Sunday, 31 January 2010

Anatomie van 'n plaasaanval: Die verhaal van die Boshoffs



Foto 1: Louis & Bella in beter dae voor die aanval

Polisiesaaknommer: CAS 15 / 7 / 2009 (Koppies)
Streekshofsaaknommer: SHK 15 / 09 (D M Mosese en 2)

Slagoffers: Louis Jacobus Boshoff en Elizabeth Susanna Boshoff

Beskuldigde 1: Daniël Mosese
Beskuldigde 2: Mark Ramatsebe
Beskuldigde 3: Nelson Ramatsebe

Ondersoekbeampte: Chris Moschesane

KORT BESKRYWING VAN GEBEURE VANAF 12 JULIE 2009
Weergawe van Louis Jacobus Boshoff

Ek boer op my plaas Viljoenslaagte tussen Koppies en Kroonstad sedert 1964. Dit is waar my vrou Elsabé en ek in 1978 ons huwelikslewe begin het en waar ons ook ons kinders, Stoffel en Isabél, grootgemaak het. Laasgenoemde twee is natuurlik al uit die huis uit en lei hul eie lewens.

Op Sondagoggend, 12 Julie 2009, het Elsabé en ek die dag begin met die lees van Ps 67: 1-6. Die teks vir die dag is vers 3 “sodat Sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, Sy reddende krag onder al die nasies”. Die voorgestelde gebed in Uit die Beek is: “Rus ons vandag toe om werklik ’n verskil in hierdie wêreld te maak”.

Soos gewoonlik gaan maak ek vir ons rooibostee. Daarna stort, ek skeer, trek skoon onderklere en sokkies aan met ’n oorpakbroek en dik wolbaadjie bo-oor. Ek moet die weerstasie gaan lees en die diere versorg.

Teen ongeveer 07:30 stap ek by die agterdeur uit, weerstasieboek in die hand en die vier honde by my. Ek stap teenaan die enjinkamer verby om die hek vir die beeste oop te maak. Drie van die honde jaag die beeste aan maar Bella, die een Pointer, steek vas by die enjinkamer en blaf aanhoudend.

Ek lees die weerstasie, omtrent 50 meter verder en gee vir ‘n siek koei skoon water en meel. Bella blaf onophoudelik en heftig. Ek skree vir haar dat sy moet los, maar sy blaf net erger. Ek stap terug huistoe, weer by die enjinkamer verby. Ek roep Bella om huistoe te kom maar sy gaan net erger tekere. Ek was by die kamer verby, toe ek besluit om om te draai en te gaan kyk waarvoor Bella so blaf. (Vir foto van Louis & Bella in beter dae voor die aanval, sien Foto 1 hierby aangeheg.)

Toe ek omtrent 5 meter van die kamertjie kom, borrel twee manne daar uit. Die voorste een (Beskuldigde 1) met ‘n kous oor die kop - twee groot gate vir die oë en ‘n gat om die mond. Hy rig ‘n .38 special rewolwer op my en met sy linkerwysvinger oor die mond wys hy ek moet stilbly. Ek vra wat hulle soek, maar kry geen antwoord nie. Ek swaai my hande en sê ek is haastig, draai om en stap aan huistoe.

Ek het dadelik besef dit is ‘n plaasaanval en het na my vrou begin roep omdat ek geweet het sy sou gaan stort en die agterdeur waar ek uit is, nie gesluit is nie. Die een met die vuurwapen hardloop by my verby en in die huis in.

Die ander een (Beskuldigde 3) storm my met ’n kettie en met groot ongelyke loodballe skiet hy na my. Ek keer met die weerstasieboek, hardeband A4, vir my gesig en kop. Ek sê vir hom dat as hy my nou sou skiet, ek weet ek gaan na die Modimo toe, maar as ek hom sou doodmaak, gaan hy hel toe.


Foto 2: Louis in ISE

Ek merk uit die hoek van my oog dat die ander persoon met Elsabé by die agterdeur uitkom. Hy het haar aan die arm beetgehad en die rewolwer was op haar gerig. Sy was kaalvoet, het net haar slaapbaadjie aangehad met ‘n handdoek om haar onderlyf. Die temperatuur was 2°C. Ek het haar hardop hoor bid: “In die Naam van Jesus Christus bid ek dat U nou alle bose magte op hierdie plaas sal bind, Here!”

Die man met die kettie het vir Bella geskiet dat sy tjank. Ek het my vervies en gesê: “As jy weer my hond skiet, foeter ek jou.” Ek het my selfoon uit my sak gehaal en my naaste buurman gebel. Hy het nie geantwoord nie. Ek het ‘n boodskap gelos: “Manie, ons word aangeval, kan jy kom help?” Ek het die foon in my sak teruggesit en gemerk Elsabé het losgekom en in die huis teruggespring – die man met die rewolwer agterna.

Ek het na die agterdeur toe aangestap en die weerstasieboek op die tafel neergesit. Beskuldigde 3 het ‘n skoot, gemik na my kop, met die kettie afgetrek. Ek het met my arm gekeer vir my gesig en die loodbal het my naby die elmboog getref, die vel het oopgebars (die dokter het my later gevra waarmee ek daar gesteek is, hy moes 7 steke insit). Ek het vir die man gesê: ”Jy het my nou geskiet, en hier staan ek nog – jy sien die Modimo keer vir my, jy kan my niks doen nie.” Ek het gevra: ”Wat soek jy?” Geen antwoord nie. Hy sit weer ‘n loodbal in die velletjie om my te skiet. Ek storm op hom af, gryp die kettie met loodbal en al en gooi dit op die stoep se dak.

Ek draai na hom en sê: “Jy praat nie, ek weet nie wat jy wil hê nie. Ek is haastig, ek gaan kerk-toe.” Toe ek omdraai en op die stoep loop, sien ek die een met die vuurwapen is weer buite. Ek maak die sifdeur oop, klim die eerste trappie en toe sien ek uit die hoek van my oog die hand van Beskuldigde 3 wat die vuurwapen by Beskuldigde 1 vat.

Die volgende oomblik het die eerste skoot geklap. Ek het gevoel hoe die koeël my rug binnedring en deur my ingewande bars. Ek het deur die lug getrek, die tweede trappie op. Die tweede skoot het geklap en ek het gevoel hoe die koeël deur my linkerbeen bars. Ek het binne in die kombuis geval. Beskuldigde 1 het nadergestorm en my met pepersproei in die gesig gespuit. Ek het my oë styf toegeknyp en gevoel hoe my gesig brand.

Toe ek my oë weer oopmaak, was hulle weg. Ek het vorentoe geleun, die deur toegemaak en gesluit. Ek het ongeveer 3 meter gekruip tot in die woonkamer, weer die buurman probeer bel – steeds geen antwoord nie. Ek het sy vrou gebel – voicemail. Ek het my seun Stoffel gebel en gesê : “Hulle het my geskiet, kan jy kom help, asb.” Hy het onmiddellik bure en ‘n speurdervriend van Vredefort in kennis gestel.

Vir ’n skets van die misdaadtoneel, sien die aangehegte.

Skets van plaasaanval


Foto 3: Soektog na verdagtes

Elsabé het ingekom en met my gepraat, maar ek kon nie hoor nie – as gevolg van die slag van die rewolwer wat so naby afgevuur is. Daar het ‘n bakkie gestop by die agterdeur, dit was ‘n buurman Buks Engelbrecht. Hy en Elsabé het my gehelp om, kop omlaag, te kruip by die trappe af tot by die bakkie. Hulle het my in die bakkie gehelp, waar ek skuins gelê het en met knieë omhoog om soveel moontlik bloed in my kop te hou.

Ongeveer 15 – 20 minute later was ons by Kroon Hospitaal. Toe die bakkie stop, was die deur al oop en het hulle my op die trollie gehelp. Al die dokters, ongevallepersoneel, teaterspan, alles was gereed – die teater was voorberei. Hulle het my baadjie en skoene op die trollie uitgetrek en ek het iemand hoor sê: “Daar val ’n koeël.” Hulle het my onderhemp stukkend gesny en in die teater ingestoot. Ek kon my lengte, gewig en bloedgroep gee. Ek het die personeel naaste aan my se hande gevat en gebid: “Dankie Here dat U my tot hier gebring het. Help nou die mense wat met my gaan werk, want dit gaan moeilik wees.” Ek wou amen sê, maar kon nie... toe kom die woorde: “en my aanvallers, Here, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle gedoen het nie.”

Toe ek amen sê, het daar ’n vrede oor my gekom – dit moet die vrede wees waarvan in Matteus geskryf word: “Die vrede wat alle verstand te bowe gaan.” Op ’n stadium het ek vir ’n paar sekondes afgekyk na my liggaam op die teatertafel, met die mense wat rondom staan en met my werk. Dit was asof die Here vir my sê: “Wees rustig, jy is in goeie hande.”

Van die volgende paar dae weet ek maar min. Ek was aan ‘n asemhalingsmasjien en baie ander monitors gekoppel. Ek kon nie praat nie, my mond was te droog. Twee eenhede bloedplasma en 6 eenhede bloed is vir my oorgetap, maar die bloedtelling het laag gebly. Ek het later verneem dat my milt en ’n gedeelte van my pankreas verwyder is , asook dat die koeël dwarsdeur my maag en deur my lewer is. My bloeddruk was die heeltyd baie laag en my liggaamsfunksies het gesukkel. My linkerlong was wel nie deur die koeël getref nie, maar het baie plofskade gehad as gevolg van die slag. (Sien Foto 2 van my in die ISE hierby aangeheg.)

Ek het verneem dat die Polisie en boere nog dieselfde dag van die aanval twee verdagtes ongeveer 6 km van ons huis vasgetrek en inhegtenis geneem het. Later die middag is die persoon wat hul kom aflaai het en weer moes oplaai, ook naby Vredefort in die motor in hegtenis geneem.


Foto 4: Verdagtes vasgetrek

Ná drie weke moes ek weer ‘n uiters pynlike operasie ondergaan om dooie weefsel as gevolg van die plofeffek van die koeël te verwyder - daar was ‘n holte van 13 x 13 x 17 cm, gevul met etter en dooie weefsel. Die narkotiseur het my later meegedeel dat hul op die dag wat ek geskiet is, alles gedoen het wat die boeke leer, maar dat dit nie genoeg was nie – ek was klinies dood, maar die Here het ingegryp en my teruggebring.

As gevolg van sekere medikasie wou my oë nie fokus nie. Elsabé en die kinders het gereeld vir my uit die Bybel voorgelees. Toe ek later beter kon sien en bietjie meer regop kon lê, het ek my Bybel een oggend geneem en oopgemaak by Psalm 94. Vers 17 het my getref: “As die Here my nie gehelp het nie, was die stilte van die graf seker al my tuiste.”

Ek is presies 40 dae later, waarvan 38 in die intensiewe hoësorgeenheid (ISE), uit die hospitaal ontslaan. Ek het belangrike organe verloor en was baie swak. Ek kon nie eet nie en het twee gapende wonde gehad. Ek moes daagliks by Ongevalle aanmeld om die wonde skoon te laat maak en te verpak – die hospitaal is 60 km van my huis af. Die laaste wond was eers vier en ‘n halwe maande later toegegroei. Die hospitaal en dokterskostes beloop reeds bykans R600 000 – dan is brandstof en alles wat in die boerdery skade gely het, nog nie eens genoem nie.


Foto 5: Verdagtes vasgetrek

Ek het tans steeds ‘n groot wondbreuk wat baie ongemaklik en pynlik is en wat volgens die mening van ’n chirurg deur ’n operasie herstel moet word. Van al die hofverskynings, borgaansoek en alles wat daarmee saamloop, weet ek nie veel nie. Ek was òf in die hospitaal of te swak om dit by te woon.

Hoewel ek my aanvallers vergewe het, het ek vertrou dat die regsproses en hofsaak daartoe sal lei dat reg en geregtigheid geskied. Nadat die saak talle wendinge geneem het en die werklike verhoor telkens uitgestel is, was die uitspraak van die landdroshof op 11 Desember 2009 te Kroonstad vir my ‘n groot skok. Beskuldigde 3 wat my geskiet het en vir dood agtergelaat het, is slegs agt jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan hy waarskynlik nie die volle termyn sal uitdien nie voordat parool toegestaan word. Beskuldigde 1, wat heeltyd die vuurwapen gedra het, dit op my en my vrou gerig het, haar gedreig het met verkragting en die dood en my met pepersproei in die gesig gespuit het nadat ek geskiet is, het as gevolg van “’n pleitooreenkoms” skotvry uit die hof gestap. So ook Beskuldigde 2, wat die vervoervoertuig na en van die misdaadtoneel bestuur het.

Ek kan hierdie hofuitspraak en –reëling eenvoudig nie begryp nie. Behalwe dat dit skrei teen enige redelike sin vir geregtigheid, is dit nie bevorderlik vir emosionele verwerking nie.

Weergawe Elizabeth Susanna Boshoff

Sondagoggend 12 Julie 2009 – ’n rustige Sondagoggend. Ek is in die badkamer – het klaar my gesig gewas en reeds my pajamabroek uitgetrek om te stort. Ek hoor die honde blaf en Louis skree. My eerste gedagte is dat die honde die beeste jaag en hy op hulle skree, maar die geskree word erger. Toe hoor ek hy skree my naam, baie dringend en besef daar is groot fout.

Ek gryp ‘n handdoek, draai dit om my kaal onderlyf, sit my bril op en hardloop by die kamerdeur uit om by die agterdeur te gaan hoor wat fout is. Toe ek in die gang kom, sien ek op die ander punt van die gang ‘n kort man met ‘n kous oor die kop, groot gate uitgesny vir die oë en ‘n gat vir die mond. Dit was Beskuldigde 1. Hy het ‘n blinkloop vuurwapen wat hy met albei hande vashou, op my rig en hy skree vir my: “Staan stil, ek maak jou dood vandag!”

Ek kom tot stilstand en bid hardop tot God vir beskerming en hulp. Die man kom staan voor my. Hy het handskoene aan en ek sien die blink loop van sy vuurwapen waar hy dit voor my gesig hou en hoor hom sê dat hy my gaan “naai” en my gaan “doodmaak.”

Ek vra hom wat hy eintlik wil hê. Hy sê hy soek geld. Ek is baie kalm, sê ek het geld en kan dit vir hom gee. Hy sê nee, hy “gaan my naai en my doodmaak.” Ek probeer verder onderhandel: “As jy my doodmaak, kan ek nie vir jou geld gee nie.”

Ek kyk die man heeltyd vas in sy oë, oor die rewolwer wat hy in my gesig druk. Ek sê weer: “Moet ek nou vir jou geld gee?” “Nee, ek gaan jou naai en ek gaan jou doodmaak.”

Ek roep weer hardop na God. Die man lyk of hy bewe, hy’s onseker, maar hou steeds die rewolwer in my gesig. Ek sê: “Dis reg, dan moet jy my maar doodmaak …maar jy moet onthou: As jy my doodgemaak het, kan ek nie vir jou geld gee nie.” Nou lyk dit of hy nie weet wat hy verder moet doen nie.


Foto 6: Belangstellendes by die hof

“Kom”, sê hy en gryp my aan my arm, trek my die gang af en uit by die agterdeur. Toe ek op die stoep kom, sien ek Louis en ‘n groot man, geklee in ‘n denim “boiler suit” en met klapmus op die kop (Beskuldigde 3), kom om die hoek van die stoor. Ek hoor dat Louis aan hom vra: “Ken jy vir Jesus Christus?” Die man antwoord niks en Louis sê vir hom dat hy op pad hel toe is. Ek roep weer hardop tot God en vra Hom om in die Naam van Jesus alle bose magte op die werf te bind.

Beskuldigde 1 los my en hardloop nader na Louis en Beskuldigde 3. Ek spring om en hardloop terug in die huis in maar hoor dat die sifdeur agter my klap en besef Beskuldigde 1 agtervolg my. Die eerste deur in die gang is dié van die kamer wat my seun s’n was. Ek klap dit toe en sluit net betyds. Beskuldigde 1 skop die deur met mag en mening en die slot wil-wil meegee. Dan gee hy op en ek hoor hom in die gang afhardloop.

Ek sluit die deur oop, kry Louis se rewolwer, maar besluit om net eers weer my slaapbroek aan te trek want ek het nog altyd net die handdoek om my onderlyf. Ek hoor twee skote klap namekaar. My bloed stol, want ek kan hoor dit was raak. Ek tel die pistool van die bed op en, hoe dit gebeur het, weet ek nie, want ‘n skoot gaan af. Die koeël slaan in die kamermuur vas.

Ek hol kombuis toe. Daar kry ek Louis op die vloer en hoor hom sê dat hulle hom twee skote geskiet het. Ek sien daar is bloed agter sy blad en ‘n bloedkol op sy maag en baie bloed aan sy linkerbobeen. Hy is baie bleek en ek besef hy bloei inwendig kwaai en moet baie gou by ‘n hospitaal kom.

Ek bel die Polisie op Koppies, maar die dame wat antwoord kan my nie verstaan nie. Ek gee moed op om my by haar verstaanbaar te maak en sit die foon neer. Buks Engelbrecht, ‘n buurman daag op en uiteindelik het ons Louis in die bakkie en hy jaag met hom na Kroon Hospitaal.


Foto 7: Mense bid by die hof

Nadat hul vertrek het, skakel ek vir Morné de Wet, Polisie-offisier van Kroonstad, wat naby ons woon. Hy bied aan om die Polisie in kennis te stel. Heelwat later daag die plaaslike Polisie op – hulle stel egter duidelik baie meer belang in die skoot wat ek in die kamer afgevuur het as in die toneel buite die huis waar Louis geskiet is.

Vingerafdrukdeskundiges daag ook later op en begin afdrukke neem van merke waar die man gevat het toe hy die deur probeer oopskop het. Op daardie stadium daag ons dogter, Isabel, op. Sy is in erge toestand van skok. Sy begin foto’s neem van die toneel en van die afdrukke op die deur. Die stasiebevelvoerder van die SAPD tak op Koppies, (in siviele klere) supt. Ismael Nqai, storm op haar af en vloek haar – beveel haar om te “f-off” uit die huis want sy is besig om met polisiewerk te “ interfere”. Die bevelvoerder, in die gemeenskap is bekend as arrogant en rassisties, dreig om die Polisie te onttrek van die toneel.

Gelukkig was Vrystaat Landbou Unie se manne - intelligensie en spoorsnyers – gou op die toneel en het hul beheer geneem van die soektog na die verdagtes. Supt. Nqai soek aanmekaar moeilikheid op die werf met op- en aanmerkings – soveel so dat ek hom versoek om dit te staak en sy aandag by die ondersoek te bepaal.

Ek is haastig om by die hospitaal te kom om by my man te wees, maar die polisie wil nog vrae vra en verklarings afneem – maar kom ook nie sover nie. Op een stadium was daar 12 Polisielede wat deur my huis loop en in elke vertrek rondkyk, niks te doen met die toneel buite nie. Een Polisieman laat my twee blanko foliovelle teken en eers later besef ek wat ek gedoen het. Niemand het ‘n verklaring afgeneem nie, hulle gaan hul eie verklaring skryf op die papier wat ek geteken het. Die manne van Vrystaat Landbou het gereël vir honde en vir ‘n helikopter. Hul twee spoorsnyers het vinnig die spore opgetel, terwyl die plaaslike boere hul bystaan deur die paaie rondom die plaas te patrolleer en af te sper.

Net voor ek na die hospitaal vertrek, teen ongeveer 12:30, verneem ons dat twee verdagtes vasgetrek is. (Sien Fotos 3, 4 en 5 van die soektog en inhegtenisnames hierby aangeheg.) Op die toneel, waar boere teenwoordig is, word daar aan een van die verdagtes gevra wie gesê hy moet na hierdie plaas kom. Hy noem ‘n naam van ‘n jongman aan ons bekend. Aby is die seun van een van ons plaaswerkers, sy ma is my huisbediende. Hy woon in Kwakwatsi by Koppies is is werkloos. Sy naam word aan die polisie deurgegee – die ondersoekbeampte en plaaslike speurders. Ek het agterna ’n paar keer navraag gedoen of dit opgevolg is, maar kon nooit bevestiging kry dat die inligting opgevolg is nie.

Op pad Kroonstad toe deel my buurvrou, Gertrude Engelbrecht wat by die hospitaal is, my mee dat die dokters so pas uit die teater gekom en en haar gevra het om my voor te berei op die ergste - hulle het gedoen wat menslik moontlik is, maar my man se milt en helfte van sy pankreas is verwyder en die koeël is dwarsdeur sy maag en sy lewer. Hy het geweldig baie bloed verloor en sy bloeddruk is gevaarlik laag. Hy is aan lewensondersteunende masjiene gekoppel en word in die intensiewe sorgeenheid behandel.


Foto 8: Bella vergiftig

Later die middag ontvang my dogter ‘n oproep van supt. Nqai waarin hy haar meedeel dat ‘n derde verdagte in hegtenis geneem is – die persoon wat die ander twee afgelaai het en weer moes kom oplaai (Beskuldigde 2). Hy het ook aan haar gesê dat laasgenoemde ‘n hoeveelheid ammunisie aan die Polisie oorhandig het en dat die verdagtes aan die Polisie beken het dat hul al ’n paar Sondae op die werf was om ons doen en late dop te hou – hul het Louis se Sondagoggend roetine aan die polisie beskryf en ook genoem dat ons kinders altyd Sondag by ons kom eet en kuier, daarom kon hul nie op ‘n Sondagmiddag inkom nie. Ons ken die verdagtes van geen kant af nie en het hulle nooit voorheen gesien nie.

Op 16 Julie 2009, verskyn die verdagtes in die landdroshof op Koppies vir ‘n aansoek om borgtog. Die ondersoekbeampte, mnr. Chris Moschesane, deel my mee dat die Polisie borgtog gaan teenstaan aangesien die wapen 14 maande tevore by ’n bejaarde egpaar in ’n plaasaanval in Sasolburg-distrik geroof is en dat die verdagtes verbind word met daardie voorval. Baie mense, swart en wit, drom saam voor die landdroskantoor waar ds Etienne Maritz die skare toespreek en almal wat op hul kniee kan staan, voor God in gebed kniel. (Sien Fotos 6 en 7 van tonele by hof hierby aangeheg.) Die hofsaal word volgepak terwyl baie mense buite by my bly. Die borgaansoek word uitgestel en die verdagtes bly in aanhouding.

Met die tweede verskyning word die aansoek weer uitgestel.

Dan verskyn hulle weer. Die ondersoekbeampte vra in die hof dat Louis ‘n uitkenningsparade sal bywoon – min wetend dat hy die vorige dag weer geopereer is en aan ‘n respirator in die ISE gekoppel lê. Die saak word weer uitgestel.

Die ondersoekbeampte vra my om die verdagtes te gaan uitken. Ek stem in, maar vra wanneer hy dan my verklaring gaan afneem, waarop hy antwoord dat daar reeds ‘n verklaring in die lêer is. So vind ek uit dat daar namens my ‘n verklaring geskryf is. Ek vra hom om na my huis te kom, wat hy doen. Hy lees die verklaring in die lêer vir my voor, maar na die eerste paragraaf vra ek hom om liewer my regte verklaring af te neem, want wat hy het is beslis nie die ware weergawe van die gebeure nie.

Ek stem in tot ‘n uitkenningsparade en vra of dit agter glas sal wees. So vertrek ek op die oggend, soos afgespreek, na Sasolburg. Ek word ontvang en gehelp deur twee blanke Polisiebeamptes, inspekteurs De Jager en Olivier. Hulle verduidelik die prosedure aan my en ek kom agter dat daar nie op Sasolburg glasfasiliteite vir ’n uitkenningsparade beskikbaar is nie. Hulle stel aan my die keuse of ek wil voortgaan met uitkenning. Aangesien ek spesiaal na Sasolburg gery het, stem ek in om voort te gaan.

Dieselfde twee beamptes vergesel my na die gevangenis. Hulle is professioneel en ondersteunend. Voordat ek deur die laaste hekke in die tronk gaan, word die prosedure weer aan my verduidelik. So word die laaste hek oopgesluit en ek word gehelp om agteruit in die binnehof te stap. By die vensters, wat almal op die binnehof uitkyk, hang honderde gevangenes aan die tralies en staar na my. Toe ek mag omdraai, kyk ek in die gesig van die man wat by my in die huis was – hy kyk vinnig weg. Ek loop op en af voor die 15 gevangenes wat opgestel is, verby. Ek gaan staan by die man wat by my in die huis was – ek wys na hom terwyl ‘n foto geneem word en ek sê: “Hy het my met ‘n rewolwer aangehou en gesê hy gaan my verkrag en my doodmaak.” Hy kyk vir my met ‘n spottende uitdrukking op sy gesig. Dan stap ek verder. Ek gaan staan voor die ouer man met die vol postuur. Hy staar stip voor hom uit. Ek wys na hom en sê: “Hy het my man geskiet.” Hy knip nie ‘n oog nie.

Nog ‘n hofverskyning breek aan. Die ondersoekbeampte kry ‘n beurt om te getuig wat die betrokke dag gebeur het. Ek sit en luister na die kruisondervraging deur die staat en die verdagtes se prokureur. Dit voel of ek later alles van elkeen weet – waar hy gebore is, gewerk het en gebly het, hoeveel kinders hy het, vorige veroordelings, ens. Daar word getuig hoe die eerste twee gearresteer is, hoe die verdagte wat die ander afgelaai het en weer moes kom oplaai, gearresteer is, hoe die onwettige ammunisie deur hom aan die Polisie uitgewys en oorhandig is. Ek hoor hoe die een wat geskiet het, (Beskuldigde 3) kleitrap oor die oorsprong van die wapen waarmee geskiet is. Onder kruisverhoor tel ek die een teenstrydigheid na die ander op – die getuies weerspreek hulself. Die hof verdaag vir middagete en na die breek word uitspraak gelewer: Borgtog word geweier en hulle bly in aanhouding.

