Toe boet hy met sy lewe daarvoor.
Só het mnr. Desmond Olivier, ’n private speurder van Pretoria, gesê nadat sy susterskind eergisteroggend deur drie rowers doodgeskiet is.
Mnr. Alleyne Ross (21), ’n klankingenieur van Kyalami in Midrand, is op die toneel dood.
Olivier het vertel hoe Ross, sy vriendin (wie se naam weerhou word om haar beskerm) en ’n groep vriende Vrydagaand op die vriendin se kleinhoewe in Austin View in Midrand gekuier het.
Kort voor 05:00 het die laaste gaste vertrek en Ross en sy vriendin het gaan slaap.
“Omstreeks 05:15 het iemand die komberse van Ross en sy meisie afgetrek,” het Olivier gesê.
“Toe hulle wakker word, het drie mans voor haar bed gestaan en gesê: ‘Julle is onder huisarres.’
“Alleyne het onder hulle ingeklim en vuisgeslaan.
“Hy het só opgetree om sy meisie te beskerm.
“Ek dink die een rower het paniekerig geraak en begin skiet.
“Ek dink hy het geskiet as uitkomkans.
“Sy meisie het gesê toe die skote klap, het sy gaan sit en haar kop toegehou.
“Alleyne is in die voorarm getref. Die koeël is deur sy longe en hart.
“Hy het na die voordeur geloop en inmekaargesak.
“Sy laaste woord was ‘eina’.
“Hy het geroggel en is toe dood,” het Olivier gesê.
Ross se vriendin het deur dieselfde kombuisvenster geklim waar die rowers ingekom het en haar pa gaan roep wat op dieselfde erf woon.
Die rowers het met ’n selfoon en waardelose juwele weggekom. Van dié juwele is later in die veld naby die huis deur polisie- en familielede gevind.
“Alleyne het tot die einde baklei vir dit wat syne is. Hy het met sy lewe daarvoor geboet.
“Dit alles vir ’n selfoon en waardelose juwele. ’n Mens se lewe is bokkerol werd.”
Ross laat sy ma, Chantal, agter. Begrafnisreëlings is nog nie getref nie.
Die betrokke polisiewoordvoerder kon nie vir kommentaar bereik word nie en het nie op ’n boodskap gereageer nie.
Enigiemand met inligting kan Olivier bel by 0 082 449 0511.
Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2280979,00.html
This blog attempts to chronicle the extreme violence and secret genocide being committed against the white minority of South Africa. Tens of thousands of whites have been murdered since 1994. Brutal torture and rape is common and not even the young or elderly are spared. Quotes: "Kill the Boer, Kill the Farmer" - Peter Mokaba (ANC). "When Mandela dies we will kill you whites like flies" - Mzukizi Gaba (ANC). "We the members of MK have pledged ourselves to kill them, the whites" - Nelson Mandela.
Monday, 3 March 2008
Rowers skiet man dood
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment