te vervang nie.

Oorsprong:Die Burger
http://www.dieburger.com/Stories/News/11.0.975922292.aspx

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.