Op Sondagaand 15 November 2009 was ons tussen 17:30 en 19:30 weg van die huis. Met ons terugkeer is daar geen spoor van ons twee kwaaiste honde nie. Ons het geroep en gesoek, die volgende dag verder gesoek en uiteindelik altwee gekry – dood. Die tekens was duidelik dat hul vergiftig is. Die trauma en seer was weer rou oopgekrap. Die honde was vir ons soos kinders. Bella wat die aanvallers uitgewys het, was Louis se skaduwee en Michaela was Isabel se agtjarige ”kind”. (Sien Foto 8 Bella vergiftig.)


Foto 9: Beskuldigde 3

So stap die tyd aan en ek hoor niks verder van die saak nie. Elke keer as die ondersoekbeampte skakel sê hy hy sal my terugskakel met die volgende datum, maar daar gebeur niks. Ek gaan sien die plaaslike aanklaer – sy kan my niks sê nie, die saak is uit haar hande want dit is na die streekshof verwys.

Weer en weer skakel ek die ondersoekbeampte en op ‘n dag deel hy my mee dat daar ‘n datum bepaal is waarop hulle verskyn en dat dit net sal wees om die datum vir die streekshof te bepaal. Ek kan nie die hofverrigtinge bywoon nie en toe ek navraag doen, vind ek uit dat die ondersoekbeampte dit ook nie bygewoon het nie en nie weet wat gebeur het nie. Ek bly vra en vra, sonder om terugvoer te kry. Gedurende die eerste week in Desember stap ek te Kroonstad by die kantoor van die staatsaanklaer Christine in. Sy deel my mee dat die beskuldigdes op 11 Desember 2009 in die streekshof te Koppies sal verskyn. (Sien aangeheg Foto 9 van Beskuldigde 2 en Foto 10 van Beskuldigde 3.)

Op Vrydag 11 Desember, gaan ek na Koppies om die hofsitting by te woon. By die hof aangekom, weet niemand hoe laat die prokureur sal opdaag nie, maar ‘n swartman kom na my en vra of hy my kan help. Ek deel hom mee dat ek daar is vir die streekshof saak en dat ek mev. Boshoff is. Dit blyk uit die gesprek dat hy die staatsaanklaer is wat die saak behartig, mnr. Jerry Noge. Die interessante is dat hy my vra wie vir my gesê het dat die saak vandag voorkom en of die Polisie my laat weet het. Ek het agterna eers besef hy het dit so gesê asof ek nie daarvan moes geweet het en nie daar moes wees nie?? Ek het hom meegedeel dat ek maar die saak volg en dat ek navraag gedoen het en so uitgevind het.

So begin die hofsitting met landdros Rudi Smit op die bank. Die aanklaer trek namens die staat alle beskuldigings terug teen Beskuldigdes 1 en 2 . Dit word so aanvaar en afgehandel. Ek kon my ore nie glo nie . . . die man (Beskuldigde 1) wat heeltyd die rewolwer gedra het, dit op my man en op my gerig het, wat in my huis ingekom het, geskree het dat ek moet stilstaan want hy gaan my vandag doodmaak, ‘n pistool in my gesig gedruk het en herhaalde kere gesê het hy gaan my verkrag en doodmaak, wat die deur amper oopgeskop het toe ek my in ‘n kamer toegesluit het. . . is vry, die staat trek alles terug! Die ander een (Beskuldigde 2) wat by die borgaansoek erken het dat hy die mense afgelaai het en weer moes oplaai, in wie se huis die onwettige ammunisie uitgehaal is, is onskuldig, vry om te gaan!


Foto 10: Beskuldigde 2

Ek luister na die skulderkenning van Beskuldigde 3 wat deur die prokureur voorgelees word. Daar word vertoë gelewer dat hy ‘n man van van 57 is wat die eerste keer met die gereg bots. Ek was egter met die borgaansoek in die hof toe sy veroordelings vir veediefstal ter sprake was. Die landdros aanvaar die skulderkenning, hy aanvaar dat hierdie man die eerste keer met die gereg bots en dat hy sy samewerking gee. Hy noem dat die man met ‘n vuurwapen na die werf gegaan het – dit was sy bedoeling om te skiet. Hy het ‘n tweede skoot afgetrek, hy wou doodmaak. Hy erken dat dit ‘n plaasaanval was en dat die boere as die kosvoorsieners van die land op brutale wyse vermoor word.

En toe kom die uitspraak: Op aanklag 1, poging tot moord, kry hy 8 jaar. Op aanklag 2, besit van ‘n onwettige vuurwapen, kry hy 3 jaar. Nou is dit glo sy oorlede swaer se wapen, maar in die borgsaak was dit ‘n wapen wat hy per ongeluk saam met ‘n sak klere bekom het - volgens die ondersoekbeampte, ‘n wapen wat 14 maande tevore in ‘n plaasaanval op ‘n bejaarde egpaar geroof is! Op aanklag 3, onwettige besit van ammunisie, 6 maande – nou’s hy skuldig aan die besit van die ammunisie, maar in die borgsaak het sy seun, Beskuldigde 2, dit by sy woonplek uitgewys en daarvoor tereg gestaan. Al die vonnisse word gelyk uitgedien.

Ek is stomgeslaan. Ek het die borgaansoeke gevolg, al die detail en aanklagte aangehoor, maar nou klink dit na ‘n heel ander saak? Hoe gebeur dit? Waar verander die aanklagte so maklik, wie laat dit toe? Is daar sommer vooraf oor die vonnis ook besluit soos daar vooraf besluit is dat die saak teen Beskuldigdes 1 en 2 teruggetrek word? Ek is die slagoffer in die saak maar ek word nie toegelaat om ‘n enkele woord te sê nie, nie gevra wat die waarheid is nie, op geen stadium gevra om te getuig nie? Behalwe vir die verklaring, wat ek aangedring het om af te lê, het niemand my gevra wat die waarheid is nie. Ek word van geen hofverskyning in kennis gestel nie?!

As die beskuldigdes ‘n verklaring afgelê het oor die gebeure van daardie dag, wat het hulle verklaar. Was dit die waarheid? As die man wat geskiet het, skuld erken het, wat het hy erken? Hoe sal ek weet? Hoe sal die staatsaanklaer weet wat die waarheid is? Kan ek dan ook nou maar doodmaak, roof, steel, dreig en dan my verklaring gaan afle – wie toets dit aan die waarheid? Is dit hoe die regstelsel (behoort te) werk?!

Watter boodskap is daar in die hof uitgedra – plaasmoorde is aanvaarbaar - jul kan maar aangaan en julself geniet want julle sal maklik vrykom?

Toe ek ná die verrigtinge aan die aanklaer vra hoe dit kan gebeur dat die saak sommer so deur die staat teruggetrek word, was sy antwoord: ”Ons het maar so besluit.”

Wie is die “ons”? Die plaaslike landdros het aanvanklik borgtog geweier omdat hy gereken het die verdagtes kan nie in die gemeenskap losgelaat word nie, ook as gevolg van vorige rekords, vonnisse wat hyself Beskuldigde 3 opgelê het, maar nou is hulle skielik vry om te gaan sonder dat hulle eers verhoor word? Ek vra die vraag: Wie is hierdie “ons” wat dit besluit het?

Die man wat die sneller getrek het, kry 8 jaar tronkstraf. Hy klink na ‘n onbesproke karakter wanneer hy in die beskuldigdebank staan, want hy is, word in die hof gesê, 57 jaar oud en dis die eerste keer dat hy met die gereg bots – terwyl hy al veroordelings vir veediefstal het en hy alles (ons weet net nie wat alles nie) erken het en sy samewerking gegee het, dit alles tel punte om sy straf ligter te maak!

Hy het ’n onskuldige bona fide boer op ‘n afstand van minder as 2 meter in die rug geskiet met ‘n onwettige wapen en hy het ‘n tweede skoot ook geskiet – hy wou doodmaak!?

Ek voel baie sterk daaroor dat die regstelsel ons as slagoffers hier skandelik gefaal het!!

Ek wonder of iemand wat nog nie deur sulke omstandighede getref is nie, werklik besef wat dit beteken. Dit raak ‘n gesin, ‘n familie, ‘n gemeenskap. Dit het lewensveranderende gevolge en laat letsels wat nie in woorde uitgedruk kan word nie:

Dokters wat moet veg vir ‘n lewe, intensiewesorg, ens. – koste beloop reeds bykans R600 000.

Eggenote, self getraumatiseer deur aanhouding en dreigemente met ‘n vuurwapen, kritiek siek man in die hospitaal ondersteun, kinders kalmeer en ondersteun, beskuldigdes, wat nou sommer so vrygelaat word in moeilike omstandighede in die tronk uitken, boerdery behartig. Baie vrae, onsekerheid – wat is die motief?

Jongmense, wie se ouers aangeval is, wie se vader geskiet is, wie se honde vergiftig is, wat hul seer en frustrasies moet deurwerk. Net soveel vrae by hulle. Hulle wil graag in Suid-Afrika, hul vaderland bly en dit help opbou.

Dogter wat deur die polisiehoof uit haar ouerhuis gevloek word.

‘n Boerdery wat tot stilstand geruk word, maar wat moet aangaan, want diere hou nie op leef nie en moet versorg word.

Die vrae wat ons het en ons versoek:

Is dit normale prosedure dat ‘n persoon wat ‘n vuurwapen op my man rig, my met dieselfde wapen aanhou, my dreig met verkragting en die dood, my uit die huis sleep, my huis se deure probeer afskop, ‘n persoon wat reeds twee skote geskiet is met pepersproei in die gesig spuit, nie vervolg word nie?

Is dit normale prosedure dat aangeklaagdes se vorige veroordelings en rekords geignoreer word wanneer hul op ‘n volgende aanklag verskyn?

Is dit normale prosedure om die saak vinnig-vinnig af te handel, sonder om die slagoffers van hofdatums, eintlik van enigiets , te verwittig? Is dit normaal dat slagoffer se getuienis, verklaring nie in ag geneem word nie?

Is die boodskap wat deur hierdie betrokke saak uitgegaan het, téén geweld teen vroue en téén plaasmoorde of kon die teenwoordiges in die hof dalk tot die gevolgtekking gekom het dat ‘n mens maar kan voortgaan om sulke dade te pleeg, jy maklik sal loskom?

Sin uit die feite: ‘n Tweede skoot is afgetrek, om dood te maak, deur ‘n man wat met voorbedagde rade na die plaas gekom het, maar hy kry 8 jaar en sy medepligtiges loop vry uit – my man was eintlik klinies dood – volgens die dokters is dit ’n wonderwerk uit God se hand dat hy lewe.

Die versoek van ons, Louis en Elsabé, is dat wie ookal in ’n posisie is om verder aandag aan hierdie saak te gee of wie ookal statutêr verplig is om daaraan aandag te gee en dit na volle regslotsom te neem, dit asb. sal doen. Ons lê dit so aan u voor – ter wille van reg en geregtigheid, van ander bestaande sowel as potensiële slagoffers en ter wille van Christelike beskaafdheid.

Oorsprong:Ditsem Vrystaat
http://ditsem.net/boshoffs.php

Monday, 14 December 2009

Afrikaners verwerp Roelf Meyer se verskonings

Repliek van Rapport-lesers op Roelf Meyer se rubriek:

Ben
12/12/2009 10:27:05 PM
Wat ek wil weet is net een ding. Met die 200 000 plus wat vermoor was die afgelope 15 jaar,die honderde duisende wat verkrag en aan AIDS dood is, die ekonomie wat in duie gestort het,die poelieste,weermag en army wat in duie gestort het.

As apartheid en onluste gebly het,sou daar soveel mense vermoor gewees het, sou daar so n hongersnood onder die arm mense van Suid Afrika geheers het. My vraag is, met al julle gedebateerdery, is jy Roelf Meyer, FW de Klerk, Pik Botha [en die ander wat nog leef] Voete was [ek is in my m...r in] Vlok, trots op hierdie algehele orgie wat julle idee van demokrasie op uitgeloop het.

Hoe slaap julle,en ek sien jou nie baie by begrafnisse om met mense te simpatiseer oor hulle verlies a.gv. jou gemors 20 jaar gelede nie.

Ek hoop jy word die lewe gespaar om te sien wat volgende jaar gaan gebeur.

Danie
12/12/2009 10:35:14 PM
Ja Roelf, jou voorbeeld is n bietjie misplaas ou beer. Net die week is uitgewys dat Binnelandse Sake die korrupste van hulle almal is.

Jy kon seker nie n ander voorbeeld noem nie. Is buitelandse sake nie die week as die mees korrupste van hulle almal uitgewys nie. Was daar nie tien toegesluit onlangs nie. Wat sal jy se ou Roelf,hoe voel jy oor elke vermoorde,verkragte en die poelieste wat die vrouens so in die selle verkrag.

Jy voel seker suksesvol om dat julle die land in annargie laat verval het. Nie eens gedink jy leef eers meer nie.

Henri Le Riche
12/12/2009 10:42:02 PM
Mnr. Meyer. Dankie vir die antwoorde en verstaanbaar maar een antwoord kort wat baie mense vandag vra, Links tot regs. Dit is. Kon julle nie die Afrikaner in 'n beter situasie onderhandel het nie? Kultuur, taal, polities, en vokstaat vir dié wat dit wou hê?

Die meeste mense voel vandag dinge het verkeerd geloop by die onderhandelinge.

Kokkie
12/12/2009 10:49:44 PM
Roelf, ek wil vir jou reguit se dat ek vir jou, Leon Wessels en F.W. met 'n passie minag. Hoe julle dit ook nou al wil goedpraat, sal niks help nie. Julle sal in die annale opgeteken staan as die grootste verraaiers in hierdie land se geskiedenis. Cyril Ramaphosa het met julle gemors, letterlik die vloer gevee. Nou vra jy die vraag : " Hoe sou dit gewees het as ons nie gedoen het wat ons gedoen het in die vroee 1990's nie ? "

Toe, profeet Roelf, vertel 'n bietjie vir ons hoe dit sou gewees het...ons luister graag. Moet net nie weer met die N.P. se bangmaakstories van destyds begin nie. Dis twak!

Dan vra jy ook: "Hoe sou dit gewees het as ons nie verander het nie?" Daarop wil ek vir jou se dat dit beslis nie slegter daaraan toe kon gaan as wat dit vandag die geval is nie.(met natuurlik die uitsondering van julle ouens op die soustrein.) Almal het geweet dat verandering moes kom, maar daaronder het ons verantwoordelike en ordelike verandering bedoel. Vir julle het verandering KAPITULASIE beteken. En dit is inderdaad wat julle gedoen het.

Met julle gladde bekke en bangmaakstories het julle goedgelowige mense belieg en bedrieg. Julle het Suid - Afrika uitverkoop om die korrupste land ter wereld te word. Of miskien was die vorige regering net baie meer gesofistikeerd in sy korrupsie en het hy dit beter verbloem ? Jy behoort te weet.

Is dit nodig om areas uit te wys waar dit nie goed gaan nie? (Dit sou makliker wees om te meld waar dit goed gaan.) Op elke terrein van ons volkshuishouding gaan dit daagliks slegter en slegter. Jy soek nou die antwoord op daardie vrae, tewyl dit oor en oor destyds aan julle uitgespel is. Maar julle het so hard vir die kameras gespeel dat julle nie na gesonde raad kon luister nie.

Oor jou enkele voorbeeld van die I.D.-dokumente...Twak...Belaglik ! verduidelik ook sommer EERLIK (as jy dit kan doen) hoekom ons mense deesdae ten duurste visas moet bekom om die V.K. te besoek. Bly liewer net stil en verdwyn van die toneel af.

Denker
12/12/2009 11:06:00 PM
As Noord Korea, Iran en Venezuela die hele Westerse wereld gyselaar kan hou met hulle lee drygemente, hoekom kon Suid Afrika dannie ALLES in ons arsenaal gebruik het om beter terme by die onderhandelings tafel af te dwing nie?

Ons het atoombomme gehad en die beste weermag op die kontinent. Die idee sou nooit wees om vas te klou aan die mag nie, maar wel om dit as dreigement te gebruik om ons onderhandelings posisie te versterk.

Beter beskerming vir Afrikaans, die voorkoming van regstellende aksie en selfs sekere veto regte in die parlement - vir sake wat die minderheid beinvloed - was sekerlik die moeite werd om voor te veg.

En laastens, rakende PW. Hy kon nie voorspel het dat die Berlynse Muur sou val 'n paar jaar na sy Rubicon toespraak nie. As die Soviet Unie nog bestaan het vandag, was die ou Suid Afrika nogsteeds hier, met sy stille Amerikaanse en Europese bondgenote van weleer.

Dries
12/12/2009 11:30:37 PM
As mens Generaal Magnus Malan se boek lees dan is daar twee goed wat kon help (1) 'n onvoorbereide onderhandelaar van die NP regering wat met drank onder sy arm opdaag vir onderhandeling is waarskynlik problematies (2) die feit dat FW waarskynlik in sy kruistog teen "sekurokrate" lede van die Brite geheime diens (wat die ANC waarskynlik deeglik ingelig het) om die tafel gehad het tydens voorbereidings vir onderhandelings! Is daar al 'n woord soos "idiootokraat"?

Cathy
12/12/2009 11:35:20 PM
Waarom vaar Suid-Afrika se ekonomie so goed? Kan dit wees omdat misdaad hoogty vier? Gesteelde goed moet immers aanmekaar vervang word.

Ons moes nie vroeër onderhandel het nie, maar later. Die ontploffing van die internet sou help om die ANC se wandade aan die kaak te stel. Waar was "U-Tube" toe ons dit nodig gehad het?

Dit was destyds onnodig om sensuur teen die ANC toe te pas en koerante te muilband. Suid-Afrikaners (veral swart Suid-Afrikaners) moes al in die tagtigerjare van die ANC se vergrype in die buiteland bewus geword het. Ons het die reg gehad om te weet van die Quatro martelkamp waar swart jeugdiges deur prominente lede van die ANC doodgemartel is. Ons moes betyds geweet het van die ANC se feitesendings na Noord Viëtnam en Noord-Korea. Ook van hulle opleiding deur die KGB en die Stasi van Oos-Duitsland.

Roelf Meyer het gelukkig nie probeer om die 20,500 sterftes tydens die konflik tussen die verskillende swart faksies goed te praat nie. Zanu PF se opleiding in terreur op jou eie mense het hier goed te pas gekom. Mugabe se trawante het die ANC flink geleer van anargie en opstoking.

Brutaliteit was nie 'n apartheid uitvinding nie. Apartheid was op die punt om uitgefaseer te word toe die onderhandelings begin is.

Gewone Suid-Afrikaners wil steeds weet watse druk is op F W de Klerk se regering geplaas. Watter geraamtes was daar in die kas wat só erg was dat 'n hele land daardeur uitverkoop is?

chrispot
12/13/2009 12:12:43 AM
Wat 'n power poging tot debat. Dis duidelik hoekom die ANC jou ore aangesit het!Kom ons som dit op: Alles is PW se skuld. Die wereld was teen ons. Afrikaanses is klapotte. Lees eerder Engelse koerante. Doen beter besigheid. Een Australiese swaeltjie maak jou somer.

So antwoord ek jou: As PW so dom was in 1985, hoekom het jy nog steeds vrywillig onder hom gedien? Die wereld was nie in die World Trade Centre teenwoordig nie, jy het daar poker gespeel. Wanneer moet Afrikaanses dan begin kla? As die laaste een doodgeskiet word en ons taal, skole, universiteite en al die staatsdepartemente klaar vernietig is? Bid jou aan, Naspers moet meer polities korrek raak!

Laat dit maar eerder daar. Regstellende aksie en BEE is 'n feeverhaal, Afrikaners is net slapgat daarom dat hulle tot 6% gemarginaliserer word. Meer as 'n miljoen Suid Afrikaners is landuit, maar een Australiër laat jou goed voel. Jy en FW kon nie eers in die RNE saamwerk met Mandela nie en hy was die prins van vrede! Nee Roelf, jy het jou land en volk verraai. Debat gaan nie jou bas red nie. Al ooit voetewas oorweeg?

TYRE
12/13/2009 12:22:27 AM
Mooi vir Binnelandse sake ek is bly jy is beïndruk met hulle, Roelf , maar wat is jou opinie van die res... Eskom, SAUK, onse weermag en die talle Staats dept en ons briljante Metrorade om van n paar te noem.

Mlungu
12/13/2009 1:22:31 AM
Roelf kan ek jou ook vier vrae vra? Wat het van die Suid Afrika geword waar diefwering en veiligheidshekke omtrent net by tronke te siene was?Wat het van die Suid Afrika geword waar kinders met veiligheid skooltoe kon ry met hulle fietse?Wat het met die parke en begraafplase geword wat jy kon besoek sonder om aangeval te word? Het julle nie maar net wit rassisme met swart rassisme vervang nie?

Jack
12/13/2009 4:05:32 AM
Grapjas! Jy beïndruk my nie en mis soos gewoonlik weer die punt.

Henri
12/13/2009 4:18:06 AM
Ek wonder hoeveel geld Roelf Meyer gekry het om die Afrikaner uit te verkoop en sy verskyning later in die ANC is nog 'n manier van dankie se.

Jacques D van Zyl
12/13/2009 6:31:22 AM
Die NP het 4 groot foute gemaak. FW de klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en Martiens van Schalkwyk. Maar die grootste fout is Van Schalkwyk!

Jacques D van Zyl
12/13/2009 6:40:21 AM
Ja Roelfie. Jy verkoop nog net so baie twak soos altyd. Binnelandse Sake is die mees korrupte departement in SA. Was hul dit 20 jr gelede ook? En hoe lank het dit 20 jr gelede geneem om 'n id uit te reik? Hou asb. op met jou absurditeite.

Net 'n idioot sal glo dat korrupsie gaan verdwyn en/of dienslewering daan verbeter. Net soos destyds is dit in belang van "the powes that be" om korrupsie te laat voortduur en net soos toe stop hul ook hul sakke vol! En te hel met die res.

Ernst Marais
12/13/2009 6:43:35 AM
Roelf, Is (of was jy) lid van die ANC? 'n Onderhandelaar moet ten minste in sy eie saak glo. Was jy die beste persoon om die destydse regering se saak te stel as jy kennelik nie in die meriete van die saak geglo het nie? Waarom het jy, Pik en die ander Verligtes nie die NP verlaat as julle met PW verskil het nie? Jou laaste stelling is aanvegbaar.

ID's is aan alle Suid-Afrikaners uitgereik. Die Staatsdiens het aan alle Suid-Afrikaners dienste verskaf. Die blankes het toe hoofsaaklik self betaal vir hul mediese sorg terwyl swartes hoofsaklik van die Staat afhanklik was.

ian
12/13/2009 6:46:49 AM
Dis nou die grootste klomp twak wat in 'n lang tyd in Rapport gepubliseer is. As hierdie die tipe argumente is wat die voormalige regering se hoofonderhandelaar opper op die uitdaging van Chris Louw, verstaan ek presies hoekom Suid Afrika al driekwart oor die afgrond na verwoesting is.

Op die vraag: "hoekom die NP onderhandelaars 15 jaar terug nie beter kon doen nie" kan Roelf dalk meer lig werp deur die volgende vrae te antwoord:

Hoe het dit gebeur dat die NP gedink het hy moet "onderhandel" rakende die opheffing van sanksies en dan die ANC se instemming as 'n oorwinning en deurslaggewende toegewing van die ANC beskou het? Sonder enige verwysing daarna sou die ANC dit moes toegee, anders sou hulle toe al ontmasker gewees het as 'n klomp magsdronk rewolusionêres wat vere voel vir die welstand van die onderdruktes namens wie hulle onderhandel.

Julle het onderhandel oor 'n pêredrol wat die ANC julle gevoer het. Hulle het gèèn keuse gehad in hierdie verband nie. Erger nog, deur hierdie "betekenisvolle" toegewing het hulle 100 meer "betekenisvolle" toegewings uit julle gewurg, soos groepsregte, eie skole, taalbeskerming, handhawing van standaarde in staatsdiens, beskerming teen rassistiese afdankings, ens, ens.

Wat het gebeur tydens een van die finale vergaderings tussen die NP en ANC waartydens onderhandel moes word oor minderheidsvetoreg in die kabinet. Volgens Mac Maharaaj se boek was jy net besorgd oor die parlementere en ministeriële pensioene, en toe die ANC dit toegee (wat hulle in elk geval wou voorstel) toe gee jy sommer die vetoreg weg as pasella.

Jy en FW het baie te sê gehad oor die wigte en teenwigte. Kan jy nog onthou wat dit was? En wat het daarvan geword? Aldus die ANC onderhandelaars het julle maar 'n taamlik flouerige saak uitgemaak vir "minderheidsgroepregte" en dit ook maar met min teenstand laat vaar ten gunste van individuele regte.

Hoe was dit moontlik dat julle nie die "regstellende aksie" klousule in die grondwet raakgesien het wat 'n bespotting van julle hele onderhandelingspoging maak nie. Of het jy dit dalk raakgesien en nie omgegee nie?

Watter toegewings het julle van die Weste af gekry om Suid Afrika se kernbomme te vernietig voordat Gadaffi se pelle in die ANC hulle hande daarop kon lê. Of was die quid pro quo in hierdie geval dalk FW se Nobel Prys?. (Ek is steeds van mening dat FW se enigste eerbare gebaar om enige morele grond te herwin is om die Nobel Prys terug te gee)

Het jy ooit enige van die SAKP se studiestukke en beplanningsdokumente onder oë gehad tydens die onderhandelingsproses? Hulle strategie tot oorname was daar vir almal om te lees en hulle het dit presies ook so reggekry. Waarmee was jy besig? Of het Cyril jou whiskey "gespike"?

Van whiskey en die invloed daarvan op die onderhandelingsproses gepraat. Was jy die aand in Kemptonpark toe jou pêl Pik Walvisbaai in 'n beskonke bravade weggegee het om sy nuutgevonde ANC pêlle te beïndruk?

Dalk die belangrikste opmerking. As jy en jou NP maats dan so goed gevaar het met die onderhandelinge soos jy beweer, hoekom het julle ALMAL (behalwe Moeras van Schalkwyk -- dit was sy bynaam in die Army al -- heel gepas ook)soos 'n klomp hondsdol rotte gehardloop om die sinkende politieke skip te verlaat. Politici is nie bekend daarvoor dat hulle iets los wat dalk nog ge-aas kan word nie. En as die politieke lyk nou so vrot is dat daar nie meer vir jou en jou pelle iets oor is om te aas nie, was jou onderhandelings -- met respek -- 'n taamlike mislukking

En terwyl jy en Pik en FW julle ministeriële pensioene geniet word jou lojale NP ondersteuners se onskuldige kinders vermoor, beroof, verkrag, sit hulle sonder werk, sonder geleenthede en sonder hoop.

Wessel Wessels
12/13/2009 7:21:06 AM
Blah, blah, blah! Roelfie jy is nog steeds besig met nikseggende snert. Jy en jou pienk vriende het die Boere uitverkoop en toe skuif julle nuwe base julle almal eenkant toe: Jy, Max du Preez, Chris Louw, Pik, Barend die Arend... te veel van julle om op te noem. Die geskiedenis het genadeloos met julle gewerk.

Azille
12/13/2009 7:27:30 AM
Tipies van Roelf Meyer, nou dat Chris Louw nie meer daar is nie, is sy mond nou groot.
Dit verander ook nie die feit dat die blanke Suid Afrikaner so verander het nie.

Johan
12/13/2009 7:50:20 AM
Roelf, ek het gelees, en ek verwerk dit nog. Een vraag, wat is jou politieke oortuiginge deesdae?

Lizette
12/13/2009 7:52:03 AM
Nee-wat - los dit maar - watse verduideliking is dit nou - mosterd na die maal - regtig - jy het nooit en beïndruk ook nou iemand nie.

Koos
12/13/2009 8:10:49 AM
Suid Afrika het op talle terreine uitgestyg gedurende die isolasie-tyd.Suid Afrika was 'n land van aansien in die oë van die Westerse Lande. Roelf moet asb die jong geslag Afrikaners inlig hoe hy en FW de Klerk en Leon Wessels die volk verraai het deur hul sogenaamde onderhandelings by die Wêreld Handel Sentrum waar hulle baie smalend met woorde en terme soos wigte en teenwigte,beskerming van minderhede,eie onderwys,moedertaal onderrig, Afrikaans as 'n amptelike taal en nog vele meer ,die volk om die bos gelei het. Ek is bly aan die een kant maar aan die anderkant krap hierdie artikel rou wonde oop.

Julle het swak gevaar in Kempton Park.Julle is vergelykbaar met 'n skip, op die rowwe oseaan waarvan julle onderskeidelik die kaptein en 2de in bevel was met ons, die burgers van die land as passasiers. Toe ons ons oë uitvee het julle ons verlaat in 'n "ANC-kleurige" reddingsbootjie vol proviand na 'n veilige hawe iewers in Afrika. Ons dobber rond sonder kaptein en sonder enjin tussen seerowers. Onthou in die oë van die veroweraar word julle as swakkelinge gesien en nie as helde soos julle mag dink nie.En wie sit daar tussen die seerowers hand om die lyf,niemand anders as Roelf!

Stompie
12/13/2009 8:13:13 AM
Nee wat Roelf Meyer. Jy bly 'n lamsak verraaier van die Afrikaner volk.

Chris
12/13/2009 8:26:22 AM
Roelfie....As jy met jou rug teen die muur is baklei mens gewoonlik baie harder.So basta met jou lam regverdiging.Julle was en is patete!!!!

Antipas
12/13/2009 8:33:19 AM
Haai siestog! Keer 'n muis in die hoek vas en hy baklei, julle val om een speel vrek.

Michael Brink
12/13/2009 8:33:36 AM
Absolute twak. Ek hoop dat jy met jou gewete kan saamleef.
Jy en jou trawante het absoluut niks behalwe 'n totale boedel oorname onderhandel nie, met ander woorde die grootste en mees lafhartige oorname nog ooit in mense heugenis.

Dit is nog erger dat na jy nou tyd gehad het om die gevolge te aanskou, jy steeds jou twak aan ons wil verkoop, nie eers Chris Louw in die lewe het vir jou en julle verskonings en leuns geval nie.

Jy hoort jou kop in skaamte te hang, ten minste het jy, jou trawante en Die Klerk die geskiedenis boeke behaal, as die grootste uitverkopers nog ooit in wereld geskiedenis. Maar julle het geen skaamte nie.

Te oordeel and jou argumente en logika in jou "debat" hierbo wat jy nie met 'n intelligente persoon in die lewe kon voer nie, maar soos 'n "Kanarie" nou wil terwyl Chris nie kan reageer nie, spreek dit boekdele van jou integritiet.

Sies, jy hoort jouself te skaam!

Pieter Oosthuizen
12/13/2009 8:34:23 AM
Roelf Meyer is die grootste leuenaar op 2 bene. In 1982 het die Amerikaanse senaat reeds bevind dat die ANC nie die mense van die land nie, maar die belange van internasionale kommunisme. Dit het ons die morele hoëgrong gegee om die land te regeer. Die KGB se argivaris; Walther Mitrokhin het in sy boek : "The Mitrokhin Archives" vertel hoe Moskou met die Suid Afrikaanse regering saamgewerk het om wêreldmarkte in goud, diamante, platinum en kosbare minerale te manipuleer. Die De Beers maatskappy het Rusland omtrent n $1 biljoen n jaar betaal vir hoe kwaliteit diamante. Hulle het dus die finansiering verskaf vir die SAKP se terreur teen die bevolking, en die regering was deel daarvan. Roelf Meyer laat dit klink asof daar chaos sou wees as hulle nie onderhandel het nie.

Waarom het hulle nooit oorweeg om die land te regeer soos waardige leiers in God se oë nie ? Die swaardmag was nog altyd in die hande van regerings, en moes net sterker aangewend gewees het. Die ou NP se wil om te regeer en die regering te wees moes net sterker as die wil van die destabiliserende kommuniste gewees het. Dis dit. As Mugabe nou nog steeds aan bewind is met sy ystere wil, beteken dit Suid Afrika kon al amper die wêreld regeer het. Mense wat terroriste was moes gehang het, en so ook alle mense wat hoogverraad pleeg. Dit is die bybelse manier en ook die godvoorskriftelike manier om jou land teen die elemente te beskerm. Dit is hoe dit nog altyg gedoen was deur nasie se amptenare wat enigsens n volkstrots gehad het. Meyer was lagwekkend in die weermag, en n swakkeling. Hy het meer gelyk soos Rudolf Nureyev, die russiese balletdanser in die weermag. Die SAKP het alreeds in 1928 onder leiding van SP Bunting saam met die Komintern besluit dat Suid Afrika moes n kommunistiese regering kry. Daarvoor kon alle kommuniste die doodstraf gekry het. Roelf hulle was te swak om die land te regeer terwyl hulle die swaardmag van die staat in die hand gehad het.

Waarom is die Havenga versameling wat die grootskaalse verkragtings van Voortrekkervrouens en dogters bo 10 jaar, in die Anglo Boereoorlog vir 87 jaar geheim gehou van die publiek, en eers in 1987 bekendgestel ? Dit was sodat openbare opinie nie in n opinie teen die nasionale party ontaard nie.

Waarom het die regering die soldate grens toe gestuur as kanonvoer, 32 Bataljon verraai, terwyl Roelf Meyer deel was van die regering wat ons vyande met geld voorsien het om ons binnelands te terroriseer, en op die grens van Suid Afrika te beveg ?

Hulle was toe reeds Suid Afrikaners se grootste vyande, en kop in een mus met die kommunisme in die internasionale front.

Die SAKP het op sy 7de party kongres in Kuba gedurende 1989 gese, dat hulle gaan in Suid Afrika, hul eie Oos Duitsland bou. En ten spyte daarvan is daar nog steeds met die SAKP onderhandel ..

Hulle het ons alle rede gegee om Anti- Suid Afrika wet te maak. Doodeenvoudig soos in Israel, wat alle ondermynende elemente finaal kon uitskakel, en die land soos ware godsmanne regeer. Maar hulle die land van Suid Afrika soos die vyand van God, en as vriende van die wêreld regeer; - reguit in die hande van die internasionale kommunisme, ten uiteindelike uitvoering van n besluit wat al in 1928 geneem was; - om in Suid Afrika n swart kommunistiese regering gevestig te kry.

Die Internasionale kommunisme is Roelf en kie se vriende. Dit is al wat hy hoef te sê.

Tian
12/13/2009 8:38:13 AM
Vreemd dat jy nou na Chris Louw se dood bereid is om te debatteer. Eerste plek glo ek daar is min mense wat nie glo dat Apartheid verkeerd was nie, ons het nog nooit gesê dat ons nie moes onderhandel of dat ons aan die mag moes vasklou nie. Ja ons vergelyk goed met ander lande maar daar is geen verskoning vir die manier waarop ons vandag gemarginaliseer word nie. Ja ek stem saam dat ons te lank gewag het en daarmee ons posisie verswak het maar ons was steeds in beheer en kon vir nog baie jare aangegaan het om vir onsself 'n beter posisie te gee met die onderhandelings. Die destydse regering was op so 'n missie om die land oor te gee dat hulle te ruggraatloos was om te veg vir die mense wat vir hulle gestem het. Dit sluit vir jou, Roelf Meyer, in.

Jy was een van die hoof onderhandelaars. Julle het van 'n posisie af onderhandel van gee dit oor want Apartheid is verkeer in plaas van ja, Apartheid is verkeer maar die land is net so min die swartes s'n as ons s'n. Hulle het net so min reg gehad om dit op te eis as ons. Ons het die land gebou en ons sal 'n sê in die voortbou en regeer daarvan behou. Julle het gevou, ons het vertrou dat julle ons nie vir die wolwe sal gooi nie, maar toe doen julle dit. In plaas van dat julle vir ons 'n ordentlike plek onderhandel, was FW besig om 'n ander man se vrou af te vry en julle gaan sit met 'n bottel wyn onder 'n boom en onderhandel die land weg. Die binnelandse sake voorbeeld wat jy noem is goed, maar wat van die miskenning van my taal en my kultuur?

Wat van die swartes wat stadig besig is om die wit mense uit te moor, hulle ma's, vrouens, susters en kinders te verkrag. Wil jy vir my sê julle kon dit nie voorsien nie? Ek is nie 'n verregse of 'n regse nie, maar die boere is my voorvaders en ek kan myself voorstel hoe my voorvaders sou baklei as 'n klomp swartes in een van die laers ingekom het en die wit vrouens verkrag het, dit terwyl die mans gedwing is om toe te kyk. Hulle sou die swartes voor die voet uitgeroei het soos die Amerikaners dit met die Indiane gedoen het. Die blankes is nie kwaad nie, hulle is woedend. Woedend omdat wat jy ookal sê, en hoe jy dit ookal probeer wegredeneer en debateer, julle het ons in die steek gelaat. Ons sou almal baklei het vir 'n beter toekoms, julle wou ons nie toelaat nie en het met mooi woorde van wigte en teenwigte ons vir die wolwe gegooi. Ek is trots daarop om te sê ek het nee gestem. Nie nee vir Apartheid is reg en kom ons hou vol daarmee nie. Nee vir die manier wat die land, met my volk en my trots, op 'n skinkbord weggee word.

Het julle vir een oomblik gedink aan die bloed wat vir hierdie land gevloei, toe julle hierdie land, met ons trots, weggee het. Alles waarvoor ons gely, waarvoor on geveg, en waarin ons geglo het en tot vandag glo, is deur ‘n klomp skoongesig, politikuste weggegee. Ons is ‘n gebreekte volk omdat julle ons reg weggee het om vir onsself te baklei. Alles wat vir ons dierbaar en kosbaar is, is vernietig en op getrap. Jou mooi woorde van dat ons nie ‘n ander keuse gehad het nie, help nie, ons het ‘n ander keuse gehad, ons is daaruit gelieg. As jy wil debatteer, debatteer dan oor hoe vorentoe. Moenie jouself en die manier waarop die land weggee is probeer regverdig nie. Jy gaan dit nie regkry nie.

Casper
12/13/2009 9:04:10 AM
Hy kan net een voorbeeld noem wat hy sê 'n positiewe ding is. Wat hy noem is nie eers positief nie. Negatiewe dinge is te veel vir hom om op te noem. Daarom noem hy dit nie. Hy maak in werklikheid verskoning vir hulle swak onderhandelings. Meyer, die ANC het julle ore aangesit. Julle het ons uitverkoop.

Dr. JT
12/13/2009 9:04:23 AM
Ja Vrymesselaar! Te wonderlik vir woorde, so kan jy praat en met jou goud deel gaans in weelde lewe terwyl jy jou mense verraai het en hul krupeer! Die Boere wat jou amper gekry het is nog volop en oordeelsdag kom boetman... Rug teen die pelleton muur vir jou ja! So maak maar soos de Klerk en vlug, onthou net ons is orals! jul kan ons nie uitwis nie!!!!

Werner
12/13/2009 9:13:39 AM
Dis nie die moeite werd om te probeer debatteer oor hierdie artikel nie, dis 'n klomp bollie van begin tot einde. (Haatspraak verwyder - inhoudsred.)

johan
12/13/2009 9:20:03 AM
Roelf, net die feit dat jy Solidariteit se naam noem kontamineer hulle al klaar. Gaan weg man!

TB
12/13/2009 9:41:02 AM
Jy is reg ons moes vroëer begin het. Vroëer as 1985. 1960 - Republiekwording, sou 'n goeie beginpunt wees. Maar meeste mense vind dit makliker om in retrospekt te kraai nie waar nie? Kom ons los nou maar die "as ons" en bepaal ons liewer by die "wat nou vorentoe". Dan debatteer ons oor die voorstelle op die tafel. Ten minste kan dit 'n nuwe resultaat oplewer.

Bertie Taute
12/13/2009 9:47:08 AM
Ja, Roelf Meyer. Die grootste pot tjol wat jy weereens opdis. Jy was maar een van die grootste gatkruipers wat SA nog opgelewer het. Die ou spreekwoord lui hoeka mos " die makste hond byt die seerste" of hoe? Jy was mos een van die spul wat destyds "PW" uit die stoel gelig het, en nie lank daarna nie ook die land verraai en weggegooi het.

Jy was destyds onbeholpe met die Weermag en 'n pateet tydens die destydse onderhandelings. Ek was 'n dienende lid in die weermag en weet hoe die klomp "MP" gesuip het, skandes gemaak het en ons moes maar "Bek-hou".

Dink jy nou waaragtig dat julle mislukte pogings die regte plan was vir ons land. Kyk net bietjie verder hoe gaan dit in ons buurlande. Nigerie – Na 50 jaar is die hele land korrup, niks word onderhou nie, buitelanders hou die ekonomie aan die gang, landbou het plat geval. Dis waarheen SA op pad is. Alles uitvloeisels van jou en jou verraaierspan se onvermoeë.

Oorsprong:Rapport
http://www.rapport.co.za/Content/Weekliks/Nuus/2317/7ec7322f06df47f6a605d26125ad6306/12-12-2009-04-58/Ons_was_met_die_rug_teen_die_muur

Sunday, 18 October 2009

Swart dwaling en wit woede



Vrydag, 02 Oktober 2009 07:01

Deur Gustav Venter

Ná die Verraad van ’94 is Afrikanergeduld en -sin vir regverdigheid met "wit vrees" verwar. Nou word sporadiese uitbarstings aan regse kant as blote rassisme deur die liberales weggepraat. Inderwaarheid is dit simptomaties van ‘n baie meer - vir die SA superstam-in-wording - vernietigende mag: Wit woede. Wanneer sal die regering wakker skrik en na die Afrikaner begin luister?

Wit vrees – wat dit is en wat dit nie is nie.

Melanie Verwoerd is ‘n uiters eerlike mens. Ons weet dit want Melanie Verwoerd sê so, en Melanie Verwoerd sal nie lieg nie, sal sy? In ‘n TV-onderhoud, terwyl sy ambassadrise in Ierland was, redeneer sy dat blanke Suid-Afrikaners die land in skares verlaat het, nie as gevolg van regstellende aksie of misdaad nie, maar omdat hulle wil... reis. Tydens die opname, circa 2002, was sy nog getroud met Wilhelm Verwoerd, oorloperkleinseun van H.F. Verwoerd. Sy het deskant gesing in die lofkoor vir die ANK en haar menings en rasionaliserings het sy stiptelik uit die koorbundel van die party gekry.

In antwoord op Sandra Prinsloo se vraag oor blankes se vrese, het sy Thabo Mbeki se woorde gekanaliseer: Vrees word deur onkunde aangevuur. Blankes se vrese is eintlik net vooroordele, veroorsaak deur die stompsinnige aanvaarding van stereotipes. Wanneer blankes meer van swartmense en hulle kultuur leer, sal dié vooroordele, en daarmee saam wit vrees, verdwyn. Vir dít om te gebeur, moet afstand, geografiese afsondering, tussen die rasse verdwyn.

Sy het miskien intellektueel ingestem dat rasseineenvloeing in ‘n bepaalde gebied die wagwoord vir ware en nodige transformasie is, maar sy het dit nooit geglo nie, nie regtig nie, nie met hart en siel nie. In die onderhoud, met ‘n skielike frons, ‘n gesigsplukkie wat ongemak, selfs selfongeloof openbaar, reageer sy op ‘n vraag oor Noord-Ierland. Is daar ‘n oplossing? ... nee. Sy dink nie so nie, en vertel van ‘n voorval waar ouers in ‘n Protestantse woonbuurt Katolieke kinders verhoed om daardeur skool toe te loop. ‘n Herrie ontstaan. Polisie moet die kindertjies skool toe en terug begelei. Nee, die kulture is te uiteenlopend. Multikulturele harmonie is onmoontlik. Blykbaar registreer die heerlike ironie nie by haar nie: Twee dele van ‘n enkele volk, uit een kultuur afkomstig, net deur hulle geloofstradisies te onderskei, kan nie in een gebied saamleef nie. Maar twee rasse, met geen tradisie of kultuurooreenkomste anders as strydgenote in een gebied nie, nou ja, dié kan en moet saamleef. Dis die oplossing. Dis die Mandela-droom in aksie.

Volgens die beste blanke liberalistiese tradisie, het Melanie Verwoerd aan die einde van haar ampstermyn van Wilhelm Verwoerd geskei en haar toegewydheid aan rasseversmelting gedemonstreer deur permanente verblyfreg in leliewit Ierland te bekom. Wat haar rasionalisering ook al is, en glo my, niemand verdedig hulle onverdedigbare handelinge met dieselfde vloeiende vasberadenheid as ‘n liberalis nie, sy moet erken sy word nie gereeld in Dublin deur ‘n swart minibustaxi van die pad af gedruk nie en het lanklaas die risiko geloop om deur ‘n swartman verkrag te word. Gebiedskeiding werk vir haar rasseharmonie; hoekom nie vir die res van blanke Suid-Afrika nie?

Haar teorie dat bekendheid met ander rasse hulle bemind sal maak, sal min indruk op blankes op die platteland maak. Daar is niemand meer wantrouig teenoor swart kultuur as juis hierdie boere nie en daar is niemand wat swart kultuur beter ken en verstaan as hierdie plattelanders nie. Duidelik het bekend nie bemind gemaak nie! Melanie Verwoerd, daarenteen, het ‘n euforiese bewondering vir swart kultuur en geestelikheid. Hierdie aanprysing is blykbaar makliker om vol te hou vanuit Dublin as Dullstroom. Haar lewensdemonstrasie is dat hoe verder ‘n witmens van Afrikakultuur verwyder is, hoe makliker is dit om waardering daarvoor te hê. Die sinvolle gevolgtrekking is dat gebiedskeiding onontbeerlik is vir rasseharmonie. En was dit nie presies wat H.F. Verwoerd, haar voormalige man se oupa, bepleit het nie?

Blanke mense het ná vyftien jaar van ANK-oorheersing ‘n baie beter begrip van swart kultuur en lewensbeskouing. En hulle is meer wantrouig as ooit. Veiligheidshekke is hoër, alarms skriller, waghonde groter, buurtpatrollies meer opsigtelik namate swart woongebiede nader aan blanke buurte kruip en toegang makliker word. Om ag te slaan op redelike veiligheidsaksiomas, soos om, sê nou maar, nie in die donker in jou motor langs ‘n lokasie af te trek om te slaap nie, is nie die gedrag van ‘n lafaard nie. Dis blote, basiese wysheid. Om verlok te word deur die newelideaal van Afrika-medemenslikheid – die Afrika-kultuur van basiese respek vir lewe, soos Desmond Tutu dit stel – en op grond daarvan algemene veiligheidsmaatreëls te verontagsaam, is nie manmoedigheid nie – dis dwaasheid.

Geregverdigde vrees is ‘n onmisbare element vir persoonlike en nasionale oorlewing. En as daar een volk is wat geregtig is op basiese wantroue teenoor ‘n ander ras, is dit die Afrikaner. Daarvoor het ‘n voortstuwende misdaadfront van die afgryslikste wreedheid gesorg. Geen liberalis sal dit egter erken nie. Volgens die handleiding van basiese liberale opvattings, kan alle slegte dinge aan apartheid toegeskryf word. Derhalwe kan die misdaadgolf nie aan swartmense toegedig word nie. En blanke vrees is nie die reaksie van ‘n logiese verstand nie; dis die halsstarrigheid van onbevryde denke wat vasgeslaan het in ‘n Middeleeuse rasseopvatting. Hieraan hang die hele breindrein, die ontvolking van sleutelposte, die Afrikaner-diaspora. In liberale oë is blanke vrees ‘n irriterende volksneurose wat geen plek in die veelkulturele bestel van die Nuwe Suid-Afrika het nie.

Voor 1994 was blanke vrees bloot as ‘n spoedhobbel in die ANK se opmars na oorname gesien. Die hele linkse ideologiemasjinerie het in werking gesuis. Dakar-gangers het teruggekeer nadat hulle Beethoven geluister en whiskey saam met Thabo Mbeki gedrink het. Dis asof hulle soos Marco Polo verhale vertel het uit verre lande, van wonderwerke wat die oog nog nie gesien en die oor nog nie gehoor het nie. "Hierdie is goeie ouens," het hulle geëvangeliseer. Die linkse media het hosannas oor veral die vrygelate terroris, Mandela, aangehef. Wat nog meer oortuigend was, was die volksmedia, hoofsaaklik Naspers wat die sinkende SAS Nasionale Party verlaat het en nou besig was om in die rigting van die ANK te roei. Blanke besware is in myle en myle se kolomme weggesus. Dit is veral gedoen met daardie half-minagtende toon, daardie redaksionele aanvaarding dat enige iemand wat die oorgang vrees ietwat primitief en bygelowig is. Terwyl wit vrees die hele oornameproses kon beduiwel, is dit met erns en omsigtigheid en begrip behandel.

Daarna egter, ná FW de Klerk se politieke hoogtepunt waarin hy sy volk uitoorlê en bedrieg het, het "wit vrees" ‘n semantiese metamorfose ondergaan. Dit was nou die stok waarmee aan die Afrikaner gekarring is, waarmee hy getart is soos wat ‘n gorilla agter tralies getart word. "Wit vrees" was nou ‘n smaalwoord waarin opvattings van kortsigtigheid, ontransformeerbaarheid en doodgewone papbroekigheid ingebind is. Dis asof die woord onttrek is aan visies van ‘n hartbeeshuisie waarin ‘n verlate wit gesinnetjie mekaar beangs aanklou terwyl die swart magte buite versamel. Dis die wind, dis die wind, my kind...

Die liberale ontleders het een keer ‘n deurslaggewende begrip van die Afrikaner getoon en dit was toe FW de Klerk vir Andries Treurnicht en ander stokke in die oorgawespeke met sy referendum van 1992 omseil het. Hy het sy "ja"-stem gekry en daarmee die Afrikaner se oorlewing op die altaar van multikulturalisme gelê. Daarna het die linkses, so gereeld soos sonsopkoms, die Afrikaner se aard en optrede verkeerd gepeil.

Ná die oorgawe het die Afrikaner, tot almal se verbasing, beleefd opsy gestaan terwyl swart blakers op sy regeringstoele gaan sit het. Dit het die liberales oortuig dat die Afrikaner se nasionale gô uit was. Hulle was bloot verkeerd. Die Afrikaner was nog altyd – meestal tot sy eie nadeel – bedeel met ‘n soort nasionale sportmangees. In 1994 het hy ietwat knorrend toegegee dat hy uitoorlê is en het hy die openbare toneel grootliks ontruim om met sy lewe aan te gaan, ja, maar ook om vir die wenners kans te gee om hulleself te bewys, om beheer te neem, om die land te bestuur soos wat aan hulle voorgehou is net die ANK dit kan doen. Hy het kleinlike vergeldingsmaatreëls soos dorpsnaamveranderings, die verwydering van volksimbole soos die vlag en volkslied en grootskaalse staatsdiensafleggings van blankes gesluk, oortuig dat dit ‘n kortstondige, oorentoesiastiese vergryp is wat weldra reggestel sal word.

Die liberale media het eers ongelowig, en toe met groot brawade en snedigheid hierdie ontruiming van die sentrale verhoog gesien en verkondig as ‘n algemene ineenstorting van die Afrikanerpsige. Die Afrikaner, volgens hierdie denkskool, was ‘n uitgediende mag. Hy het sy stoom verloor, beweer ‘n politieke ontleder van die Universiteit van Johannesburg, so onlangs as drie jaar gelede. In dieselfde week het die bitterkat, Christi van der Westhuizen, geskryf dat die Afrikanerman as’t ware ontman is omdat hy nou met ander, meer potente, mans moet meeding en dit onmoontlik vind. Die media het voortdurend die beeld van die nuwe, flinke, skrander swartman gekonstrueer en, in teenstelling daarmee, die patetiese boedeloorgawe van die witman. Blykbaar het hulle, en die res van die liberale waarnemers, hulle eie fiksie begin glo.

Die teendeel is eerder waar. Die Afrikaner het die vernederings wat op hom opgehoop is en die manier waarop omtrent elke plegtig geswore onderneming teenoor hom verbreek is, met geduld en waardigheid verdra, nie omdat hy lamsakkig was nie, nee, eerder omdat hy taai is, taai soos sy voorvaders wat ‘n wilde land getem het, en geduldig, geduldig soos sy oupas wat ná die verplettering van die Engelse Oorlog hulleself elke dag, met onuitputlike lydsaamheid, opgehef het, een breukdeel van 'n vorentoetreetjie op ‘n slag. As die Christi van der Westhuizens van hierdie land verby hulle eie verwarring en bitterheid kon kyk, as die Koos Kombuise en Max du Preez’s kon hoor wat anderkant die gedruis van hulle eie liberale ontkennings was, sou hulle dit besef het.

Hulle het hulleself egter te veel verkneukel in die illusie van ‘n verslane, verskrikte Afrikaner. Die swart elite, altyd ‘n pas agter die liberale gansmars, het die idee aangegryp en hulle beleid en benadering gemonteer op die idee van ‘n verlore Afrikaner. Hierdie was ‘n mistasting van kataklismiese omvang, ‘n wanbegrip wat uiteindelik daartoe kan lei dat Suid-Afrika van bo in die Noorde, tot Kaapland in die Suide al langs die naat af geskeur word.

Wit vrees is voorgehou as ‘n negatiewe nasionale karaktertrek. Maar dié wat hulle oor teen die grond het, voel reeds die rammelinge van iets onmeetbaar wyer en intenser in omvang: Swart vrees. Swart vrees in reaksie op ‘n sluimerende wit woede wat dalk in onverwagse gedaantes mag manifesteer.

Eenkeer, met sy bergfiets uit op 'n kronkelpaadjie, toe hy stop om agter 'n bos te gaan staan, kom hy op 'n ou plastiese LO-sak af, so 'n rooie met 'n gebreekte skouerband en 'n losgetorringde ritssluiter. Nuuskierig genoeg om die inhoud te ondersoek vind hy 'n opgerolde sweetpakbaadjie, 'n Rama-bakkie met drie gholfballe van alle dinge, helfte van 'n Sydney Sheldon-riller en 'n ou polisieuitgawe Walther P38 daarin. Sy eerste instink was om die pistool by die polisie te gaan inhandig, maar teen die tyd was hy ook al skepties en onwillig om 'n vuurwapen via onetiese polisiehande terug op die roof-en-skaakkringbaan te kry. Hy kies om eerder die pistool te gaan versteek.

Die Dag van die Laaste Strooi, toe hy hoor van die ou tannie wie se vingers brutaal deur 'n inbreker met 'n snoeiskêr afgesny is, het hy die pistool gaan uitgrawe, skoongemaak, geolie en 'n paar skote op 'n verlate mynhoop daarmee gaan skiet. Die ontwerp daarvan was nooit die beste nie en die wapen self was in bedenklike toestand, met 'n ietwat geslyte loop. Maar dit was akkuraat genoeg vir sy doel. Hy pak daarna sy motor, vul die brandstoftenk en kry koers Noorde toe.

Onderweg spoor 'n vriend hom per selfoon op. Waarheen is hy op pad? wil die vriend weet.

Hy sê hy is op pad Naboomspruit toe om daar by die landdroshof te wag tot die dierlike aanvaller verskyn sodat hy hom tussen die oë kan skiet.

Die vriend, dadelik oortuig van die erns van die bedoelings, begin beswaar maak.

Wat sal dit help? Hy sal net sy eie lewe opoffer, en vir wat? Daar is duisende ander sulke geweldenaars. Hulle kan nie almal geskiet word nie.

Alles is waar. Hy verstaan dit so, maar sê hy: "Ek kan nie langer met myself saamleef as ons hierdie dinge maar net laat verbygaan nie. Watse soort mense is ons dat ons kan toelaat dat ons oumensies se vingers met snoeiskêre afgeknip word?"

Selfs buite konteks is hierdie 'n vraag wat dwarsdeur Afrikanergeledere 'n verslae gemoedskriewel laat. Wanneer ons dit egter binne die spreker se persoonlike kultuurhistoriese perspektief lees, moet dit elke skril emosionele alarm laat afgaan. Hierdie was nie lank terug nie 'n vasberade voorbrandmaker vir die Nuwe Suid-Afrika, iemand wat nie vir die ANK gestem het nie maar besluit het die regte ding is om skouer aan die wiel in te val vir die algemene opheffing van die land. Sy besondere bydrae was om rekenaargeletterdheidsklasse in swart woongebiede te gee. Maar die ongeërgdheid waarmee die nuwe regering die misdaadgolf weggewink het, die skokkende vraatsugheid waarmee hulle hande in die staatskoffers gesteek het en die rasgedrewe halstarrigheid waarmee hulle 'n hele volk vervreem het, het sy entoesiasme nie net nie gevoed nie, dit het sy ywer anoreksies gelaat en uiteindelik 'n ontnugteringsdood laat sterf.

Wanneer liberales hiervan lees, en ek waarborg dit, sal hulle kondisionering onmiddellik 'n verweer deur hulle lippe pers, 'n tweeledige skouerophaling. Hoekom, sal hulle vra, is jy so ontstel oor een wit tannie wat 'n ellende op die lyf geloop het? Jy sal nie so ontsteld wees as dit met 'n bejaarde swart vrou gebeur het nie, sal jy? So hierdie afgryse in jou is bloot net rassismestuipe. Daarna sal hulle byvoeg: Baie meer swartmense ly onder geweld, so voor jy nie daaroor 'n gemoedsteuring het nie, kan ons jou verdriet oor die ou tannie nie ernstig opneem nie. Hierdie mondelingse skuifelstap is soos die skyngebroke vlerk waarmee 'n kiewiet die potensiële roofdier van haar nes aflok. Sodra ons betrokke raak in hulle afleidings van ras en getalle, versaak ons die koers en einddoel van ons argument.

Mor die Afrikaner oor regstellende aksie, is die gekondisioneerde verweer dat blanke mans nog die meerderheid bestuursposte beset. Dat bekwaamheid en doeltreffende bestuur - eerder as 'n nuttelose gedienstigheid teenoor persentasies en getalle - nou kardinaal nodig is in die land, is 'n primêre argument wat in al dié pom-pomswaaiery verlore gaan. Raak jy knorrig oor kragonderbrekings, word beduie dat swartmense in lokasies dit baie meer gereeld moet verduur en skielik is die feit dat hulle nie daarvoor betaal nie, nie ter sake nie. Kla jy oor vervalle infrastruktuur... en so gaan hulle aan.

Hierdie is egter loperige balsem vir 'n man wat homself laat ompraat om nie 'n bloedgierige, lafhartige monster tussen die oë te gaan skiet nie. En as 'n swart barbaar, lendene styfgepomp met dierlike wellus, onbelemmer deur medemenslikheid, sonder die brieke van intelligensie, vrygestel van sosiale verantwoordelikheid - besef jy nie hoe uitputtend sy kinderjare was nie? - sy stompsinnige verveeldheid verlig deur saam met sy walglike kamerade 'n ingetoë 19-jarige maagd gevange te neem, haar te martel, speels te belowe dat hy haar nie sal verkrag nie, en dit wel doen en dit op die verkleinerendste manier denkbaar - hy dwing haar, pistool teen die kop, om hom te soen terwyl sy onderlyf teen haar voorthamer - , wat dan? Word daar van ons verwag om, as't ware, langs haar te kniel terwyl sy diep getref word deur die eerste rou oor die verlies van haar kosbaarste kleinood, haar maagdelikheid? En moet ons dan sê: "Toe, toe, staak die gekerm. Dis nie so erg nie. Dis omdat jy wit is dat jy jou dit so aantrek. Weet jy nie dat dit elke dag met duisende swart vroue in hierdie land gebeur nie?"

Watse anoreksiese troos is dit? Want dit is al verligting wat die liberales kan bied. Volgens liberale ortodoksie sou die ware misdaad nie die verkragting gewees het nie, maar die agterdog dat die blanke meisie se verskrikking en afsku instinktief verhewig is omdat dit 'n swárt man was wat haar verkrag het; dat as sy 'n duiwelskeuse gehad het, sy 'n duisend maal eerder deur 'n witman verkrag sou wou word. Die onderskeid tussen rasse, eerder as die molestering, is volgens die linkses se kode die Onvergeeflike Sonde.

Hierdie is 'n loot wat groei uit hulle opvatting dat daar geen verskil tussen mense, ongeag ras of herkoms, bestaan nie, en dat geen mens moreel in 'n uitgesonderde verwantskap met 'n ander kan staan nie. Hiervolgens mag 'n mens nie 'n onderskeid in jou optrede teenoor jou eie en ander mense maak nie. As jou kind en 'n ander kind in 'n brandende huis is, en jy wil daar instorm, moet jy seker maak jy kan altwee red, of jy moet albei vir die vuur los.

Dit is 'n opvatting wat teen elke natuurreël van oorlewing indruis. Selfs die Bybel, en dit in die Nuwe Testament, met al die klem op selfloosheid en opoffering daarin, ondersteun dit nie. Die man wat nie vir sy gesin kan sorg nie, sê Paulus, is erger as 'n heiden. Hierdie is nie die hoogtepunt nie maar die vertrékpunt van moraliteit. Liefdadigheid, om presies te wees, begin by die huis.

Selfs moderne biologie bevestig dat die mens se brein bedraad is om 'n voorkeur vir en 'n vertroue te hê in mense wat soos hy lyk en is. Die Afrikaner, ná amper vier eeue se uitsifting in 'n ongerepte, bloedeisende land, het geleer dat hy net twee wesens kan vertrou: die Here en ander Afrikaners. Sedert hulle samestelling as 'n klein volkie in 'n groot en leë land, het hulle gewys dat hulle die vermoë het om te bou en te versamel. Hulle het gou genoeg uitgevind dat wat hulle opgerig en bymekaar gemaak het, die nyd van ander, minder produktiewe, maar altyd talryker, inwoners sou trek. Hierdie afgunstige massas sou van meet af aan demonstreer dat daar in hulle ywer om die Afrikaner se goedere te bekom, geen perke aan hulle brutaliteit is nie.

Die ylgesaaide Boere het net een kans op oorlewing gehad en dit was om teen die bedreiging saam te snoer. Die harde lewe, genadelose eise en voortdurende aanslae teen hulle, het hierdie pioniers gehard gemaak, met 'n ongeëwenaarde bedrewenheid om te oorleef. Hulle slaankrag het eksponensieel vermeerder volgens die getalle wat hulle byeen kon bring. As een Boer vyf Xhosas op loop kon jaag, kon twee van hulle twintig troef. Om dit te doen, moes hulle volslae vertroue in mekaar gehad het. Hierdie vertroue is gebou op die instinktiewe broederskap, nie net van bloed nie, maar van mense wat dieselfde ontberings moes deurly, dieselfde gevare moes oorleef, dieselfde oorwinnings moes behaal. Dit is op hierdie aambeeld wat Afrikaneridentiteit gesmee is. Hierdie Afrikanerskap is diamanthard, saamgepers deur eeue se numeriese agterstand en sy teenstaanders se afguns.

Die naaste wat die liberales daaraan gekom het om die Afrikanervolk in geheel los te torring, was om hierdie kern aan te val. Nie dat hulle dit die kern genoem het nie. Die uitdrukking wat hulle gekies het om die Afrikaner se herkenning van homself en sy gehegtheid aan sy eie mee los te torring was "laer," of, na Engels se "laager". Meestal is dit in 'n samestelling gebruik, laermentaliteit, asof nasionale identiteit 'n afwyking is.

O, dat hulle geslepe was, met die manier waarop hulle die Afrikaner se eie volksgoedere teen hom gedraai het, dié is gewis. Die laer verwys natuurlik na 'n konvooi Voortrekkerwaens, in 'n kring getrek en beveilig, sodat dit in alle kompasrigtings stekels gehad het om vir die eksterne bedreigings te wys. Die laer het die Afrikaner, sy gesin en sy besittings bevat. Dit was die simbool van alles wat veiliggewend, huislik en bewarend was.

Die post-NP-media het die Afrikanerlaer met verbetenheid aangeval, asof dit die boosste instelling op aarde was, 'n nasionale sentrum vir brutaliteit, verkramptheid en stompsinnigheid. Hulle het dit so histeries uitgekryt dat 'n mens sou dink dat enige toegeneentheid van die Afrikaner jeens sy kultuur en eie mense 'n filosofiese vergryp op die vlak van Nazisme was. Die laer was, in liberale denke, die Afrikaner se Führer-bunker waar hy aan die een kant onheil teen ander opgebrou het en aan die ander kant homself as't ware met die liggaamsreuk van sy eie afgesaagde lewensvisie versmoor het.

Die teenvoeter vir die laager-mentaliteit is, volgens die linkse ideeprojeksie, die "lager"-lewenstyl. Dis nou "lager" soos in "lagerbier," ten beste vergestalt in 'n skynbaar nimmereindigende rits bieradvertensies, waarvan die advertensiereeks vir Castle-bier die driftigste voorbeeld is. Die wêreld van hierdie advertensies is bevolk met pittige, ondeunde maar lojale jongmanne wat 'n lewe van goedige kaskenades en avontuur deel. In die nuutste aflewering koer die klingelsanger: "Hoe goed is dit om te weet my broer is hier by my..." Die kinkel is juis dat hierdie broers nie almal wit is nie. Hierdie is getransformeerde kamerade. "Ons is nie verwant aan mekaar nie," word daar ter slotsom beduie, "maar ons ís broers." As die beeld van hierdie lageradvertensies beeldend van die land was, sou daar nooit twee of drie blanke mans byeen gewees het sonder dat 'n swarte, van dieselfde geestigheid en kultuuruitlewing, in hulle midde was nie - sommer net 'n paar ouens bymekaar, party wit, party swart. Die stilswyende beskuldiging is dat 'n enkelrasgroepie eintlik niks meer as 'n bende fasciste is nie.

Afrikaners, skielik in hulle land meer van 'n muishond as wat hulle tydens apartheidsdae in die buiteland was, het begin twyfel aan die uitnemendheid van die laer bo die lagerfilosofie. Hulle het begin om uit die laer te sluip, om die spreekwoordelike kruithoring vir die liberale bierglas in te ruil. Maar buite die laer is hulle verkleineer, verstoot, verkrag en vermoor. Vir 'n tyd was die Afrikaner verdwaal iewers tussen sy herkoms uit die laer en sy onaanpasbaarheid in die lagerlewe. Hy het nie geweet wie hy is nie en het vergeet wat hy was. Dit het alles in die laaste helfte van 2006 verander met die vrystelling deur 'n onbekende sanger, amper per ongeluk, van 'n lied oor 'n gestorwe Boeregeneraal: De la Rey.

Skielik was daar 'n kultuurverskynsel in Suid-Afrika wat nét aan die Afrikaner behoort het. Ander volke dink maar net hulle weet waaroor dit gaan; hulle voel nie dit resoneer diep-diep in hulle gemeenskaplike DNS nie. De la Rey is ons s'n, net ons s'n en kan nooit vertaal en iemand anders s'n word nie. Hierdie is nié 'n lied wat die lagerbroederskap by hulle tradisionele gelykheidsjolyte kan luister nie. Die Engelsman in die groepie sou probeer snedig wees daaroor, met 'n onrustigheid in sy hart, die swarte sou benoud in die koers van die agterdeur gemik het. En die Afrikaner tussen hulle sou, hand op die hart en trane in die oë, uit volle bors saamgesing het. Die Afrikaner het iets ontdek - homself. Hy weet nou weer wie hy is. Hy het sy identiteit teruggevind. Hy was terug in die laer en in die laer, boeta, daar roer die dinge!

Die herlewing van Afrikanerkultuur is die primêre nasionaal-maatskaplike verskynsel van die dekade. Vandag se Afrikaner is nie veel gestoor hoe uitlanderkultuur lyk of wat die buitestaanders van Afrikanerkultuur dink nie. Hy is te besig om die opskop in die laer te geniet.

Die liberales, steeds so vol ywer vir die ANK se marxistiese, voortgesette rewolusie, het hierdie herlewing van die Afrikanerkern eers ontken en toe herken. En hy bewe. 'n Lewenskragtige Afrikaneridentiteit is 'n banier waar rondom konserwatiewe Afrikaners kan konsolideer en 'n verenigde Afrikanerkern sal lei tot die herlewing van Afrikaner-nasionalisme. Dit is die liberalis se bloedstollendste, langtand-, ghrieshaarnagmerrie. Die Afrikaner-liberalis se fundamentele kenmerk is juis dat hy of sy weens 'n persoonlike onaanpasbaarheid met Afrikaneridentiteit uit die boesem van die volk, uit die laer, gedros het. Hierdie weglopery is selde ideologies gedrewe, maar is gewoonlik die gevolg van 'n persoonlike wanaanpassing.

Hulle maak dan nuwe gebooie vir die mensdom, gebaseer op die lering van wesenlike gelykheid. Hulle Blink Nuwe Wêreld is 'n Huxleyaanse utopie: sonder ras, sonder geslag, sonder gesinne. Let net daarop dat hierdie Groot Gebod afdwingbaar is, nié op die liberalis self nie - net op ander mense. Daarom sien hulle geen spanning tussen hulle filosofie en hulle persoonlike afwyking daarvan nie. Koos Kombuis, getroud met 'n wit vrou, woonagtig in 'n wit dorp, sien geen ironie daarin dat hy eufories skryf oor die noodsaak en haalbaarheid van rassevermenging nie. Frederick Fourie het doodernstig probeer om Kovsie-koshuise te vermeng vanuit 'n beveiligde woning in 'n eksklusiewe wit woonbuurt terwyl hy sy dogters na 'n wit prestigeskool toe stuur. André Brink hyg histeries oor apartheid maar hou homself en sy gesin apart van ander rasse. Nico Smith pleit vir meer kontak tussen rasse, maar sodra sy verblyf in Mamelodi as reklameset gedien het, verwyder hy homself na 'n kleinhoewe tussen blanke bure in die ooste van Pretoria.

Vir 'n anderhalfdekade was hulle opvattings en optrede verdoesel deur 'n mediastofstorm. Maar in die herontdekking van sy eie identiteit, kan die Afrikaner nou die linkse geveinsdheid herken vir wat dit is. En hy is vol afsku daarvoor. Die liberalis is vinnig besig om sy greep op die Afrikaner-psige te verloor. Enige iemand wat hierdie kwyning van liberale invloed wil volg, moet maar net die oog op die lot van Nasionale Pers hou.

Dekades lank het hierdie medialeviatan dit sy taak gemaak om vir die volk politieke sedelessies in elke Naspers-publikasie in te gee. Met weergalose hubris het dit die Afrikaners as kindertjies sonder enige werklike insig gesien. Nou trek die kindertjies egter hulle gesigte en sê nee!, hulle wil nie verder verstik aan Naspers-idees nie. Lesersgetalle in al Naspers se publikasies daal soos hoefysters in 'n plaasdam. Kommentaarkolomme ná rubrieke op Beeld, Burger, Volksblad en Rapport se webwerwe word oorheers deur vurige, regse lesers wat die polities sawwe denke van die skrywers uitkryt.

Die liberales was lank genoeg die Hamelnse fluitspeler agter wie die kindertjies aangedwaal het. As hulle net lank genoeg wil ophou om hulle knik-en-grinnik-deuntjies te speel, sou hulle omgekyk het en 'n skrikwekkende gesig gesien het:

Dis asof die Afrikaner weg was; nou is hy terug en nou wil hy weet wat de duiwel het aangegaan terwyl hy nie hier was nie. Om te sê hy is omgekrap, is nie juis nie. Hy is nie befoeterd nie - hy is tandeknersend, glurend, vuisballend, witwarmwoedend.

Wat die waarnemer tref, is die afwesigheid van die waarskuwings. Dit was 'n groot ding gedurende die skemertyd van apartheid. Toé was daar baie wat somber waarskuwings gerig het. Dis asof almal net alarms wou laat afgaan, rooi vlae wou waai, noodfakkels wou opskiet. Daardie dae was swart woede die groot ding. Van Rian Malan tot Chris Louw, oortuig dat hulle iets sien wat die res ontgaan, het skril caveats geskryf. Louw het by sy redakteur, Harald Pakendorf aangedring: "Meneer, ons moet die mense laat weet. Die swartes is kwaad."

En dat die swartes kwaad was, dié was seker; so kwaad dat hulle hulle eie skole, kroeë en gemeenskapsale afgebrand het, hulle eie mense met pangas doodgekap of gehalssnoer het, so kwaad dat hulle hulle eie ou tannies, nou nie met snoeiskêre ontledemaat het nie, maar gedwing het om Stasoft te drink en aan Omo te verstik omdat hulle inkopies buite die lokasies gedoen het. Uiteindelik het hulle hulleself só geskend dat FW de Klerk se regering in afgryse oorgegee het.

Maar nou is daardie selfde stemme verrassend stom. Waar is die ondersoekende joernaliste wat die geruis hoor? Praat hulle nie met die regte mense nie? Of ignoreer hulle die woorde en wanvertolk hulle die tekens? Want woorde en tekens is oral. Dit is in die kil, vasberade braaivleisdreigemente, in die verbete rassisme van jongmense wat op skool vir hulleself moet ontdek hoe skel die kontras tussen rasse is. Dis in die tandekners van boere wat sien hoe hulle kuddes gestroop word, in die gelate, doodluiterse planne wat boervrouens maak om die lyk van 'n veedief te laat verdwyn indien hulle mans op 'n maanlose nag die stropers op die regte tyd, die regte plek inwag.

Dit is in die kreet van 'n petit vroutjie wat in die berge vir my een aand ete kook, pistool agter haar lyfband ingedruk. Sy is 'n verkragtingsberader, 'n skouer vir enige verontregte vrou om op te huil. Maar wat die velkleur van die slagoffer ook al is, die vergryper is altyd, altyd, maar altyd swart. "Ek haat hulle, Gustav, ek haat hulle almal!"

Ek hoor hierdie woede waar belastingbetalers byeenkom om te red wat te redde is teen die arrogante onnoselheid van regstellend aangestelde dorpsbestuurders. Ek hoor dit wanneer mense vertel hoe alles, alles, alles in die stokou Nuwe Suid-Afrika verval het. En ek hoor dit wanneer kundiges waarsku: Die water is op, die kos is op, die geld is op... En niemand luister nie.

En al die tyd waggel die nuwe Suid-Afrika voort, asof die besluitnemers dodelik onbewus is van die drukking wat in die onderkorse vulkaankamer opbou. Die swart regering, altyd bereid om hulle leidrade by die liberale pers en linkse meepraters te kry, gee geen aanduiding dat hulle besef die era van sogenaamde wit vrees het oorgegaan na die tydperk van uiters werklike wit woede nie. Dit gaan hulle grootste mistasting ooit wees.

As hulle en die algemene media besef het hoe diep, hoe smeulend, hoe wyd die Afrikanerwoede is, sou hulle elke dag, elke minuut, met elke nuusbulletin, op elke TV-kanaal en radiostasie en in elke koerant sonder ophou gewaarsku het: Die Afrikaner is kwaad. As hulle maar net hulle marxistiese, formulegebabbel sal staak. As hulle maar net sal vra wat staan die regering te doen om die sissende magma van Afrikanerwoede af te koel. En as hulle nie weet wie om te vra nie, laat hulle saggies aan Praag se deur kom klop.

Daar is werkbare oplossings wat die krisis kan ontlaai voor dit 'n katastrofe word. Ons het die antwoorde, maar die tyd is min. Want vannag, môre, volgende week, is dit heel denkbaar dat nog 'n hulpelose boeretannie se vingers met 'n stomp snoeiskêr gehalveer kan word. En wie weet, as daar dié keer 'n man op pad is om die skuldige monster tussen die oë te gaan skiet, gaan hy miskien nie 'n vriend hê om hom te stuit nie. En wie sal kan sê wat dan sal begin en waar dit sal eindig?

Oorsprong:Praag
http://www.praag.co.za/rubrieke-magazine-403/27-gustav-venter/5961-swart-dwaling-en-wit-woede.html
http://www.praag.co.za/rubrieke-magazine-403/27-gustav-venter/6065-swart-dwaling-en-wit-woede-deel-2i.html

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.